Nou toe nou – so ietsie hier uit my eie pen uit.

 
 

Welkom hier by “het jy gehoor”. Moet erken ons het vir lank maar min gehoor, tyd is ‘n euwel, maar hier is ek nou.  

Soveel dinge het in die “stilte”  gebeur….. mens weet nie waar om te begin nie! Die Veldbrand koerant is toe verkoop so ek skryf nie meer daar nie en soms mis ek dit – maar tyd vir nuwe dinge.

 Die jaar stap so gou aan!  Ek kan nie eers mooi onthou wat ek met julle kom deel het en wat nie.Ek gaan maar terug na die kroning van Mej. Sprankel 2012 toe. Wat ‘n funksie..

 Wel buiten die “agter die skerms” dinge het ons ‘n mooi funksie gehad.Ek deel so stukkie met julle.

 Daar is baie hard aan dié een gewerk. Jong hier in die winter was dit vroeg opstaan – veral op sondae… Ai, baie dankie aan almal wat maar saam op gestaan het en saam gegaan het om te gaan oefen. 

 En ook dan natuurlik aan diegene wat hulle mense afstaan dat hulle so saam kan gaan werk aan die dinge. Jessie Lange wat dan ook nou as ‘n kollega  van my dien op Overvaal Stereo 96.1 fm.

 Ons het hard gewerk. Weke. Die wenner het getriomfeer met pryse ter waarde van bykans R20 000.  Dankie aan elke borg wat dit moontlik gemaak het, in besonder die Misty Waves Boutique hotel in Hermanus – julle is net AWSOME verby. Dankie dat julle die wenner beloon het met ‘n vakansie. 

Sprankel in ‘n neutedop saamgevat:-
Vrydag is dit af vat by al die verskillende werke. Ons vergader met die deelneemers in die stadsaal. So tussendeur het ons ‘n vergadering met die voormalige wenner en haar model Juffrou. Net as dit voel alles is in plek, kom daar iets by.

 Saterdag is ons voor die Son op – Klerksdorp Stadsaal toe. My “brainwave” moet in ‘n realiteit omskep word en die woord       SPRANKEL” ‘n volle 9m x 1.2 moet uit die verhoog se dak sak. Ure later word die “brainwave” n realiteit toe die letters die lug in gehys word.    Ek het Whatsapp op ‘n tweede foon laat laai spesiaal vir die geleentheid – dat ek almal sommer gou gou in die hande kan kry en hulle natuurlik vir my!. Die saal is vol mense en ek merk dis nog baie vroeg vir vreemde mense. Agter in die koue lang gang is dit duidelik hoorbaar – sprankel 2012 is met ons. Amanda,Maggie en ek self maak die aantrek kamers “mooi”. Naamborde word opgesit, sodat almal wat moet weet, weet waarheen om te gaan en wat om te doen. Die inligting word sorgvuldig teen die mure op gesit – en Dawid Botha begin die tafels agter in die “greenroom” reg maak vir die Kunstenaars en beoordelaars.

 Rian Ungerer en sy span behartig die klank vir dié geleentheid, hulle is kort kort in kontak met ons. Ek weet presies waar hulle trek op die pad en hoe vêr hulle van Klerksdorp af is. GEMOEDSRUS, sonder dat mens dit besef. Johan van der Merwe Musiek sorg vir die twee “rear projection screens” vir op die verhoog. Ons wag. Maar dit is wel oppad. 

Ek sukkel om by te hou met twee fone  wat onophoudelik lui. Skielik sê iemand : Yolanda is eers na ‘n ander “party” toe, ek hoop sy daag hier op. Toe ek om kyk is almal weg… ek dink hulle het in die spoed wat ek omgedraai het , agter gekom ek het die ene gehoor! Ek sê vir myself – sy sal hier wees.

 Die reëling is 15h00 moet almal saal toe gaan sodat hulle hare en grimering gedoen kan word. Almal is so ingelig. Dillon daag op uit die Kaap uit. En ons maak vir die gastehuis – dankie Villa Maria Klerksdorp.  Dis 14h55  en ons  kom agter van ons gaste het gou ‘n draai gaan ry wat ek op die onvoorbereide begin voorberei. Yolanda daag op, Christo Gerlach is saam haar. Ek besef – Yollers moet kom dat ons by die saal kom. Rian daag op, die klank is hier. Die foon lui, Carolize van La bella Donna wil weet waar is die mense wat hulle moet begin grimeer vir die fotosessie  wat plaasvind om 18h00.

 Ons vertrek. Met van die mense.! By die saal aan gekom voel dit presies hoe dit moet voel – dis besig, in die lang gang hoor jy mense en glase, skielik daag JEAN NALIDA COLLECTIONS op met die prag skeppings. Die haardroërs val weg en die reuk van grimering vul die kamers waar die dames lekker lag!

 En die skerms het ook nou al aangekom so alles is in plek. Almal trek aan en die wat koers gekies het daag weer op. En dis toe dat ek moet hoor…die “slide show” het geen klank en het “gecrash”. Ek onthou nog goed hoe dit kompleet gevoel het of die wêreld onder my voete uit geruk word. Dit voel of ek vêr val en skielik die grond gaan tref – tog bly ek val!. Julle verstaan nie, elke stukkie detail is woord vas op daardie “slide show” ingeoefen, alle materiaal is op die die kunstenaars se musiekvideos is daarop en hier praat hulle van ‘n “crash”. Ek hoor agter daar is ‘n “crash” op sy eie by die tegnies tafel. Ek besef – ek moet maar eerde net daar weg bly…veiligste vir myself of hulle weet ek nie. Mense sit hoorbaar vas! En ek wil net weghardloop. Kort kort is die vloerbestuur by my, wees rustig – alles sal reg kom. Ek vat nie sy woord nie.

 Ek luister na wat deur die luidspreker in my aantrekkamer kom. Dit hak en steek – as hy nie so hoog was nie het ek hom seker self ontkoppel! Hoe meer ek hoor hoe verder val ek. Jessie daag op, sy lyk so mooi in daai groot aand rok maar die mooi is op die plek weg toe sy stil en kalm vra: Hoe maak ons nou?

 Ek is nie aangetrek nie en dis 17:55. Ek besef – daar gaan die beplande fotosessie wat oor 5 minute sou plaasvind. Amanda kom in, mooi, stylvol en druk asof sy my nooit weer gaan los nie. Ons sal dit maak werk – ONS WEET JY KAN , kom die onverwagse woorde. Skielik word ons , JY! Ha ha – Amanda het probeer. En sy was reg – Ons het dit oorleef! Maggie vat te lank by grimering…ek wil stuipe kry. Ek “nog nie eers aangetrek nie” daag op… Kom Maggs, Kom… die vrou wat besig is met Maggie se grimering bewe meer as Maggie! Kort op my hakke is Maggie Botes – sonder dat my gesig dit vir haar vertel is sy vanaand my engel in pienk. Sy lyk so mooi. Tog luister ek agter hoe die slide show nog nie werk nie, die tegniese span hardloop subtiel ‘n toetslopie en prober alles in hul vermoë, Amanda wat kom sê, ons gaan nou die deure oopmaak het vir nog ‘n skok gesorg. Maar wat – Simone en “die vloer bestuur” wil nou niks meer hoor van my nie – TREK AAN kom die opdrag. Goed gaaf!

 Oppad om reg te gaan maak merk ek vir Melanie,Hannes en Karien. Hannes gaan help voor by tegnies terwyl Karien mooi praat en regmaak om die punte te doen. Werner Dey daag op – dis so lekker om hulle te sien, die mense wat die mooi aand moet kom voltooi.

 Skielik wil ek weet waar is Yolanda. Ek het haar laaste in haar Japon gesien,vloer bestuur voeg by “sy is buite”. Ek stap uit en daar staan sy. Ek vregeet van alles wat gecrash het, ek vergeet van die wat gaan rondloop het , ek vergeet ek is nog nie aangetrek nie en ek vergeet die mense kom al in – sy is sprokie mooi. Die rok pas soos ‘n handskoen. Sy lyk soos ek haar,  as een van net drie beoordeelaar voorgestel het… wow!

Die nuus kom, die slideshow is gered op ‘n plan maar ons moet dit handle sover ons kan. Ek is verlig!. Op ‘n plan is beter as GLAD NIE. Soos ek aantrek flits die weke en nagte se harde werk by my verby. Kort kort iemand by die deur onderbreek my denke. En so via die luidspreker in my aantrekkamer hoor ek die Q…Dis tyd. Die intro het sopas begin speel en dit optyd soos beplan. 

Sprankel 2012 het gebeur, sonder van die video’s…maar op ons manier he tons dit maak werk videos is vervang met fotos teen die spoed van witlig. Dalk nie soos wat ons dit beplan het nie, nie soos ons dit geoefen het nie, maar tog tot die beste van ons vermoeëns. Dit is twee maande later toe ek na die dvd sit en kyk waar ek dit besef het….

 My suster en haar span het koffie voor verkoop. Dankie aan hulle. Die kunstenaars wat opgetree het, die klank, beligting, sprankel uit die dak uit, die video, die VIP’S se rooi tapyt en sjerrie voor in die saal, die mooi greenroom en die mooi skeppings, die wat die gaste se hare kom doen het en La Bella Donna vir die grimering. Dankie ook aan Riaan Roux vir die neem van die foto’s. Ockert Brits vir die hulp met die stadsaal en so sal hierdie lysie aan hou en aan hou en aanhou. Die beoordeelaars en kunstenaars – dankie almal. En die beste span, is nou maar my span wat saam my aan sprankel reel en beplan. Dankie Maggie, Amanda en Frikkie. Soms swaar dra al aan die eenkant – maar julle maak dat ek nie die sement blad tref,  terwyl ek val nie…julle maak seker ek hou net aan val. Ha ha – hulle sal verstaan wat ek hiermee bedoel.

 Ná die tyd is ons Crowded House toe – sprankel met sy eie “after party”. Baie dankie aan Wanda en Tommie wat dit gereël het. Ek het vir Danie Jacobs daar raak geloop ook, dankie dat jy altyd die uitnodigings aanneem. Dankie aan almal wat saam kom kuier het daar.

 Laat die nag toe ons so aan die driehoekige brooidjies kou by die gastehuis het ek besef – Sprankel 2012 het my verseker 10 jaar ouer gemaak. Doodmoeg – sukkel om te slaap. Vertel dit oor. Ek het so tussen die kamers gekuier van 12 uur af tot hier om en by 3uur. So bietjie by die een lot, en so bietjie by die ander lot - . Dankie aan almal wat deel was van die aand en elke persoon wat hard gewerk het saam my. Baie Baie dankie. (Tong in die kies – die wat nie wou oorslaap nie, julle het baie prêt gemis)!

En ja toe het die Huisgenoot Tempo Toekenning gebeur. Ek is baie trots op Overvaal Stereo. Na bykans 20 jaar is dit nodig gewees. Die vorige aand het die Grootste Cd bekendstelling nog plaasgevind. Die uitnodiging het gekom van CO PRODUCTIONS en ek kan nou vir julle sê – hulle mag maar.

Van die ontvangs by die deur tot by die totsiens was een groot plesier. Dit was nie ‘n uitgerekte affêre nie, die venue was voorwaar ongelooflik en die kos van die beste. Welgedaan aan Corné en Wian. Die kunstenaars wat in julle hande is,is in goeie hande.

Tog noem ek die volgende – ons ry so bykans 200 kilometer Pretoria toe as die funksies in Pretoria is en weer so 200 kilometer terug – maak dit 400 Kilometer “max” met jou eie vervoer en brandstof as die uitnodigings wel aan kom. Soms kan mens nie almal bywoon nie en met die huidige brandstofprys dink ek verstaan mens dit. Aan die ander hand het Corne van sy kunstenaars gestuur na my fees toe, so uit die aard van die saak gee ek nie om,om die langpad te vat en hulle weer so op my beurt te ondersteun nie. Ek doen dit graag! 

So lees ek op facebook ‘n ding raak op een van die bekende kunstenaars se “walls” en so in my stilte dink ek: Is dalk nie nodig om dit op die muur te sit nie. Stuur ‘n inbox as jy so sou voel, of jouself die reg sou toe eien. Die kunstenaar – kom ek noem dit ‘n “vriendjie”, of dis hoe die my nou al jare aanspreek verdien dit eintlik nie – dink ek. Dit daar gelos.  

Na die ongeluk op die snelweg daag ons op, en hoor ons sit links voor, letterlik!

 Goeie maniere sê: Jy loop nie rond as iemand sing nie – wat wou! So staan ek en wag dat daar ‘n kans is waar ek my gemerkte sitplek kan in neem…hier kom my “vriendjie” hier by my verby. Ewe ordentlik groet dié! En dis toe dat vriendjie vra: “As julle hier buite rond hang is julle nie genooi nie?... En in ‘n paar sekondes ploeter die kunstenaar alles op wat daar in jare opgebou is! Met skok en afgryse staan ek die en aan kyk of die sopas die pad byster geraak het. Die kunstenaar probeer die smerige aanmerking regmaak – kom, kom loop saam my hier agter die verhoog om dan is jy by jou tafel… ek wys dit van die hand. Soos die persoon weg stap hoor ek die woorde op die “Wall” hard en duidelik – FAKE…Skielik soos die weg stap verblind FAKE my soos ek die agterna kyk…

 Sou my seker nie gepla het as die nie deel was van die bekendstelling nie, kort en lank is – wys jou weer wie doen al die werk en wie loop met dit weg ne? As dié dan nou nie eers weet wie is genooi,  en wie nie sê dit vir my dié persoon het nie veel belang gestel in dié se eie gastelys nie. Dié kan maar weet – ek dink nie meer veel van die nie! En die moet dalk besef ek ry nie 400 kilometer as ek nie genooi word nie. Of is dit die stukkie van die bedryf waar hulle sê – VOL VAN JOUSELF! Die is in my oë – ietwat afgryslik. Los dit daar – dis waar die hoort – sonder ‘n naam. (En gesien aan die lig noem ek nie een naam van die wat wel “to die” for was nie uit respek vir CO Prodctions en hulle uitstekende produksie). Welgedaan aan die ander kunstenaars julle aand was wonderlik.! 

En die aand daarna was dit die temps – soos dit bekendstaan. Die aand was baie mooi en die mense en kunstenaars regtig wonderlik. Ja, aan elkeen wat vir die stasie gestem het – dankie julle. Overvaal Stereo 96.1 fm sê nie net ons speel Afrikaans nie, sit aan, luister… Daar is groot planne hier in November – maar kom ons wag tot ons meer daaroor mag sê – dankie sê is aan die orde van die dag by ons. Maar ons wag tot alles finaal is – dan praat ons weer. Baie dankie aan Huisgenoot en almal wat ook saam daaraan gewerk het. Ek noem tog dat ek verstaan het Overvaal Stereo was die eerste gemeenskapstasie wat die voormalige jaar die temps regstreeks gedek het – in die vorm , onderhoude voor en na die temps. Ek dink tog van ons vriende in die bedryf het dit dalk al gedoen, self dalk daai jaar,wie sal weet maar die kort en die lank – ons bring die prentjie na jou toe (Genooid) natuurlik. Ja dié jaar was daar nie onderhoude nie – alhoewel die ateljee dit 100% verstaan het…ha ha. En ek dink julle ook. Na die temps was dit een groot klets tot en met 12:30 toe die oggend. Ek het wel vir die facebook vriende in die ogendure gaan dankie sê . Nogmaals dankie aan elke een wat vir ons gestem het. Julle het van julle stasie die beste gemaak.!

 Ek het die week sommer ‘n lekker lang een vir julle kom skryf. Daar is nog so baie om te sê – so ek kom draai weer en vertel julle. Daar is heelwat aan die kom. Potchefstroom LenteFees, Klerkdsorp Rekord Straatfees, die Dankfees, Aardklop, Orkney Snork Nie Fees om net ‘n paar te noem en Overvaal Stereo gaan jou meer oor al die bogenoemde vertel…. Dalk ook van ‘n fees wat se naam nie hierby gevoeg is nie – wie weet… 

Geluk ook aan die dame van Potchefstroom wat die voertuig gewen het  sy het ook vir Overvaal Stereo gestem en  ook Tannie Magda wat die wen liedjie geskryf het van Klerksdorp – kyk ons streek het sowaar uitgestaan in 2012.

 Lekker bly en geniet die laaste stuiptrekkings van die winter.

 Ig. X

(fotos van bogenoemde is op ons fotoblad)

________________________________

 

Nicholis Louw verbaas my, tydens sy besoek aan ons

 

Ek hoop julle het die gedagte verlede week geniet en dan dié een wat handel oor een van ons Land se grootstes.

Ek hoor hy kom vir ons kuier en ek moet die onderhoud hanteer, ek sit eers weer en dink, sien jy kans hiervoor wonder ek so in die stilte maar tog hardop in my gedagte. Nicholis Louw – sien ek kans???   Wel ek sien kans en maak reg om hom by die stasie te ontvang vir dié onderhoud.
 Ek luister in my kar soos ek ry van die een punt na die volgende punt mooi na sy nuutste cd  “EK IS DAAR VIR JOU” . Ek merk ‘n diep man, ek merk diep liedjies en liedjies wat ‘n storie vertel.   Ek lees die inhoud van die cd so in die ry om wel net te weet wat daar staan vir as ek ingaan vir die onderhoud.   Ek maak ‘n draai op die internet en soek na inligting . . . ek kry wel baie inligting oor hom. Wat ek verwag weet ek nie regtig nie – ons sal maar moet sien as hy instap. Ek kan net noem ek het toe nie nodig gehad om na daardie inligting te gryp nie – dit was nie nodig nie . . .

Kom ons kyk mekaar in die oë – hy is een van die grootstes in Suid Afrika. Maar dan weet ons ook mos – hy het hard gewerk om een te wees.  Wel hy kom by die stasie – groet hoflik en ek vergesel hom na die opname ateljee waar ons die onderhoud gaan doen. Ek bly myself herrinner – let mooi op en neem goed waar. Hy sit oorkant my en ons neem elkeen ‘n slukkie water voor ons met die onderhoud begin. Hy maak dit duidelik – as hy nie tevrede is nie sal hy die onderhoud stop.  Ek merk hy weet presies wat hy wil hê.   Ek kry respek vir hom net daar en dan!   Ons begin gesels – en so deur die gesels merk ek wat voortspruit uit die onderhoud ‘n kunstenaar in murg en been. En dit is hy immers al vir Agt jaar lank. Die atmosfeer verander – ons lag van die lug af.   En ek besef – jare wat ek in die bedryf staan het ek besluit – “ek hou nie van hom nie”, maar dit is ook belangrik om te noem dat ek  hom steeds getrou ondersteun het wat sy musiek betref.   Ek het sy musiek gespeel en gereeld oor hom gepraat.   Ek het net nie meer konserte bygewoon nie . . . ek het hom nie “geken nie en hy nie vir my nie”.

Soos ons verder gesels kom ek agter – hy sal nie met hom laat mors nie.  Ons stem saam – om ‘n kunstenaar te wees is soos ‘n munt.   Daar is twee kante, nie net een nie. Dit is ‘n werk.  Maar as ons werk dan doen ons dit met trots.  Hy gesels oor seerkry, mense wat hom te na gekom het en dan ook oor die feit dat kunstenaars seer kry op ‘n swaarder manier verwerk.  Ek verstaan – ek ervaar dieselfde.  En as daar mense is wat nie daarvan hou nie, dan ken hulle nie die bedryf nie.

Ons praat oor dinge wat hom na aan die hart lê . . . privaatheid,  sy huis,  sy aftyd en sy stilte tyd.  Hier en daar merk ek dat hy nader sit aan die mikrofoon – dalk bietjie erenstig. Maar dan verander ons die onderwerp en dan skerts ons weer oor iets anders. Ek praat oor “NET ‘N MENS” op sy nuwe album. ‘n Mens wat seer kry, soms swaar kry . . . en ek besef net meer en meer soos ons opneem – daar is verseker ‘n kant waarvan ek baie hou. ‘n Gemaklike kant van Nicholis Louw. Die onderhoud is verby . . . ek sal nog ‘n ure kon sit en praat met hom – ek sal nog so baie wou vra. Maar ek is tevrede met wat ek wel kon vra.  Mens kan mos nie oordeel voor jy nie self met die mens agter die kunstenaar tedoen gekry het nie. Ek het die kans gehad om met die mens agter die kunstenaar te gesels. En dit het my hele siening oor hom as mens en kunstenaar verander.

Hy hou steeds van tuin maak, hy sing steeds sy hart uit en hy waardeer komplimente.  Hy doen waarvoor hy lief is . . . en daarna is hy net ‘n mens soos elke ander ou. Oppad uit staan hy reg vir ‘n foto – en ons gesels sommer lekker so oppad kar toe. Buite het ons weer gesels en sommer oor alles.  En nie noodwenidig oor sy sukses nie – dinge wat in die lewe gebeur. Ek kyk na dese met ander oë na Nicholis Louw – en die nuwe Cd is ‘n móét. Dit is diep, dit is lekker, en dit is beslis lekker op die oor en dit is vir ons almal. As jy die kans kry , woon sy konsert by! Daar is immers net een Nicholis Louw ! En daar sal ook net een wees. Voor hy ry deel hy van sy sjokelade met my sommer so deur die kar se venster – en skielik is ek spyt dat ek so lank gewag het om met die mens – Nicholis - Kennis te maak. Want ek dink hy is ‘n ongelooflike mense dan praat ons nog nie eers oor die musiek nie, nie oor die ster nie.

Soos hy uitry by die hek besef ek soos hy ook tereg in die onderhoud gesê het – hy as kunstenaar het al baie seer gekry – en dis jammer dat mense net met “kunstenaars” vriende wil wees omdat hulle “kunstenaars” is. Agter daardie kunstenaar is daar ‘n mens.  En dit moet ons NOOIT vergeet nie.  Soos julle wat gereeld die GEDAGTE VAN DIE WEEK kom lees al teen die tyd weet – stel ek nie regtig in die kunstenaar belang nie, ek stel in die mens belang.  En dit is wat ek die toekoms saam my in neem.

Ek sal dit altyd as my plig sien om hulle toe te laat om net hulle self te wees waar ek is, en hulle beskerm waar ek kan. Want hulle verdien dit ook verseker!   Ek het ‘n lekker werk, ek het ‘n werk wat ander begeer . . .daarom is my werk vir my so belangrik.!

Die mens agter die kunstenaar is een waarop ek trots is. Een wat ek altyd sal respekteer. En soos al die ander verdien hy dit. Dankie vir die lekker kuier Nicholis – hoop ons maak gou weer so.  Mag die nuwe CD net vreugde bring! En ja soos ek vir hom gesê het ek dink die een is een van die bestes.

Nicholis Louw is ook een van SELECT se kunstenaars. ‘n Span wat weet wat hulle doen. Ek wil ook graag met die gedagte my hoed vir hulle af haal. Elke SELECT kunstenaar praat net met lof van die hele SELECT familie. En daardie band is ook duidelik sigbaar as ons hulle funksies bywoon.  Ek dink ‘n familie waar ek self nie sal omgee om deel van te wees nie. Van Wendy van Niekerk af tot by Andrew James. Ook Andre wat die kunstenaars bring vir die onderhoude – ‘n dankie aan hom ook.  As jy na ‘n CD in die winkel gaan soek en hulle het hom nie op die rak nie – staan net daar tot hulle hom bestel. Dit is jou reg! Hulle moet die CD vir jou bestel. En as daardie CD uit die SELECT kraal kom kan ek U verseker  - dit is ‘n puik een.

Nicholis is die 3de November in Klerksdorp by die Stadsaal te siene en glo my – ek gaan verseker daar wees om saam te geniet wat hy doen. Ek mis dit vir niks. . . en die inspirasie is die Nicholis na die Kunstenaar. Julle sal die onderhoud hoor eersdaags op Overvaal Stereo 96.1fm en so kan julle in die lekker van Nicholis se kuier by ons deel. Ek plaas ook dié week die foto wat geneem is na afloop van die onderhoud.   Ek het elke oomblik van die onderhoud geniet.

Kyk mooi na julle self en kyk uit vir die kunstenaars wat julle dorpe besoek – gaan woon die konserte by en deel in die lekker wat hulle spesiaal vir ons bring.

Onthou die Potchefstroom Lentefees 25 tot 27 Augustus in Potchefstroom by die Trimpark. Bobby van Jaarsveld, Henri Alant, en dan die lieflinge Rudi en Zita, Glaskas om enkels te noem gaan daar wees. Daar is meer as 90 Stalletjies . . .en Overvaal Stereo gaan regstreeks uitsaai. Kom loer in en kom geniet ook die fees.
Navrae kan gerig word aan Suzette by tel : 082 807 0694 . Ons gaan lekker kuier. Sien julle daar en kom sê gerus hallo – dis altyd lekker.

Liefde en soos altyd beste wense.

Ekke. x 

___________________________________________________

Priceless...

Só het nog 'n tyd by ons verby gevlieg en staan 2011 weer na 'n einde se kant toe. Hier waar ek in die kantoor sit en tik en die kantoor dame hard aan die werk is hier agter my rug en dan en wan mompel oor die koue en die winde wat waai onthou ek hoe bang ek vir die "nuwe Jaar " was daar in Desember. Hoe ek gewonder het wat die jaar sal in hou en hoe ek seker maar menslik nie eintlik kans vir die Jaar gesien het na die groot hartseer van 2010 nie nè en dan weer soos die woord vir ons leer - SY GENADE IS GENOEG VIR MY want kyk waar staan die jaar al.

Om die naweek op te som is ietwat moeilik. . . maar ek probeer dit graag doen. Ek word oud, baie oud sê ek vir myself toe ek laat in die nag iewers my pad terug kry uit Pretoria terug Randburg toe na 'n kuier. Ek sien die lewe met twee ander oë. So tussen die snelweë deur dink ek terug aan die aand wat was en onthou dan hoe bevoorreg ek is om sulke aande te kan mee maak, daarin te kan deel. Baie dankie aan Ferdi Steyn wat my genooi het om 'n draai te gaan gooi by die optrede van Jacques Terreblanche. Ek het nie met Jacques gesels nie, maar hy doen die ding op sy manier. En die mense het lekker saam gekuier terwyl hy gesing het.

Yolanda was ook daar . . . en sy lyk vir my goed besef ek toe ek haar sien. Ek het lekker saam gekuier.

Na die "konsert" het ek die voorreg gehad om weer verder saam met 'n paar mense te gaan kuier. Nou soos dit is was die "Laaitie" nog nooit die "klub" mense nie en toe ons wel buite die Club stop en ek so stil, stil om my kyk na die massa karre besef ek - Welkom in Pretoria. Wel met Yollers aan my sy, sien ek kans vir baie - sommer vir die vreemde ook.

Soos ons in stap sien jy dit is soos dit hoor, elkeen is besig om sy / haar self te geniet. Dit was nie baie lank nie, toe het Yollers haar eie kelner en ons wyn is op pad. Soos ek daar staan word daar diep binne my iets gebore , iets wat ek graag met die gedagte met julle wil deel… Verdra my terwyl ek my gevoelens met julle deel . . .



Waarna soek ons in die lewe? Ek weet waarna ek soek, en soos dit is soek elke persoon seker na iets anders in die lewe maar so staan ek en ek weet ALMAL sal wel eendag die soeke na die werklike ervaar.

Al stampend en stotend besef ek, ek soek na iemand wat my glas sal vashou terwyl my twee hande te min is, iemand wat namens my kan antwoord: " Hy is allergies vir Amaroela" as iemand dalk een aanbied en ek nie weet hoe om nee te sê nie, iemand wat net daar is omdat daardie persoon graag daar wil wees . . . en om geen ander rede nie.

Terwyl die rooi wyn van my hande af drip ( soos die stampe voor duur want die plek is oorvol van partytjie gangers) kom lê die vraag diep hier in my hart . . . is daar 'n lewe hierna? En ek skroom nie om die vraag aan 'n ander persoon te vra nie, hy is een van die groot geeste in die bedryf as jy deur my oë na hom kyk sien jy 'n yster man. Hy verstaan my heeltemal verkeerd en antwoord. Ja. Die vraag was eintlik vir hom bedoel. Maar ek mors nie verder tyd om dit so te probeer verduidelik nie - ek mors nou net wyn. Man hier en daar het ek wel 'n slukkie in gekry so alles het nie op die vloer beland nie.

Die tyd het aangebreek om my vriendin te groet en om te ry. Met 'n klap soen het ek totsiens gesê. Met die karwag kort op my hakke het ek gevorder tot by die kar en kon ek die pad vat . . .

Terwyl ek iewers by 'n vulstasie staan en wag vir my hamburger is ek gevul met al die baie dinge. Al die wonders wat seker maak ek let nie op hoe lank hulle eintlik vat om die hamburger te maak nie. Skielik besef ek hoe koud dit oppad kar toe is, terwyl ek met my taai hande die plastiek koppie koffie vashou. En die gewonder oor die "is daar 'n lewe hierna" stoomroller voort. Iemand wat saam jou die pad terug huis toe vat. . . iemand wat saans sommer net wil weet hoe die dag was, hoe die volgende dag se planne lyk . . . iemand wat nie na "iemand" soek nie - maar na ware liefde. ! Hel sê ek vir myself - jy word nie oud nie, JY IS EINTLIK stok oud! En dan so van die een afrit na die volgende een besef ek weer ek's eintlik nie oud nie, ek word nou net groot. 'n Paar jaar terug sou die "wonders oor die lewe" heeltemal anders gelyk het.
Die kort en die lank oor alles wat ek hierbo genoem het is. . . kyk om jou, maak nie saak wie jy is, wat jy doen en waar jy dit doen nie - soek na dit wat vir JOU goed is. Nee, ek bedoel nie probeer so leef dat ander mense van jou hou nie - leef so dat jy nie wonder nie. Maak seker die mooi dinge is jou deel dat dit deel vorm van jou hele bestaan. As jy dit kan doen met God se liefde in jou hart - is jy verseker op 'n wen pad. Jy hoef dit nie eers vir die volgende persoon te sê nie want as jy dit moet sê


is dit ook nie eg nie. Voor ek my kom kry is ek by my tuiste vir die naweek. . . ek kruip knus onder die kombers in en skielik is al die wonders weg! Ek sit skielik in die donker regop. Hoe gaan ek dit opsom? Daar was so baie wat ek eintlik wou deel, daar was soveel wat ek 'n paar minute terug in my hart gehad het wat ek hier met julle wou deel . . . "Hoe is dit moontlik dat ek dit nie kan onthou nie" vra ek hardop. Ek sak terug teen die warm kussing - dit moet nie onthou word nie besef ek - dit was 'n ervaring vir my en een wat ek na minute later nie kon herroep nie. Terwyl ek saggies vir myself sê ek aanvaar dit ook so het ek warm aan die slaap geraak…

Ek het Maandag met Melanie gesels by Willie en Natasha Joubert se kantoor. Ek is saam met hulle opgewonde oor die nuwe pienk voet wat nou deel is van hulle lewe. Toe ek gebel het was Ma en baba nog oppad . . . en dis met groot vreugde wat ek die week die foto van Lizae Kalia met julle deel. Ek vertrou dat sy net vreugde sal bring. Baie geluk Wille en Tash.

By Overvaal Stereo gaan dit goed. Ons kuier daagliks in julle huise en dit is elke keer voorwaar een groot voorreg as die rooi lig aan gaan. Potchefstroom se Lente Fees is ook dié maand en ek sal vir die volle drie dae daar wees. Ek hoop ons sien julle almal daar en dat ons sommer lekker gaan kuier. Op daardie nooit onthou ook die Klerksdorp Rekord Straat fees wat kom en ook die Orkney Snorknie fees. Baie wat gebeur en dis lekker vir die Stasie vir die nasie om deel te wees van al die dinge.

Wel ek hoop die week wat voorlê behandel julle goed en dat die laaste trek van die winter gou-gou verby sal gaan. Dankie vir die saam lees en soos altyd Liefde en Seën vir elke een van julle.

Maak in die week seker jy soek na dit wat blywend is, dit wat nie met die blote oog gesien kan word nie, dit wat die siel voed, dit wat die hart laat klop en dit wat jou gelukkig sal maak . . .

kortom - maak seker jy het die lewe hierna.

Liefde.
Ekke.

_____________

 

Hallo julle.

So het daar weer twee weke by ons verby geflits. Maar hier staan ons weer met nog ‘n gedagte  - reg om lekker te gesels. Ag daar het weer soveel in die tyd genbeur dat dit moeilik is om te begin. Dit gebeur gewoontlik met my dat ek in die kar ry en so in die ry word die volgende gedagte gebore. Maar dan kom daar ook weer twee weke soos die afgelope twee waar ek hulle nie kan herroep nie. Ai.! Oud word is seker ook nie vir sussies nie ne.

So was Bobby van Jaarsveld se onderhoud op Rian saam met Rian op kykNET en terwyl ek sit en kyk sê ek kliphard – hier kom ‘n ding! Dit pla my so dat ek op die foon klim en vir Ronel (Bobby se Bestuurder en Ma) bel en vra – wie reël Bobby se onderhoude. Dit is nog vóór die koerante begin skryf het, voor die briewe kolomme begin kreun het en voor die geskinder eintlik begin het. Ek het lank oor die onderhoud gesit en dink. Kon Rian nie maar meer sensitief gewees het nie - , nee Ignaz kom sê ‘n stemmetjie vir my, dis sy werk.  Ek hoor wat die stemmetjie sê maar ek weet einlik wil ek dit ook nie hoor nie. Man – die outjie was nog altyd net beleef teenoor my. Ek speel sy musiek baie en  Genees Hierdie land is my groot gunsteling. Ek besef – voor mens ja sê vir so onderhoud moet jy seker die antwoorde hê  . . . en so hou die hele Bob’s ding hier in my kop draai. Gaan die onderhoud maak dat ek my nie gaan vergryp aan Love song letter of Annetjie nie? Ek dink weer . . . nee wat dit gaan nie. Ek speel dit nog, ek geniet dit nog en ek waardeer dit nog. Ek sit in my kantoor en sien op die net . . . Bobby sê hy is jammer. . . ek lees die berig en wonder weer hardop – wat maak jy nou! Toe gaan ek na sy webtuiste en lees die briefie wat ma Ronel vir hom getik het self. Ek merk in die briefie ‘n mooi seun, nie van buite nie – dit tel geen punte nie – maar diep binne hom is dit mooi. Ek let op die koue en die hoop dat almal warm klere het om aan te trek en weer vertel dit my van die mannetjie se menswees. Op die einde van die dag is dit tog al wat werklik saak maak. En ek was nie verkeerd nie die volgende op die voorblad – Bobby gee die duiwel die skuld. . . vandaar die “wat maak jy nou” wat ek gevra het want dit het ek ook verwag. Ek het nie die koerant gekoop nie – ek wou nie die berig sien nie. Bobby se jammer op sy webtuiste was vir my meer as genoeg.

Ek was jonk . . . ek het net so baie aangevang. Ek was naief, ek was stout, ek was verkeerd . . . ek is net nie aan die groot klok gehang nie want ek was nie Bobby nie. Dis ook wat ek so in die kar sit en besef. Ek kry hom jammer – “nee man “ sê ek WEER vir myself – hy sal okay wees. . . a.g.v Bobby praat ek deesdae baie met myself , ha ha. Ek weet seker nie veel nie maar ek weet vir ‘n feit – hy het jammer gesê, hy het my nog altyd mooi behandel en ek was ook jonk. Dis al wat saak maak. Ek weet ook ek sal Bob’s altyd ondersteun. Terwyl ek so ry en my aan die vaal winters lande bewonder besef ek die stof sal gaan lê, Bobby gaan steeds ‘n verskil maak en ek gaan steeds lekker saam luister. . . maar ek is ook spyt dat die media hom nie die kans gegee het om “sy briefie” op so ‘n manier te deel nie. Sterk staan Bobby en laat jou lig skyn. . . Jou hart is mooi – dis al wat tel. Ons hou jou dop en dan maak ons trots. So van die Van Jaarsvelds gepraat – Karlien doen tans goed by ons. Sy kreun oor die lug golwe en ek hou van wat sy doen. Welwense aan haar ook. Kyk gerus vir haar Cd. Die koop werd.

En soos altyd gee hy sy alles.Gaan woon sy konsert by, koop die Cd en deel in dit wat hy doen. Hy is Augustus by Potchefstroom Lentefees waar ek sy M.C sal wees. Kom kuier saam.!

Beste wense aan hulle albei.

Dan het ons weer gaan saam kuier by die Groet die grotman se vertoning in Johannesburg op uitnodiging van Lydia Winchester. Dit was lekker om so bietjie weer net te lag en met die werklikheid kennis te maak. Paar bekendes raak geloop en so saam saam gekuier tot die wiele moes terug draai Vrystaat toe. Lydia het maar net die manier om ‘n geleentheid lekker te maak. Ek skryf dit toe aan haar persoonlikheid. Dankie vir die uitnodiging Lyd’s  - ons geniet jou.

En dan was dit JayCee se bekendstelling gewees. Ek kon nie saam gaan nie – maar as ek kyk na die komentaar op Facebook dan is ek seker dit gaan goed gaan met hom. Ons wens hom sterkte toe met die nuwe Cd. Ek pos die video op Facebook en Lance James comment – WOW . Dit wil gedoen wees en soos ek daar gesê het – as dit van Lance James (Big Daddy) af kom kan mens dit terharte neem. JayCee was in al die jare baie lojaal. En dit maak hom so uniek. Hy klim self op die foon, bel self en nooi self . . . bly net soos jy is JayCee - .

En dan so ten slotte: So het nog een van die tannies van Randlespark  (Afsaal woonstelle) die tuig neer gelê. Toe ek hoor sy is siek en in die hospitaal het ek elke dag gebel om te hoor hoe dit gaan en ek moes maar hoor – nie te goed nie. Sien – my Ouma het jare daar tussen hulle gebly, dis hier waar alles begin gebeur het en sy was een van die “tannies” wat elke jaar met die fees groot in gesit het. Sy was een van die min as ek dit so mag stel. Die Donderdag oggend (14 Jullie 2011) toe ek die hospitaal bel en vra of hulle my sal vergun om net in te gaan loer siende ek werk tydens die besoek ure op die lug en die Suster vir my vra om oor ‘n half uur terug te bel het ek op Facebook gaan vra . . .” Net daar waar jy sit, Bid asb vir tannie Hester” . . . want ek het geweet ek sal nie betyds daar wees om te kyk hoe dit met haar gaan nie. Wel 10minute later het ek gebel en die suster het vir my gesê “Tannie is nou weg”. . . ek weer terug gegaan op Facebook en dankie gesê vir die wat wel in daardie 10 minute vir haar gebid het en ek het genoem dat “Tannie Hester” huis toe is.  Ek het toe steeds in my kar geklim en gaan besoek aflê by die ander inwoners – ons het ‘n lid verloor. By die tehuis het die toe deur van haar woonstel my weer hard gertef – ja, Tannie Hester is werklik huis toe. Tydens haar diens later die week het ek weer besef – ons moet so leef dat ons Altyd deur gereed sal wees om met die Meester kennis te maak. Om by Hom te gaan aansluit en deel van Sy heerlikheid te wees. Ons Bid tans vir haar kinders en dat hulle berusting vind. Ek dink baie aan die ander seniors wat ook daar in woon – dis nie maklik nie. Ek sal haar altyd onthou vir die vriendelike tannie wat sy was en die een wat altyd reg was om te help. Ons het regtig mooi herrinering. Mag sy sag rus.

 Liewe vriende dit is die week wat ek graag met julle wou deel. Daar is eintlik soveel meer maar daar is ook net soveel plek en tyd. Dankie vir jou tyd, dankie dat jy hier kom draai het en saam kom “kuier” het. Mag ons so leef dat wanneer ons die hout deur toe maak die hemel se deur vir ons oop gaan. En dan – ja, ons gaan foute maak iewers langs die pad maar dit gaan nie oor die fout nie – dit gaan oor wat het ons uit daai fout geleer.! Basta met die res en wat hulle dink of sê. Kyk na jouself en na wat vir jou belangrik is.

 Liefde en seen vir elke  een van julle.

Julle Laaitie. x
__________________________

 

JEUGDAG AL BLOEIEND . . . MAAR ALLES DIE MOEITE WERD!...

Dit sit in my en jou broek om een groot verskil te maak. Om werklik ‘n lewe te red. Hoop dit gaan goed met julle.

Ja – almal wil graag in die lêwe ‘n verskil maak nè. . . en eintlik kan ons deur deel te word van die bloedbank, SANBS. Verlede week het ons ‘n buiteuitsending  waar geneem en saam hulle gekuier in die City Mall Klerksdorp. Ek het toe eers werklik agter gekom hoe die SANBS werklik sukkel om die mense te kry om bloed te skenk en om uit te kom en dit te doen.  Daar word daagliks 3 000 eenhede bloed in die wêreld benodig  - en dan kry hulle met so ‘n marathon net 14 eenhede ingesamel. Wel mett trots kan ons sê – ons het dit in samewerking met ons luisteraars verdubbel – 37 eenhede vir die paar uur sonder die Potchefstroom tak. Saam saam was dit bykans 70 eenhede.

Die lekker deel van die dag was – toe my kollegas by ons kom aansluit het , en van hulle sonder ‘n bang haar op die kop dapper gebloei het vir ‘n goeie saak. Ons het lekker gelag en die dag so op jeugdag saam geniet. Klerksdorp Rekord se Redakteur  - Salomè Kotze was ook daar en ook Tanya Roos as verslagewer. Hulle kroon ook Mej Klerksdorp die 2de Julie 2011. Navrae kan julle rig aan hulle kantoor en ondersteun hulle gerus, gala geleentheid vir die KOSH area. Die finaliste was ook deel van die dag en was orals in die Mall te sien. Klerksdorp Rekord: 018 462 1994

Ek hoop julle geniet die foto beeld van die bloed skenk marathon en baie baie dankie dat julle kom deel het in die dag. Vir die luisteraars wat nie kan skenk nie maar wel kom inloer het om hallo te kom sê – ons waardeer julle baie. Laas week het die webtuiste se besoeke tot bykans 100 gestyg – dankie vir elke besoek. Lekker om te kom vertel, foto’s by te sit en te weet ander deel in die inligting.

Tot volgende week – kyk mooi na jouself en geniet die laaste van die koue winter. Dit sê ook nou nie – die koue is verby nie, ek hoor juis die weer kantoor sê nog ‘n koue front is oppad. Trek warm aan en al is dit bietjie koel – moet nie dat dit in jou pad staan om ‘n lewe te red nie. Gaan skenk bloed! En aan die hele bloedbank span van Klerksdorp baie dankie vir julle harde werk en ook vir die lekker kuier saam met julle. ‘n Wenspan in eie reg en ek het gelet op hoe gemaklik julle die skenkers laat voel het. Ek dink dit opsig self maak hulle net meer besonders.

 Groete tot dan. . . 

_________________________________

Platinum verander nie sy mens wees nie.

Dag sê mense. Ek verander die groet van “hallo julle” af na iets anders toe. Elke week voel vir my dieselfde – so ek maak dit ietwat anders. Ek glo julle het elkeen ‘n lekker week agter die blad en dat die naweek gesorg het vir niks doen nie. Dat jy sommer lekker rustig kon wees en jou ding kon doen. Ek het die naweek bietjie gewerk en dit daarmee saam geniet. Sondag vir my suster gaan kuier sonder om dit te beplan . . . ons het dit eintlik so nodig.  Genoeg daaroor kom ek vertel van Manie se besoek.

Manie Jackson het Saterdag 11 Junie 2011 in Viljoenskroon kom optree en die Saterdag het hy by ons kom inloer om vir die luisteraars hallo te sê. Ek merk met die intrapslag – Manie het nie verander nie. Hy is Manie wat ek vyf jaar terug by Rapid Waters gesien het . Toe was daar nog nie Julia of die Hemel weet nie, ook nie Engele nie, geen Select musiek nie en ook nie die Top 20 vir weke op eerste plek nie.! Maar daar het Manie alles gegee. Jong hy het gesing. En terwyl ek so oor die mikrofoon vir hom sit en kyk besef ek – kan jy dink met hoeveel passie lewer hy sy vertoning vandag met al die bogenoemde bygevoeg?. Op facebook het die mense vra gevra wat vir Manie moes vra. En waar tyd dit toegelaat het, het ek gevra.

Dit val my by, dat hy glad nie vergeet waar hy vandaan kom nie. Hy onthou die dae toe hy maar hard gewerk het, wat hy vandag nog doen. Hy onthou wie hom gehelp het oppad boontoe en dit spel nie Platinum nie dit spel DUBBEL PLATINUM hoor. Sien – van die groot name in die bedryf kom eers by die gemeenskapsradiostasies aan sonder ‘n baie groot bus en gevolg, staan met ‘n cd in die hand en hoop maar hulle kry lugtyd. Hulle hoop die stasie sal hulle ondersteun en gewoonlik is dit presies wat ons doen. Die omroepers help bou aan die goue loopbane en werk net so hard saam met die kunstenaars. Daar word vertel, gespeel en soms ook ingedruk en wanneer hulle daar bo is. Is dit só - hulle vergeet dan gewoonlik van die dae wat hulle self maar die pad gevat het na die meduim wat hulle help verkoop en tyd afgestaan het om wel by die stasies uit gekom het. Van hulle raak dood eenvoudig net te belangrik en dit word soms raakgesien.  Dit staan wel nie in my pad om maar te bly ondersteun nie. Maar dit is ‘n werklikheid. Soms is dit selfs moeilik om net oor die foon met van hulle ‘n “...hoe gaan dit?” in te werk en so die ondersteuners in te lig.

 Manie se menswees het my verbaas. Ek glo en vertrou dat met al die sukses wat hy tans ervaar hy altyd Manie sal bly. En ek glo ook daar is nog baie sukses oppad na die man se kant toe. En met ‘n firma soos Select agter jou kan dit net van krag tot krag gaan. Die slotsom is – ek is trots op Manie Jackson. Trots om te sien dat dit waarvoor hy gewerk het nou vrugte werp en natuurlik baie trots dat hy steeds net Manie is.

Soos dit is werk ons nou saam met die mense – ons ken hulle nie almal op die kom-drink-‘n-koppie-tee basis nie. Maar ek dink dis altyd nodig om te onthou op ons eie manier is ons heel gemaklik met die bedryf en die pakkie wat dit saambring. Ek moet bieg, ek is nie ‘n bewonderaar van niemand nie. Ek ondersteun hulle wel en sien dit as ‘n voorreg om soms saam die ouens te werk – onderhoude te doen en natuurlik hulle musiek te speel. In die begin is dit seker maar “snaaks” maar na bykans ses jaar is dit ook dit. Dis ook nodig om die volgende in die gedagte te neem: Ons besef , hulle is besig, tyd is min en die paaie vêr. Dit is nie altyd vir die kunstenaars moontlik om “te kuier” of die “hallo’s” in te werk nie. Maar lojaliteit staan soos ‘n paal bo water uit. En hulle moet nie dink ons merk nie die lojaliteit nie – glo my ons doen.

Ek weet nie of daar werklik ander gemeenskaps stasies is wat dit doen nie, maar een ding weet ek, ek self het al 1000de kilometers afgelê om seker te maak ons gaan haal die “hallo’s” dan nou maar namens hulle wat dit nie kan maak agv die skedules nie. Ek ry, neem die onderhoude op , kom huis toe, dit word verwerk en dan saai ons dit vir die luisteraars uit. En die genot wat hulle uit die “info” put is ongelooflik. Die foon wat lui en mense wat sommer net dankie sê vir die gaan haal van die inligting is lekker. Ek het al twee jaar in ‘n ry die lang pad Naboomspruit toe gevat – nie om te gaan fees vier nie, om die onderhoude met die luisteraars te kom deel. Ek dink aan die mense (luisteraars) wat nooit die geld sal hê om “so naby aan kurt se plaas te kom nie”, so naby aan sy verjaarsdag te kom nie. . . ek gaan haal dit vir hulle. Anders sal hulle Nooit ooit beleef nie. En nee, van hulle kan ook nie die “huisgenoot” koop om die artikel’s te lees nie en so kan ek aan gaan – maar dit staan nie in hulle pad om die kunstenaars se Musiek aan te vra nie, die cd’s te koop nie... dit is aan al die goed wat ek dink. Ek noem nou maar sommer net Kurt se fees hier as voorbeeld. Ek het al hordes van die tipe dinge gaan doen. Ek was in die hartjie van die winter by Lianie se fees, pretoria toe na ‘n fees daar toe, noem maar op . . . en dis dalk ook hier waar mens die lojaliteit ervaar en besef.

Ek het nog nie eers by die funksies uit gekom nie. . . ons ry en woon die bekendstellings by. Kom laat in die nag weer slaggat treffend terug en die volgende dag vertel jy weer vir volk en vaderland wat jy ervaar het, ja daar promoveer ons weer. Bevoorreg dat ons genooi word en dit word hoog op prys gestel. Maar dis eers as die manne en dames dit groot gemaak het – waar die prentjie soms gou verander.

Die slotsom is eintlik : Onthou van waar jy kom. Onthou wie jou help bou het. Dalk is dit gering maar – onthou dit. . . Manie Jackson het net weer die naweek vir my gewys mens kan dit doen. En soos hulle sê, “NO BUSINNES LIKE SHOW BUSINESS” né. Ons het elke liewe dag met dit te doen.

Verlede week het Hugo van DEUR DIE STRAIGHTS by ons kom kuier en ek het saam hom om die tafel gesit. Lekker met hom gesels en ek dink hy het weer ‘n lekker Cd aan sy kant en dat hy weer die land aan die brand gaan sing. Die onderhoud moet nog uitgesaai word so luister maar gerus en kyk daarna vir die foto.

Terwyl ons oor die musiek praat – “TOT MY LAASTE UUR” van Nicholis Louw gaan baie groot wees. Sy cd is uit en ons gaan baie van hom hoor. Koop die cd. Woon die konserte by en wees deel van die man se sukses. Ek weet hy gaan in Klerksdorp ‘n draai maak. Ek is genooi  - ek sal verseker gaan en deel wees van sy konsert. Ek was jare laas op ‘n konsert waar die man optree om net lekker saam te kuier. Ek sê weer . . . groot treffer. Geluk met die “nuweling” byvoorbaat.

David Fourie het ook ‘n nuwe cd. Dit het ek maar raak gelees op Facebook. Ons wens hom ook alle sterkte toe met die cd. En ons wag ook dat hy kom kuier sodat ons op die tafel kan dans. Ek sal vir julle meer van die cd vertel sodra ek hom gehoor het. Juanita het ook ‘n gospel album wat oppad is. Ek kan nie wag nie. Ek verneem sy het ook nou ‘n plaas – wie weet, dalk kuier ons een van die dae dalk saam op een of ander “Junaita se plaas makietie” of so ietsie. Ek sal die onderhoude doen. Ha ha. Die kaptein het Jukebox gegroet. Pieter het oor gevat. Kurt is ‘n man met ‘n visie – ons hou hom dop. Sterkte met die res van die program Pieter ons weet jy sal sorg dat dit verder van krag tot krag gaan. Ek moet sê ek het nogal as die tyd dit toegelaat het Jukebox gekyk – kurt was prêt.

 Huisgenoot Musiekvaart het laat weet ons kan bespreek vir die volgende vaart wat volgende jaar sal wees. . . ek besluit nog.! Dan sit hier weer so klein duiweltjie op my skouer wat sê gaan, gaan haal die onderhoude . . . en skielik klap ek hom dat jy net horings sien spat. Kort voor lank. . . by ons het ons ****** en ons gesels saam hier vanaf die groot blou oseaan. **** vertel vir ons hoe ervaar jy die mense en die optrede hier op die water.... WYK SATAN!

Mag julle week geseënd wees. Dankie vir die saam lees. Hou jou voete plat op die aarde en trek die lyn tussen bewonderaar en ondersteuner. Niemand kan dit namens jou doen nie maar iemand kan wel namens jou besluit of jy lojaal is al dan nie. Sad maar die waarheid. Ek hoop die opkomende outjies lees die week se gedagte en besef dis die toekoms.

Koop die Afrikaanse cd’s, gaan kyk na die vertonings, vra hulle musiek aan en ondersteun hulle. Dit is wat ons kunstenaars bo hou. En as jy dit kan bekostig – gaan vaar saam hulle op die MSC en wys jou ondersteuning ook op daai manier. Dis die een wat koop, aanvra en bywoon wat seker maak die ouens bly op die radio, in die tydskrif en op die kassie.  Maar hou ook in gedagte – soos jy vanaand na werk huis toe gaan en weer more oggend werk toe, is dit ook eintlik net ‘n werk wat hulle het. En ek is seker baie van hulle waardeer julle ondersteuning opreg.

Hou dit afrikaans.

Liefde en groete.

Ignaz.

 (Manie ons is baie trots op jou – hou dit net soos jy dit tans het, bly net soos jy is en maak seker soos jy nou doen, alle meduims sien jou lojaliteit raak, groot en klein).

_______________________________

Hallo julle.Net so inloer om vir julle hallo te kom sê. En dan sommer net so bietjie met julle te deel. Wel in kort.

So het George Meiring my gebel om sy cd bekendstelling by te woon en kon ek dit toe nie doen nie. Dit het alles net op die verkeerde tyd geval. Maar ek is super trots op hom. Ek was ook die heel eerste omroeper wat vreemde wêreld met ons luisteraars gedeel het op die lug. Ek weet nie of hy werklik besef wat die oproep beteken het nie. Net die feit dat hy dit self gedoen het en die tyd afgestaan het. Dankie George. Ek moet julle bietjie meer oor die man vertel. Dit was tydens Aardklop een jaar op Potch toe ek hom dop hou terwyl hy uit sy kar klim. Hy het reg voor ons buite uitsendings ateljee gestop en dadelik het ek gesien dis George Meiring… wie kan hom mis kyk ne?

Ek het gesien hoe die mense na hom stroom en hoe hy heel vriendelik met hulle gesels en staan vir foto’s en ek het besef – vir jou as kunstenaar wil en gaan ek ondersteun. Hy het soveel tyd gehad vir die mense wat graag net hallo wou sê en dit was besonders. Ek weet ek het ook hallo gaan sê en hier het ‘n vriendskap wat vandag nog bestaan – ontstaan. Saam met die drome het ek werklik saam hom gedroom. So het die cd gekom ateljee toe en ek kon nie wag om hom die mense te deel nie. En die mense wat na die musiek luister – was mal daaroor. Dit was die “groen” cd. Elke keer wat mense vir sy musiek gevra het, het my hart geklop. Die mense aanvaar hom. Hulle geniet wat hy bied en hulle wil meer hoor. Deur die Jare het ons mekaar elke jaar by aardklop gekry en wat dit soveel meer spesiaal gemaak het as hy net opdaag om gou vir ignaz hallo te kom sê. Dis priceless! En so het Vreemde Wêreld nou ook die lig gesien. En is ons baie opgewonde oor die cd. Ek het hom by meer funksies raak geloop en dis by Lianie May se fees waar George Meiring my tot in trane gesing het.

Sy slot was op dieselfde tyd wat die groot rugby in die ander saal begin het en so terwyl hy sing het die mense begin oorskuif na die saal toe en dis toe dat George sê : Terwyl julle oor beweeg gaan ek afsluit met my laaste liedjie. En hy begin sing – GLORY LAND…Die mens staan stil, draai om en vergeet van die rugby wat al begin het. Hulle staar verwonderd na die man op die verhoog.Hy sing… hard. Met ‘n passie. Hy gee sy hele talent. Ek is nie meer verstom nie – ek huil. . . George het die mense in hulle spore gestuit met sy goue stem. Ek sien die tannies in die gehoor huil saam my. En net daar by die fees sê ek saggies vir myself – dankie Here en dra die mannetjie deur. En op ‘n hoë noot sluit hy sy konsert af. Ek huil steeds!

 

Ek merk die man in die swart jas – ek vra eers, is dit nie die outjie van die Gilette advertensie nie, maar iemand agter my sê nee – hy is veel mooier as die een op die tv. Dit was toe al die tyd ons eie Brandon. George se Brandon. Daar het ek hom vir die eerste keer ontmoet en het sommer lekker gesels. So na die fees het ons mekaar weer raak geloop by funksies en sommer net lekker gekuier, ek dink amper huisgenoot Tempo toekenings was een van die kuier funksies. Terwyl almal lag en kuier maak Brandon hom sit hier langs my en die Marnett Susters op die bank. Klaar deel van die familie. En dit was lank voor die aankondiging. Ek het hom met ope arms ontvang en die feit da thy saam George ‘n mense mens is. Ek wens hulle net mooi in die lewe toe. Kyk uit vir die seun met die mooiste glimlag se nuwe Cd en ja – ondersteun hom. Ek doen en sal nie ophou daarmee nie. Hy verdien dit. “My hart was wel by sy bekendstelling”. . . Voorspoed en ons klink ‘n glasie op VREEMDE WÊRELD. Geluk met die nuweling julle twee. 

Dan het ek nie geweet dat my storie ook in die Finess se stories van hoop boek gepubliseer is nie. Toe ek die boek te koop kry was ek regtig verbaas om te sien hulle het die hele storie in gesit. Myne was een van 75 wat gekies is om deel van die boek te word. Ek het na die boek gesit en kyk en besef . . .eintlik het ek soveel meer om te vertel. . . .

Baie dankie aan die uitgewers wat my storie gekies het en gedink het , daai strorie kan dien as insperasie vir ander. Ek sien ander bekende name in die boek, Lindie Stydom, Bobby van Jaarsveld, Ronell Erasmus, Arno Jardaan en ek besef my storie het tog hoop gebring. Die boek het my weer laat besef – werk aan jou eie een. In die lewe van Ignaz was daar die hartseer, die lekker, die genade en die grootheid van God. Daar was die dooie droom wat toe ‘n werklikheid geword het en die rooi tapyt. En ook die kennis maak met die seer wat die onbekende dood tuisgebring het. . . My storie het net gegroei in die jare en ek sal seker moet besluit – gaan ek praat. Gaan ek deel. Maar dan – moet ek eers weer gaan stil word en vra, is jy Ignaz reg daarvoor.

              

Wat die toekoms vir die skryf van die boek in hou weet ek nie. Die boek het al selfs ‘n naam maar ons sal maar moet wag en sien wat Sy wil in die aspek is. Dis tans ‘n saak van gebed in my lewe. Maar ek sal julle verseker op hoogte hou in die verband. Weereens – dankie aan Finesse wat my storie geplaas het. Ek het dit nie verwag nie. Dit was ‘n artikel wat hulle oor my gedoen het so twee jaar terug en ek sou nooit kon raai dat hy die boek formaat sou haal nie. Kyk gerus vir die boek in die winkels en put genot uit die ander 74 verhale wat hoop bring.

 

Ek het ook die afgelope naweek die voorreg gehad om die uitnodiging na Rudi Muller se konsert in Klerksdorp aan te neem. Ek dink Rudi het ‘n storie om te vertel. En ek het regtig die man se konsert geniet. Ek dink meer mense kon maar die koue aangedurf het en by die Klerksdorp stadsaal na die man se boodskap gaan luister het. Hiermee saam my dank aan die organiseerders wat vir my en my kollega Johannie de Waal genooi het.  Ons probeer by almal se funksies uitkom – maar dis nie altyd maklik nie. Maar ons probeer.

 Van my kant af hoop ek julle het ‘n mooi en geseende week en dankie dat julle kom inloer het om te sien wat ek die week met julle wil deel. Soos altyd hoor ek graag van julle.

Liefde ne.

Ekke. X 

Dis dan al weer week twee en so besluit ek om sommer die week se gedagte met laas week sin te kombineer.Julle sal let – daar is geen foto’s nie. Jammer hiervoor. Soos dit is ,is al die Telkom lyne by my huis waar al die gedagtes gebore en aan mekaar gesit word – gesteel. Ons sit sonder internet. So dit maak die gedagtes en selfs die Facebook kuiers ietwat korter. Sodra dit hertstel is (ons bly in die nuwe SA) dit kan lank vat ne – sal die gedagtes weer normal vloei. Die week was ook maar lank en yskoud gewees en hier in die Vrystaat het ons weg gekruip vir die minusse. Die een nag het die kwik weer gedraai by -7. Dis koud gewees. Binne was maar die beste plek om te wees. Ek groet julle kortlik.

 Die afgelope naweek het die NG Kerk Viljoenskroon ‘n geslaaagde basaar aangebied. Ek het gaan inloer en het waardering dat die dorp se inwoners die basaar so ondersteun het. Ondersteun gerus jou gemeente met wat hulle aanpak. Dis baie nodig so ook vir jou dorp.

__________________________________________________________________________________

Hallo julle.   Hier is die gedagte vir die week en ja – ek laai hom met foto’s en nooi julle om dit te geniet. Die opskrif die week vertel presies vir jou né. Die afgelope naweek was dit natuurlik die Damestee van Overvaal Stereo en dan ook die jaarlikse Roosfees te Stilfontein.   En soos dit is was ek deel van altwee die funksies.   Daar was die min slaap, min eet en baie stress wat met die tipe dinge saam kom en hier en daar op die pad in die nag as die ander geslaap het die wonder of ek die naweek gaan oorleef. Wel – ek het toe. Baie dankie aan elke een van julle wat die funksies ondersteun het en saam met ons kom kuier het. Ek deel graag so bietjie met julle oor die naweek.

Die Roosfees het die jaar die Legendes as hoofkunstenaars gehad. En was dit vir my as Vermaak bestuurder lekker om saam die mense te werk. So deur die loop van die naweek was daar ook ander Kunstenaars in aksie te sien. Vir hulle wil ek baie baie dankie sê. Hulle het elke een op sy / haar eie manier ‘n groot verskil gemaak. Vrydag aand was Sally Vaughn, Bobby Angel en Billy Forest daar gewees. Ek was terug Viljoenskroon toe om te gaan uitsaai en het hulle vertoning gemis. Maar as ek na die MC en runners luister en ook na die komentaar van die Roosfees Komitee was dit een groot lekker. Ek het later die aand by hulle aan gesluit en het lekker met hulle gesels. Sally was net Sally. Hulle het vroeg vroeg gaan inkruip en is die volgende oggend vroeg weer weg na die dames wat die ontbyt gemaak het vir hulle reg gestaan het. Ek het die Vrydag aand al gegroet – want ek is voor die son sy kop kon uitsteek weer weg Viljoenskroon toe vir die tee van die jaar. Baie dankie aan Frikkie, Jessy en Dumpels wat my hande en voete was daar waar ek nie self kon nie.

Francois van Rensburg het ook een van sy vriendinne van Villa Rosa saam gebring Mari . . .Hier is sy saam met Sally, Bobby en Billy.

 


 Vrydag aand se gaste van die Legendes.

Terwyl ons lekker bekommerd was oor die weer sake in Stilfontein het ek en Melanie mekaar by die saal in Viljoenskroon gekry en het almal raak gevat met die laaste voorbereidings vir die oggend. Met die telefoon het Frikkie my op hoogte gehou hoe dinge daar aan daai kant van die Vaal Rivier verloop. Dinge werk nie altyd uit soos mens beplan nie ne . . . Dit besef ek toe Tobi Jooste al op daag en ek nog nie naastenby  “tee gereed” is nie. Ek glimlag sommer breed hier waar ek sit, ek het nie gedink dit sal sommer met my gebeur nie. Maar wat – ek het darem kans gehad om my self reg te gaan kry vir die tee. En dit was ‘n mooi geleentheid soos elke jaar. Die dames wat opdaag, die mooi saal, die personeel en die mooi musiek. . . Elke jaar se tee is besonders. En ek deel graag ‘n paar foto’s met julle vir die wat nie die tee kon bywoon nie….

Die detail soos elke jaar was besonders.


Elegant op sy beste. 


Buite die saal was daar ook mooi gemaak. 


Tobi Jooste


Trevor Nasser


Die vrugte tafel was net 'n lus vir die oog.


Overvaal Stereo se personeel tydens die Damestee 2011.

Na afloop van die mooi oggend is ek terug Stilfontein toe vir die res van die Roosfees wat oor gebly het en daar was soveel kunstenaars wat ook daar ‘n verskil kom maak het. Ek dink sommer so vining aan Alex wat sommer ‘n hele uur gedoen het, Leroi, Ralph, Andre, Jessy, Frikkie, Shimmer, Henri, Juan Enslin,  Chrissie, Phillip , Reinier om enkels te noem. En later die aand was dit die res van die Legendes se beurt om die verhoog oor te neem en die mense te vermaak. Die reen – dit is buite ons beheer gewees – en vir veiligheids redes het ons besluit om nie weer die klank aan te sit na dit nat geword het nie.

Dit was die eerste jaar waar ons saam met Danie van Molto Musica en sy span gewerk het as dit kom by die klank. MOLTO MUSICA – het net die ding gedoen. Ek wil graag ‘n spesiale dankie aan Danie hulle rig. Ek kan nie dink hoe sal ek ooit weer sonder hulle kan werk nie. En hulle het nou maar net die beste klank. Tannie Naomi het later by ons aan gesluit en daar is sommer lekker gelag en gekuier agter die verhoog en na die tyd. Dankie dat julle deel kom maak het van die sukses! Ek sit graag die MOLTO MUSICA span se foto’s vir julle op. . .

 

Danie - baie dankie vir jou en die hele span.Julle is ongelooflik.

Gerda Rudd en Daan se seun

Wie sè die klank manne het nie ook 'n soet tand nie?

Naomi du Plessis

Dan so ten slotte die week: Ek het soveel van Lance en sy span geleer. Hulle is so professioneel en ek dink daar is ‘n paar van die opkomende outjies wat by hulle kan gaan leer. Ek kyk na lojaliteit. . . nie net teenoor die gehoor en die komitee nie maar teenoor mekaar. Ek kyk na Jody Wayne op die verhoog en selfs toe die reën begin val dat hy stil staan en steeds alles gee . . . tot ek op geklim het en hom af gehaal het, hy was bereid om in die reën sy ding te doen. Lance James wat eers wag dat Mara van den Bergh agter die verhoog is voor hy verder aan beweeg na die Lounge toe en die mooi maniere van die Rodeo Girls.   Barbara Ray en haar seun was ook daar, die reën het ons gevang voor sy op kon gaan – maar die Saterdag aand het ons lekker gekuier by die gastehuis. Ons hoop om haar volgende keer op die verhoog te geniet en so ook Clive Bruce se kans wat nat geword het. Dit was ietwat hartseer – maar soos ek en Lance James Maandag vir mekaar oor die foon gesê het. . . die natuur kan niemand keer nie. (Ja, dis hoe hulle dit doen – Lance het self maandag gebel. LEER MENSE LEER)!

 

Die jongklomp het hullesef gate uit geniet. Veral na die tyd. En ek is bly hulle het die fees geniet na hulle alles gegee het. Ek wil ook graag vir Hester Ginsberg dankie sê dat sy self die fees bygewoon het en Maggie Botes wat kom foto’s neem het. As dit nie vir die onbestelde bui reen was nie het ons verseker tot ounag saam die feesgangers gekuier by die fees. Wel, moet sê – dit het nie in ons pad gestaan om dit na die tyd te doen agter die verhoog en by die gastehuise waar almal gebly het nie. En dan met een groot lekker kan ek sê: Op ‘n mooi manier. Weereens dankie aan almal wat saam kom kuier het. Weens die reen en toe die verkas na die gastehuise was die foto’s neem nie maklik nie, maar ek deel graag dit wat ek wel het. Ons het gedink daar sal baie tyd na die tyd vir Foto’s neem wees en toe het ons nou eintlik heeltemal verkeerd gedink. Maar geniet die Roosfees foto’s 2011…


Charles Rudd saam met die Rodeo Girls 

Ralph, Hester Ginsberg en die Kidz

 


Lance saam met van die Komitee lede. 

Ignaz en Dumpels

Lance James op die verhoog

Reinier


Vermaak vir die kinders

Mnr. Die Mc.


Die profesionele dames


Jody Wayne tydens sy optrede. Foto - Maggie Botes.


Henri Alant in aksie op die verhoog


Shimmer het die fees aan die brand gesing


Ignaz en Maggie Botes 


Tannie Dumpels vat 'n blaas kans!.

 En dan heel laaste die week: My familie. Soms kom hardloop hulle saam, help, werk, ondersteun en deel my met die tipe van feeste met al wat voorkom. Soms kry ons nie tyd vir  “net kuier” soos familie moet doen nie, maar dankie dat julle tog altyd daar is en geduld het met die bedryf. Julle is kosbaar vir my en die feit dat julle my ondersteun met die aanbied van die tipe van ding is vir my genoeg.

 

Sus Cheeky ondersteun vir kleinboet - ALTYD!


Ignaz en Jeanette na die nat reen aksie - maar steeds vol moed. Dankie dat julle kom saam kuier het. 

Die klein Streichertjies het kragte saam gesnoer en saam die "pretpark" benut.(Juanika, Emile en Sharika) 

Tot ‘n volgende keer – liefde en groete. As ek jou naam nie in die week se skrywe genome het nie, weet ek waardeer die feit dat jy deel was van die lekker.

Ekke. x

 

___________________________________

Royals , Prins William en Haar Hoogheid!

Die afgelope naweek was dit natuurlik net die koninklike troue wat op almal se lippe was en ja – op myne ook hoor. Vrydag oggend het ek wakker geword en besef net na nege – DIS TROUE!!! So maak ek my vir die televisie en siedaar  - ek is deel van die “Royal Wedding” of the century !

Die verslag span wat daar is – is bevoorreg dink ek terwyl ek na hulle sit en luister. So kom die “hunkering na joernalis wees” weer sklielik hier in my pos vat. Maar ek deel toe graag in die mooi wat hulle aanbied. Ek mis niks. Ek volg. Ek sien van die mense op Facebook kla . . . Ons kan nie die troue volg nie – ons werk. Wat gebeur, wat sien julle nou is van die enkele vra wat my oog op die rekenaar vang. Ek het ook hier en daar vir die mense vertel wat aan die gebeur is daar in Londen.

Soos ek vir een van die luisteraars op die lug tydens een van my inbel programme gesê het – dat hulle nou maar sê ons is niks gewoond nie. Dis maar so – dit het laaste in 1981 gebeur. Inderwaarheid – lank voor my geboorte! En nou het ek die kans om dit te volg. Ek kan wel onthou met Lady Di se dood was daar baie van haar troue op die tv. En dis maar wat ek van die koninlike troue geweet het. . . Hoe kan ek dan nou my kans mis om regtig hiermee kennis te maak.

So het ek gevolg en gesien hoe die bekendes op daag en so nou en dan vir die huishulp gegil sy moet gou gou kom kyk – “nie dat sy nou veel verstaan het wat met my aan die gebeur is nie” – maar ek het agter gekom sy verstaan toe Catherine oppad is want toe staan die huis werk dood stil en sy volg met baie belangstelling.!

Ek was deel van die geskiedenis. En die wat nie deel daarvan wou wees nie – jou keuse ! Ek let daarop dat daar iemand is wat skryf : Klerksdrop nie groot op die royal troue nie. Die persoon skryf van twee bekende resturante wat Rugby op hulle tv’s wys en gee die Wimpy in die dorp wel krediet dat hulle die troue wys – alhoewel sonder klank. En ek besef – smaak verskil.

Ek sien die Becks daag op – en wonder sommer so op Facebook ook wat Victoria gedink het met die “hoed”… David se hare lyk vir my ietwat nat… na die tyd – toe ek na die foto’s kyk – toe hou ek nogal van haar hoed, dalk het die kamera op daai stadium net te kort op die paar gefokus. Hulle het ‘n tawwe werk gehad – op wie fokus mens nou eintlik as die wêreld se bekendstes saam is op een plek of hoe? En toe natuur die afwagting dat Harry en William die tog blaas na die Abdy. En soos die kamera manne in spanning gewag het voor die hek – het Miljoene mense vir daardie oomblik gewag ! Vergeet die handjie vol wat die ‘Rugby’ volg… en toe. . . daar kom die blink swart kar om die draai. Die skare wat mal raak en en die hoor van kameras wat onophoudelik flits. . . KONINLIK!

William waai soos sy Ma gewaai het. . . man ek het elke oomblik daarvan geniet. Ek volg die detail. . . William en Harry praat nie in die kar oppad Abdy toe nie. Hulle waai – en ek is seker – hulle het in die stilte aan hulle moeder gedink. Koninklik of de nie – mense is mens. Hier en daar het ek sommer self “daai gevoel gekry”. . . ek mis my ma! Sy was ook ‘n groot Lady Di ondersteuner. By die Abdy tydens die aankoms kon mens Harry en William se klere vir die eerste keer – mooi sien en sien hoe mooi hulle lyk. En toe is soos ons almal sien – die twee na die privaat deel van die Abdy geneem voor die diens. Koninlik in hoofletters. Baie nice. As jy nie daarvan gehou het nie – smaak verskil.

  Die twee broers daag op.

Ek het die Koninging mooi gevolg. Van die vertrek tot die opdaag by die Abdy. Ek let op die blou kombersie oor haar bene oppad. Die hier en daar waai en ek besef – sy kan maar waai. Met soveel klas en soveel styl. Sy kon dalk ‘n glimlag of drie ingewerk het dink ek. Dan besef ek. . . sy is 85 – dalk het sy genoeg in haar lewe geglimlag. Maar daardie koninklike wuif – het sy verseker onder die knie.

By die Abdy – die manier hoe sy gou gou van die kombersie ontslae raak, sonder dat baie mense daarop let en toe die uitklim en in gaan. Sy waai toe ook nou nie verder nie sy maak net haar pad gelyk die rooitapyt oor na binne. Tog lyk sy vir my mooi in die geel en sien ek die hoed vorm deel van die lys reels wat die gaste ontvang het – die hoed is nie te groot dat die gaste agter hulle nie kan sien wat voor hulle gebeur nie. Ja, ja dit was deel van die reels hoor. Gaste mag ook nie wit gedra het nie. Ouma het dit duidelik gemaak - !


Die Koninging het darem ‘n woordjie
met die skoondogter gevoer –
maar met geen gaste nie.

Ek volg toe ook die vertrek van Prins Charles en Camilla – en ek moet sê – sy het ook mooi gelyk vir my. Hulle het ietwat vinniger as William hulle gery oppad na die Abdy waar die 1900 gaste vir die Koninklikes gewag het.

Dit was intterresant dat daar soveel aandag gegee is aan Catherine se Ma en broer en dat die media dit ook so mooi gedek het. Ons het hulle ook gevolg tot by die Abdy. Terwyl die kar verby flits bespiegel die mense wat verslag doen oor hoe die ma se rok lyk en net voor sy aankom het hulle die info – dis poeier blou.  Sjoe – die mense mag maar dink ek terwyl ek die een beker koffie na die volgende weg slaan.

En toe die oomblik waarvoor die Wêreld gewag het: Die kamera gooi alle fokus oor na vanwaar die bruid gaan vertrek. Jy hoor hoe die mense gil – “There she is”. . . ek spring regop – ek prober sien. Sy is baie vining in die kar in. Ek staan nou regop – maar ek kry nie veel gesien nie. Ek hoor nie meer wat die man wat die dekking doen sê nie. . . sy is in die Rolls Royce. . . die tent wat moes verseker dat sy direk uit die hotel in die kar klim het presies dit gedoen – daar was nie regtig goeie skote van die rok nie.Dit wat daar wel was is onmidelik die media ingestuur. En toe volg ons haar oppad na die Abdy. Sy waai, sy glimlag… en die bo kant van die rok kan nou bespreek word. Jy kan sien hier en daar praat sy en haar pa oppad. . . Die mense wat opgedaag het, word gehoor toe hulle hoogheid vir die toekoms by hulle verby kom. Dis mooi sê ek vir my eie Evelina - . . .

Oppad na die Abdy. Die eerste foto van haar in die kar.

Hier kon ons die bokant van die rok sien
en kon die aanbieders dit   bespreek. Die foto is net na hy geneem is die wêreld ingestuur.

Die klokke begin lui . . . jy sien die mense met die kameras staan reg – sy is naby. En toe die uitlkim slag by die Abdy. Die media, die mense en natuurlik –Catherine se glimlag! Haar suster wat as blomme meisie optree vang dadelik my oog – sy is ook mooi en lyk ook mooi. Sy versorg haar sus se rok met ‘n passie merk ek. En die gevolg word mooi op hulle plek geplaas. Die klokke maak van dit wat dit moet wees en toe verskuif die fokus na waar Prins William en sy broer uitkom vir die diens. . . William glimlag nie meer nie – noem dit Koninklike senuwees man. En dan die laaste wuif as Kate.! Dit was baie mooi vir my. Net voor sy die deure in gestap het  - daai terug kyk en waai vir die ondersteuners. En ek glo sy het geweet en besef – met die volgende waai het alles vir haar verander en sal sy waai as haar Hoogheid – Catherine. WOW!

Die laaste waai as Kate voor sy die Abdy binne gaan. Haar suster versorg haar. rok

Die diens is gevolg en ja – hulle is getroud. En ek het elke oomblik van die koninklike troue geniet. Ander het dit dalk vervelig gevind maar daar was die soos ek – wat regtig hier in my eie huisie in Suid Afrika lekker troue gehou het saam die res van die wêreld wat deel van die dag wou wees. Sê weer : Deel van die geskiedenis !

Prins William sit die ring aan Kate se vinger voordat sy Haar Hoogheid sal heet.

Hulle is amptelik getroud en sy is amptelik Haar Hoogheid met die mooiste glimlag onder die Londen se son.

 

En toe natuurlik die soen op die balkon en om alles te “kroon” die tweede ene.! En die massa mesnse wat daar gestaan het… ha ha – ja wat is die kans dat soveel mense vir een van ons troues hier in SA sal opdaag – skraal ne.!


Die Soen waarvoor Miljoene gewag het.


Op die balkon…

Hier is ‘n handjie vol te sien wat daar was vir die groot groot dag

En almal wou graag ‘n foto hê om te wys hulle was DAAR…

En so terwyl die troue sy laaste oomblikke met ons gedeel het sit ek en wonder  - kon die bruidspaar nie maar bietjie meer interaksie met die mense gehad het nie. Dalk hier en daar ‘n hand geskud het langs die heining nie? Dalk ‘n entjie gestap het terug paleis toe dat daar ‘n foto van naby vir die was wat nagte voor die tyd al daar gaan slap het nie? Dan besef ek – nee hulle kon nie. Dis juis wat dit die Koninklike troue gemaak het ne. En Ouma het nie verniet gesê mense moet asb nie met haar praat nie, sy wil nie gesteur word nie. . .so om oor dit te wonder as dit by haar kom sal seker onrealisties wees of hoe? Ja, dit was ook deel van die reels wat ouma aan die gaste gestuur het – tel verseker vir die Fans ook ne. . . En dan vir so loop skoot – wie sal da nook tog nou met die voet loop, as die koets gereed staan om jou terug te vat né. .


Die koets en die rit terug na die Paleis


‘n mooi oomblik wat die twee deel op die koets oppad terug…Dol gelukkig en hier en daar vergeet om te waai…

Daar was modes, daar was glans en dan was daar styl – soos ek dit verwag het. Wat het ons verwag. Dat “toe nog net Kate” die mode sou kom breek het? Dinge anders sou doen? Daarvoor het Ouma dalk net te veel insae gehad. Maar feit soos ‘n koei wat melk gee – dit was ‘n koninklike gedoente!

Die foto’s wat julle sien – dalk niks nuuts nie – maar ek deel dit tog graag met julle. Net om die gedagte volmaak te maak. Daar was 30 jaar wat verby gegaan het sedert Prinses Diana dit gedoen het. . .hoeveel jaar gaan ons nou wag? Wel – Harry moet ook seker eendag kansel se kant toe staan en ek weet darem nou nie of dit eers oor 30 jaar sal wees nie. . . so ons wag en kyk. En as jy die ene gemis het. . . het jy darem iets om na uit te sien. Ek kan tog nie anders as om te wonder waar was die se meisie nie? Ek het my oë seer gekyk – maar het niks gesien nie. Ja nee glo my ek het niks gemis nie…

Terug in SA is Mei maand besig.! Tobi Jooste gaan by ons kom kuier volgende naweek en dan dieselfde naweek die roosfees met ons eie Legends. Die Overvaal Stereo damestee gaan soos die afgelope Nege jaar iets wees om te onthou hoor. Daar is nog kaartjies beskikbaar vir die van julle wat graag wil gaan. En o ja – Overvaal Stereo se dames stel ook die oggend hulle eie parfuum bekend. Ons dames het nou dalk nie koetse wat ons rond ry nie – maar hulle het wel hulle eie parfuum reeks. Die dames wat die oggend bywoon kry elke een ‘n botteltjie om saam huis toe te vat en dan wonder ons natuurlik wie die dame van die jaar gaan wees. . . kom vind uit. Saterdag 14 Mei – 09:30 AP Kerksaal, Viljoenskroon. Moet dit nie mis nie.Daar word hard aan die dag gewerk en beplan.


Tobi Jooste wat hier in Viljoenskroon gaan kom kuier.


Diep seun met baie baie talent.Kom kuier saam met hom – 14 Mei 2011

En dan groet ek met ‘n stukkie info wat almal sal pas. Maak maar seker van die spaar band agter in die “diekie”.  Jy weet nooit wanneer jy hom gaan nodig kry nie. So het ek Sondag oggend in die Goudstad net na Ses besef – my NUWE band is pap tot op die grond. Dankie tog vir die spaar. Wel dis Johannesburg en sommer met die eerste stop 100 meter verder aan, het die motorhawe daai tyd van die oggend gou my band reg gemaak. Maar kan jy nou dink is jy hier iewers in rondomskrik se wêreld was – wat sou geword het. So maak seker jy staan nie gestrand nie. Toe ek besef die band is pap – het ek met koue sweet die kattebak oop gesluit en gehoop die spaar is hard want – “ek het ook vir ‘n lang ruk nie gekyk nie”… mens wil eers kyk as jy hom nodig het en  dan help ‘n pap band net jou net mooi niks.

Nou ja toe, hier het julle my “skrywe” oor die troue en dan hoop ek ons sien mekaar by een van die feeste en dinge. Hierdie naweek hou Elandshaven aftree oord ook ‘n lekker basaar in Klerksdorp – info oor die radio. Ondersteun hulle gerus.

Saterdag gaan ek gou bietjie klas draf in Gauteng – sal later daaroor kom vertel. So ons gesels dan volgende week.

Van my kant af – Groetnis van huis tot huis en maak reg, die winter is met ons. Maak seker jy word nie siek nie.

Liefde

“ROYAL” groete… ekke. x

 

 

RANDSE SKOU WAS LEKKER

Hallo julle. En so weet ek al weer nie waar om te begin nie. Ja, julle het lanklaas van my gehoor. Of ek is dood siek in die bed of ek werk of ek loop sommer bietjie rond. Wel, - baie dankie vir almal se welwense en beterskap wense. Ek dink ek is nou weer top en aan die gang. So het ek met die siek wees die MARNET susters se bekendsteling gemis. Jammer, julle. Maar ek is seker die nuwe CD gaan goed doen en dankie vir die uitnodiging. Joanette – dankie vir die bel.  Julle is ongelooflik spesiaal vir my. Kyk uit vir hulle nuwe CD en maak hom ook sommer joune.

Hier gaan dit rof. Ons werk en reël en beplan aan alles wat aan die gebeur is. Ek is die jaar weer in beheer van die Roosfees op Stilfontein. Elke jaar is dit maar naels kou. Maar ek dink met die kunstenaars wat kom saam kuier en die groot prêtpark vir die kinders gaan dit ’n lekker fees wees. En die vermaak gaan ook lekker wees. Sien julle weg oop om deel van die fees te wees wat dan 13 en 14 Mei in Stilfontein gaan wees. Ek belowe die vermaak gaan lekker wees en almal sal dit kan geniet. Overvaal Stereo se damestee is 14 Mei in Viljoenskroon en Tobi Jooste kom die oggend saam ons kuier – dames, sien julle daar.

Soms loop ek sommer so vir die lekker rond. En dit is nodig. Die lewe gaan oor werk, bestaan en kop bo water hou en in elke werk gaan dit maar so. Maar ons kan ook darem so nou en dan net die iets anders gaan doen nè . Ek was by die eerste dag van die Randse Skou in Johannesburg gewees. Ek deel so stukkie met julle en sit sommer ’n foto of drie by vir julle.

Op pad na die skou stop ek sommer gou by soccer City en neem ’n foto daar. Ons kon wel nie in gaan nie, maar ek het die stadion van buite af geneem. Sjoe, - dis groot! BAFANA-BAFANA se bus was daar ek neem aan hulle het seker geoefen of iets. Kyk na die foto dan sal julle wat nog nie daar was nie sien wat ek bedoel. Ek sal graag binne eendag ’n draai wil maak. 

Johannesburg se strate is besig – hier en daar is ’n verkeerslig buite werking. Maar tog vloei die verkeer. Die weer is gruis en grou, wind het nie genade met ons nie maar tog durf ons die fees terein aan. Die toegang werk so R75 per persoon uit en toe is ons in. So was daar baie om te sien en die sale was lekker vol. Die uitstallers het iets van alles. Dis dag een en mens merk die mense daag nog op. Jy weet nie waar om te kyk nie. Die vermaak was vir dag een nie wat ek verwag het nie – maar dit was immers dag een. So loop ons en kyk en luister. In van die sale word lesings gegee en mense sit en luister na al die demostrasies. En ander loop sommer net lekker aan ’n roomys in die koue weer en eet. Ek het lekker gekuier tussen die tuin ornamente. Ek hou van tuin maak en was verbaas dat dit so goedkoop is invergelyking met wat ons hier in die platteland betaal.

Die hanswors vang my oog. Ek staan bietjie stil en kyk hoe hy die kinders vermaak. Ek wens sommer net so daar op die plek – “EK WAS NOG ’n KIND”. Maar nou ja ons is nou groot nè en moet dit so aanvaar. Maar tog is dit lekker om in die lekker te deel van die hartjies bly maak. Verder loop ons en kyk na wat te koop aangebied word. Skielik begin dit harder reën , tyd om te gaan. En dis koud in die moederstad. Op pad uit merk ek die prêt park is besig en die mense gil behoorlik van lekker kry. Ek neem so in die reën gou ’n paar foto’s om met julle te kom deel. Wat is ’n skou nou sonder ’n lekker prêt park? Dit is net nie een as daar nie een is nie. So op pad uit wonder ek hard op... waar is die spook asem? En by die hek staan die man en verkoop die kleurvolle sakkies – gevul daarmee waarmee ons groot geword het. EN ek besef. Die rand se Skou het alles wat ’n skou ’n skou moet maak. Die skou strek oor 11 dae. So dalk kan julle die naweek dalk nog gaan inloer. Ek het ure tussen die mooi meubels wat almal se asems weg geslaan het spandeer. Ek het foto’s geneem so vêr ek kon. Sjoe, - daar is meubels hoor. Kyk gerus na die foto’s – dit spreek vanself!

Tot ons weer gesels. Kyk mooi na julle self en  maak seker julle doen daai dinge wat julle nie altyd doen nie. Bederf jouself. Dis nodig. Vrede  vir julle en dankie vir die kom saam lees die week. Julle is natuurlik super spesiaal.

Ekke. 

Nou ja toe. Dit is die fotobeeld van die Rand se skou 2010 wat die laaitie vir julle saam gebring het. Sommer ’n lekker een die week. Hoop julle het dit geniet. Ons maak weer so. x

(DRUK HIER VIR FOTOS)
_______________________

Tristan se konsert

Hallo julle. Wel, ek moet jammer sê...die gedagtes is laat. En dit in hoofletters. Dit was maar rof hier aan die laaitie se kant. Maar hier is twee weke se gedagtes vir julle. Soms word dit getik – maar kom nie by die proeflees en webmeester uit nie en voor mens jou kom kry is jy so agter dis net nie waar nie. En dan laat weet die Facebook vriende – hulle wag! Dankie, julle ouens. En dankie dat julle week vir week kom kuier op het jy gehoor. Soos dit is verloor elke “storie” in die geval gedagtes sy Magic as ek nie dadelik kom vertel nie maar ek gaan tog met julle die Baba Tristian konsert deel. Ek was genooi en ons was daar.

Die Saterdag is ek eers Relay 4 life toe in Potchefstroom. Baie dankie aan Suzette wat jaarliks nooi. Relay 4 life is iets wat jy moet mee maak om dit te verstaan. Ek dink diep binne jou moet daar iets opgesluit wees wat net jy en jy alleen kan verstaan. Jy moet dit voel sonder om dit te sien. Die is ’n geleentheid deur Kansa aangebied. Die hele lopie is om fondse in te samel vir kansa en natuurlik vir die wonderlike werk wat hulle doen. So gaan mens na so ’n geleentheid en so onthou jy jou geliefdes wat jy verloor het aan kanker as een van hulle dan nie deel van die oorwinnaars is nie. Eers is dit die spanne wat reg rondom die baan regmaak en hulle “stalletjies” opslaan en dan natuurlik die duisende sakkies met ’n boodsakppie op wat reg rondom die baan gepak word. Elke sakkie met ’n kersie in. Later die aand sorg die sakkies vir die mooiste gesig jaarliks!. Dan word die baan geopen met ’n stap deur die oorwinnaars. En hier word elke hart snaar geroer. Vooraf stap die doedelsak... en geen mens wat gevul is met normale emosies kan daar staan sonder dat ’n knop in jou keel deel word van jou oomblik nie. 

So met die doedelsak wat speel dink ek vêr ... my Pa! Bykans 11 jaar terug het die doedelsakspeler voor sy kis geloop – graf toe na hy die stryd teen kanker verloor het. Jou gedagtes oorweldig jou op die plek en jy mis hulle. Terwyl die mense vir die oorwinnaars hande klap en toejuig dink ek verder terwyl ek luister hoe die doedelsak al om die baan ween – 11 jaar later het daar ook in die Klerksdorp begrafplaas ’n doedelsak voor geloop, na dieselfde graf, die keer met my ma wat volg. My gemoed word sommer net swaarder en ek besef – ons sal hulle werklik altyd onthou. En opnuut besef ek, ons bly wakker want kanker slaap nooit nie. Ek het kans gehad om toe ook so gou ’n paar pryse uit te deel en ’n draai of twee om die baan te stap voor ek moes ry Pretoria toe. Ek sal nie gou vergeet hoe Suzette so tussen die trane deur vir die oorwinnaars hande geklap het en die trane weg gevee het nie. Geluk met julle sukses weereens Suzette. So deur die loop van die aand is daar dan ook vermaak op die verhoog en die mense loop vir dit wat binne hulle is.

Die volgende dag is ons Liedjieboer toe. En sjoe  wat ‘n konsert was dit nie. Ek kom by die hek in gery en bekyk die stil parkeerterein. En soos dit seker maar is wonder ek... gaan alles verloop soos almal hoop dit gaan? Hester Ginsberg het in beheer van die dag gestaan. En so het ek saam haar op ’n sukses gehoop. Baba Tristan – brein kanker. Twee jaar oud. Wel, die mense van Liedjieboer is ongelooflik vriendelik en jy weet gou-gou waar jy moet wees. Die eienaar ken sy storie. En uit een enkele konsert leer ek so baie! Agter die verhoog is alles in plek en die kunstenaars kom aan. Vir die dag was daar 22. Hester is gemaklik en jy kan sien sy is reg vir die dag. Sy stel my voor aan die knapie en sy ouers en vir ’n oomblik herleef ek die Ons sing vir jou Marco konsert wat in Klerksdorp gehou is. Dis tyd om Tristan se ma kans op die verhoog te gee om vir die mense meer oor Tristan en sy siekte te vertel. Emosie oorweldig haar – en ons kondig die volgende kunstenaar aan. Tristan wil nie regtig op die verhoog nie, die mannetjie huil luidkeels. Maar almal verstaan. Agter die verhoog terwyl die kunstenaar op die verhoog is, sit sy mamma hartstogtelik en huil. Ek staan stil na haar en kyk en besef... eintlik verdien geen Ma dit nie. Ek vat vir haar bietjie koeldrank, druk haar styf en weet God sal krag gee waar daar nie is nie. Ek het in my stilte net daar en dan die Here gevra om hulle styf vas te hou en oor te neem. Ek het diep in my hart geweet God sal die dag seën. 

Die kunstenaars het een na die ander ogedaag. En sjoe – die klank! WOW. Ek dink ons kan baie leer van die Liedjieboer se mense hoor. So  kom se Ursula en Ruan de Waal hallo, Cordelia Potgieter noem maar op. Pricilla lyk te mooi in haar kolletjies rok en die hele konsert vloei. Soos ek van die verhoog af sien is die saal lekker vol , mense lekker gesellig! Steeds weet jy nie hoeveel geld daar teen daai tyd in gesamel is nie en ja ons hoop maar almal dis om die beste. So tussen die musiek deur en verskuif van die program kuier mens altyd lekker saam met die kunstenaars. Hulle gesels, vertel en gaan net groot. Lance se Line Dancers staan ook nader. En ek verkyk my aan die dissipline. Die afrigter weet wat sy doen en wat sy soek. En toe ek hulle aankondig loer ek ook maar so agter die gordyn verby – die mense love hulle net. Ek kan ook net noem dat Ursula my verstom het met haar weergawe van  Simply the Best ’n liedjie van Tina Turner. 

MD Greyling was net so fantasties! En hier maak ek toe kennis met die man se bae talente. Geen fieterjasies agter die verhoog nie en op die verhoog mag hy maar. Hy sorg sommer vir die Humor agter die verhoog ook. En toe die verassing – Pieter Smit is ook daar, hy gaan saam M.D. “jam”. Ek staan en luister na Pieter en verstaan so sonder om hom te sien hoekom dit vir hom werk. Hy is natuurlik. Hy sing lekker en Liedjieboer geniet elke noot wat hy sing en elke klank uit die klawerbord wat onder M.D. se hande deurloop. Hulle werk goed saam besluit ek op die plek.

So tussen die musiek deur kry ek en Ralph die kans om hallo te sê en hy het van tyd tot tyd kom inloer agter die verhoog om seker te maak almal is gemaklik en dat die program op tyd verloop. Die man is toe net so gemaklik. Ons luisteraars weet natuurlik goed van oë van my Kind en Over and Over. Sy twee meisiekinders was ook daar en het ’n liedjie saam hulle pa gesing.

Opkomende kunstenaars was daar ook – en dis lekker om met die outjies kennis te maak en met hulle talent natuurlik. Jakkie Louw het opgedaag en het gesit en regmaak vir sy slot. Dit is dieselfde Sondag wat ons verneem het die man gaan Pa word! Soos hy gese het, twee weke terug verloof, trou oor twee maande en baba Louw kom iewers in September. Was lekker om die man op die verhoog te verwelkom en die mense het hom ontvang soos ons nogal verwag het – LUIDKEELS. Met sy bekfluitjie en kitaar het Jakkie sy alles gegee. Hy was ook die hele naweek betrokke met kansa geleenthede. Ek was verstom om te sien hoeveel van ons kunstenaars eintlik KANSA onderteun. Sy liedjie een miljoen woorde was beslis gepas vir die geleentheid.   Dankie, julle. Henri Alant was ook deel van die program. En soos ons vir Henri ken, alles! Hy het gesing omdat dit is wat hy werklik wil doen. En ja, hier en daar ’n draai op die tafel gegooi nè . Neem my op vlerke – hy vertolk dit briljant. En sjarme is nou maar deel van die mannetjie se vertoning. Hy gaan nog baie baie vêr kom in die SA musiekbedryf. Ons het ook sommer lekker gesit en gesels voor sy optrede.

 Elke kunstenaar wat deel van die dag was – dankie aan julle ook. Dit was met vreugde wat Hester aangekondig het – bykans R22 000 is ingesamel vir Baba Tristan se mediese onkoste. Dit is ongelooflik! En toe natuurlik die afsluiting. Pricilla, Pieter en M.D.  met  Glory Hallelujah.   Die hele Liedjieboer wat agter in die saal by mekaar gaan staan en die drie kunstenaars wat die liedjie sing met alles binne hulle. Ek kyk na Tristan se gesin, ek sien hoe sy Ma huil uit haar hart uit en ek besef – welgedaan! Pieter wuif ons nader om by hulle aan te sluit op die verhoog maar ek het nie – ek het daardie oomblik gevat om stil in myself te raak. Om te deel in wat hulle doen en om te deel in die gawe van Gesond wees. Die drie kustenaars het ons werklik stil gesing!.

 Buite by die kar het Hester toe ons groet breed geglimlag. Met rede. Baie geluk ook aan haar. En dankie dat ons deel van die dag kon wees Hester. Jy het ’n reuse  verskil gemaak. Ek het die 14de Maart ’n SMS gekry van Hester wat Tristan se pa aan haar gestuur het – daar is goeie vordering. Klink my die dokters is tevrede. Ek wil ’n oproep doen – dat ons vir die familie sal aanhou bid. Soos ons inligting kry oor Tristan sal ons julle kom vertel. Baie dankie aan elke een wat deel was van die dag en die groot sukses daaragter.

En so kort is dit wat ek van die naweek kan vertel. Op pad terug het ek met vrede in my hart die langpad huis toe gevat en was ek opnuut dankbaar dat ek gesond is. Ons kla te maklik. Ons het baie om voor dankbaar te wees.

 Geniet die foto’s . Kyk na julle self en onthou die Overvaal Streek Mannekamp die naweek (18 – 20 Maart 2011). Ons sal weer kom vertel. En lees ook gerus onder van Willie en Natasha Joubert se bekendstelling...

Só het ons verlede week die dubbele bekendstelling van Willie en Natasha Joubert se CD’s bygewoon by die Encore teater in Pretoria. Wel, ek en die seremonimeester verskil steeds – hy sê Viljoenskroon  is net so oor die 300 km heen en weer , my voertuig se klok sê 400 – maar hoe ook al ons is hier weg om ons eie Daisy en haar man te gaan ondersteun. In totaal drie voertuie op die pad wat Overvaal Stereo 96.1 fm gaan verteenwoordig by dié geleentheid. Dink dit op sigself spreek van hoe ons oor die sangpaar voel nè? Ek kom ’n langpad saam Tash en Willie, maar het meer saam haar in die tyd gewerk as saam met Willie. Ek het al so idee wat sy op die verhoog doen.

Ons het gearriveer en met die intrapslag was dit een groot vriendelikheid wees. Martin Lane verwelkom ons so muldelik dat ek skoon bloos. Die man is seker een van die vriendelikste kunstenaars wat ek nog in die ses jaar teë gekom het.Dankie baie Martin. ’n Jong klomp wat gereeld saampraat op Facebook het kom hallo sê – as ek reg verstaan is dit opkomende kunstenaars. Daar was heelwat media, vriende en familie en Select musiek se mense was ook almal daar.

So tussen die gaste het ek nie vir Tash gesien nie – sy was seker besig om reg te kry vir die vertoning. Daantjie Dinamiet (Bardenhorst) staan nader en stel sy vroutjie en die kinders aan ons voor waarop die aankondiging volg,  ons moet asb. nader staan. Ons het ons sit plekke gaan inneem in die teater en toe het die aand begin. Die seremonimeester het almal verwelkom en met al die normale dankie’s. En toe het hy die Daisy aan die woord gesit en Natasha het met ’n mooi rooi rok op die verhoog verskyn – nog ’n skepping van Werner Dey wat ook van Parys is en wat al haar mooi klere maak.  Sy het haar hart uit gesing en later het sy vir Willie genooi om by haar aan te sluit toe hulle ’n duet gedoen het. Mens merk dadelik hoe gemaklik sy raak as manlief saam haar op die verhoog is. Ek het vir ’n oomblik aan Rudi en Corlea gedink toe ek na die twee se passie op die verhoog kyk, die manier hoe Willie Natasha se hand vat, agter haar gaan staan en saggies aan haar streel – al verskil is, die is werklik en nie toneelspeel nie. Dit is ook toe Willie met ons deel – Natasha is Drie maande swanger en dis eers toe dat mens let Natasha se magie is ietwat groter nè. Ja, hulle gaan ouers word! En sommer daar op die plek het ek besef – hulle gaan model ouers wees. Baie geluk met die swangerskap.

Natasha het verder gesing en dit is toe tyd vir die breuk. So tussen die kuier deur merk ek op die bekende name wat in hulle bekendstelling deel, Kurt Darren, Helene Bester, Martin Lane, David Fourie, André van Romanz om enkeles te noem. So  om die kos tafel het Willie elke gas self welkom geheet en met almal ’n woordjie probeer inkry. Dis ook hier waar Martin hom gekomplimenteer het met sy Gebede wat treffend is. Ek dink as Martin Lane jou komplimenteer kan jy dit maar ter harte neem hoor. David het ook heel onverwags hallo kom sê. Hy lyk goed, gesond en is lekker besig as ek reg verstaan. So tussen al die geselsies deur kon ek ook vinnig hallo sê vir Andrew James. Soos ek vir hom gesê het, hy word net jonger en jonger – elke keer as ek hom sien, dink dis tyd dat hy sy resep met ons deel. Andrew is een van die goeie vriende van Overvaal Stereo en met die man is dit wat jy sien, is dit wat jy kry, daarom die spesiale plekkie in my hart. Die kunstenaars moet hom waardeer!

Terug in die teater was dit Willie se beurt. Vandat hy op die verhoog gekom het tot dit klaar was, was ons vasgevang daarin wat hy doen. Ek het hom nog nooit in aksie gesien nie. Ek het wel al baie vir Tash gesien optree en die voorreg gehad om saam haar te werk maar dit was ’n eerste vir my: Willie Joubert in konsert. Die man het net ’n “Stage Personality” wat skrik vir niks op die verhoog. Ek kyk na die applause wat Martin omhoog gee na elke liedjie en ek let op hoe lank die applous aan hou na die liedjies. Ek kyk na die tevrede gesig van Kosie van Niekierk wat reg voor ons sit wanneer Willie die hoë note vat en die mense sommer dadelik begin hande klap – en ek besef, ek het nogal baie gemis! Ek sê dit nie sommer nie maar hy is een van die min waarvoor ek sal betaal om te gaan sien. Hy doen dit al 20 jaar. En verseker dink ek is Willie Joubert tans op sy beste. Die manier hoe hy grapies vertel – wat steeds pas by wat hy doen en die skaterlag van die gehoor verduidelik vir jou meer. Ek let op mikrofoon tegniek, hoe hy die mense aanpsoor om saam te sing, hande te klap en dit werk.!

Later het hy vir Natasha op geroep – met nog ’n skepping, die keer swart en wit. Hulle het weer saam gesing. Hulle stemme vul mekaar aan. Hulle is uniek saam op die verhoog. En toe daarna gebeur dit wat mens nie by jou bekendstelling van alle plekke sal wil verwag nie. Willie gaan sit op ’n stoel en begin vertel... soos hy praat kan jy hoor die liedjie dra ’n sterk boodskap, die een moet dalk die een wees wat die hele gehoor aan die dink moet sit en hy begin sing... hoe sê mens jy’s  jammer, jy hoor hy gee alles, jy sien die en ja jy voel dit en skielik is dit pik donker... die krag het uitgeskop. Hoe hanteer mens so iets? Hou op sing, sluk eerder die mikrofoon in, raak in die donker weg – ja , dis wat ons dink maar Willie Joubert hou aan sing in daardie donker sonder musiek, sonder ’n mikrofoon. Acapello.  Jy hoor hy staan op van die stoel af want jy kan hoor hoe harder hy projekteur – weet hy regtig waar hy is met die liriek – wie sal weet , maar hy hou net aan. Jy kan ’n speld in die stik donker hoor val met net die puik stem wat voortsing. Toe die ligte aangaan is die “vers” klaar en glo my, die mense se applause het alles vertel. Hier waar ek sit en tik dink ek weer aan daardie oomblik waar Willie Joubert gewys het wat is ’n kunstenaar. Hy het ietwat ongemaklik gestaan , solank het die applause aangehou... die mense het besef – Hy mag maar! Ek het na die tyd die stelling gemaak – dit noem mense, “making magic”. En van die mense om my het saam gestem. Dit is wat Willie met die uitskop van die krag vermag het – Magic! Puik, welgedaan, ongelooflik, profesioneel, onbeskryflik so kan ek aanhou.

Ek dink DAISY en EK WIL JUBEL gaan net so goed doen soos al die vorige albums. Ek dink hulle gaan baie meer as 200 vertnings in die jaar doen en hulle gaan baie meer mense se lewens aan raak met die musiek. So met die uitloop slag maak iemand die opmerking: “As Willie sy eie kerk begin, sal ek daar aansluit” en ek besef – in die kol. Ja, al die goed wat ek hierbo genoem het in werking. Hy is by die Overvaal Streek Mannekamp . Woon dit by en ervaar Willie Joubert, dis al wat ek kan sê , jy moet dit ervaar om die man se talent te waardeer. Baie dankie vir die nooi julle. Soos almal weet is die sangpaar deel van die Overvaal Stereo familie en dit het die ondersteuning van ons kant af weer getuig. Ons was drie voertuie wat afgesit het Pretoria toe om ons steun aan hulle toe te sê .

Dis kortliks die gedagte die week. Die naweek is ek Mc by Liedjieboer in Pretoria t.b.v. Tristian. Sondag kan julle daar gaan inloer en die projek ondersteun. Meer info op fb en natuurlik van die webtuiste www.tristanagainstcancer.com.  Dit is wonderlik om deel van die projek te wees en ek sal volgende week vir julle kom vertel. Kom ons ondersteun die mannetjie. Regte ding om te doen.

Baie Liefde en seën vir julle tot volgende week selfde plek, selfde tyd.

Ekke. X

 

______________________________________________________

HIERDIE ENE WAS WÉÉR ‘N WEGHOLSUKSES

1070 kilometers – vir die naweek, slaan my kar se klok toe ek by my hek indraai. Poot uit, gedaan! Naboomspruit was vêr en die pad lank. Ek moet net vir die rekord se – 200 km hiervan was my “eie” draai, Polokwane toe nadat ek vir die Naboomspruit bordjie gewag het en Mr. GPS nie regtig saam gewerk het nie. Nie temin – ons was daar! Kurt het verjaar en vir die tweede jaar is ons na die Inniebosveldfees. En wat ’n inspuiting was dit nie weereens vir die ekonomie nie! Geluk Kurt.

So het ons nou alreeds baie van die tipe onderhoude gaan haal onder andere, Huisgenoot Tempo Toekennings 2010, Hoop vir Haiti Konsert, Oppiplaas fees 2010, Ons Plasiefees 2010 en ook InnibosveldFees 2010 om net ‘n paar te noem -  noem dit en ons was daar en het die onderhoude opgeneem en saamgebring Vrystaat toe. En dit doen ons om twee redes. Een – daar is die luisteraars wat werklik nie geld het om na so ’n fees saam te trek nie en ons bring die info na hulle toe op hierdie manier. En glo my hulle geniet elke oomblik daarvan en dan tweedens – van die groot name kan net nie meer 100de kilometers ry om by die gemeenskaps radiostasies uit te kom nie en met die “ons vat radio na die kunstenaar toe” gee ons vir hulle die kans om ook dan so met hulle ondersteuners in “kontak” te bly en om hulle op hoogte te hou. Sien dit dan ook in die lig van bemarking vir die kunstenaar en/of groep. In die ses jaar van uitsaai het ek al van Huisgenoot Tempo’s tot by Oppieplaas fees se onderhoude gedoen en gaan haal. Vanaf agter die verhoog deel ons met die luisteraars dit wat die kunstenaars met hulle wil deel. Ek het ophou tel hoeveel keer ons dit al gaan doen het.   Soms in moeilike omstandighede – maar altyd met ’n glimlag en met ’n lekkerte wat ons dit doen. En ek kan met trots sê dat daar nie regtig nie ’n naam in die bedryf is waarmee ons nog nie sulke onderhoude gedoen het nie. Altyd lekker om met hulle te gesels en WERKLIK verbasend om te sien wie van die kunstenaars tyd afstaan om gou met volk en vaderland hulle doen en later kom deel. So leer ons natuurlik ook baie. Ons doen dit op ’n daaglikse basis en mens is dit teen nou al gewoond maar ons herrinner onself gereeld dis ’n voorreg om die tipe dinge te kan doen. Dankie, aan die kunstenaars wat ons keer op keer besoek het en net lekker saam gesels het.

Terug by die fees: Ek het nou omtrent vir jou ’n ding en ’n half ontlok op my Facebook blad – en mense wou net die sappige detail oor die kuier op die plaas hê , selfs was daar van die wat my ge inbox het en gevra het wie en wat was net in die onderbroek in die swembad en so kan ek aangaan met al die vrae wat gevolg het. Ignaz se beleid is – soos dit behoort te wees, wat in daardie VIP tente gebeur, gesê of aangevang word, die bly net daar. Dit is lekker om met die onderhoude terug te kom, dit met julle te kom deel – maar ons kunstenaars se privaatheid word ten alle tye beskerm – ook omdat ons die bedryf en sy sny kante ken. So nee – daar is geen info wat daar nie moet wees nie, skuus julle – dis maar ek daardie. Maar hier volg die fees uit my oogpunt en natuurlik wat ek myself toelaat om te deel.

 Ons het Naboomspruit skuins na middernag binnegekom en het by die vriendelike mense van Africa’s Eden gastehuis aangesluit. Baie dankie aan Santie en haar wen span wat vir ons reg gestaan het en sommer die hele naweek na ons gekyk het. Ek gee info later oor die gastehuis – besoek hulle gerus!

Die Saterdag oggend is ons vroeg op en het besluit om sommer so op pad na die plaas te stop vir koffie by die Wimpy op die dorp en dis toe dat ek besef – die fees is wonderlik vir die ekonomie van Naboomspruit. Ons moes wag vir ’n tafel en die mense was orals. Die dorp het geleef en ek het gewag vir my tafel sonder om te kla of om “nors” te raak want sien dis WOW , dit wat die fees vermag. Binne die Wimpy was daar nie plek vir ’n  muis nie en die bestuur en kelners het regtig rond gespring om die besoekers van oral om te bedien en gelukkig te hou. Deur die venster sien ek hoe mense van die plaaslike bevolking hulle handgemaakte items verkoop aan die besoekers van reg oor die land en ek glimlag breed... ek besef – almal trek tog voordeel uit die fees uit nè ?

Ek is op pad plaas toe na my koffie en in vergelyking met verlede jaar het ons die pad maklik gekry, baie meer borde wat wys, draai links , draai regs. By die hek het die span op ons gewag en ons toegangskaartjie vir ons gegee. Alles gebeur vinnig – dit het ook verbeter in vergelyking met ’n jaar gelede. By die VIP area het die vriendelike Sandra Jacobs en haar span op ons gewag. Ek wil sommer vir hulle ook dankie sê vir die deel wees van die fees. Hulle werk hard en om almal gelukkig te hou kan ook mos nou nie maklik wees nie. Hier het ons ook kennis met Pippa gemaak. Wat ’n lekker ervaring! Pippa het verseker tyd gemaak om hallo te kom sê en ons het sommer lank en lekker met haar gesels. Dankie, vir die inloer Pippa – kort meer mense soos jy. En ja – dat ek dit sê , hulle mag maar! Hierdie selfde mense hanteer ook die innibosveld fees op Nelspruit   - julle kan gerus daar ook ’n draai gaan maak, ek dink hulle sal seker maak julle geniet die fees en sal verseker soos elke jaar een van die bestes aanbied. Sandra op die foon, die navraag, daai krisis, ek kort ’n kaart, waar is my rooi kaart en hulle hou kop – baie baie  geluk julle hoor.

Ek sit en wag op die kunstenaars om by ons te kom aansluit vir die onderhoude en so kom die Kaptein homself uit sy huis waar die VIP area gelee is en met ’n elektriese heining toegemaak is uit tot op die stoep. Hy glimlag breed, met rede... dit is immers sy verjaarsdag! En dan natuurlik dag twee van sy eie fees. Mense staan aan die ander kant van die Heining – hulle loer, hulle roep en hulle waai vir die sterre aan die ander kant. Ek merk baie VIP’S in die area en wonder steeds hoe dit bepaal is. Maar wat my opval is die volgende:  ’n Dame met ’n groepie kinders staan hoopvol aan die anderkant van die heining en wink vir Kurt nader met die hand. Die sekuriteit staan ook nou nader want hulle het ook seker maar instruksies wat gevolg moet word en toe – Kurt stap oor die grasperk – en staan vir hulle vir ’n foto , praat ’n rukkie met hulle voor die mense.   In ekstase draf hulle onder toe om vir hulle vriende die foto te gaan wys en van die geselsie met die Kaptein te vertel. So , daar waar ek sit dink ek by myself. Punte vir jou Kurt Darren – jy het daardie mense se dag gemaak! Jy het eintlik ’n groot verskil gemaak. Daardie kindergesiggies toe hy nader stap sal ek vir lank onthou! Die kaptein het tussen die VIP kuier area en die VIP losie gependel en was gereeld te sien bo by die huis. Hy het werklik probeer orals wees. Mooi so kurt, al vat dit soms baie!

Mense het gekom en gegaan – soms was dit oorval en dan weer rustig, die kunstenaars het ingekom, uitgegaan en van hulle het sommer baie tyd bo by die Vip area spandeer. Kurt se broer, Darren was weer in beheer van die kos en sy familie was ook teenwoordig. Ek sien sy Pa, sy stiefma en ook meeste van sy broers (hulle is nege kinders). By sy swembad het die kinders baljaar en later het van die gaste en kunstenaars by hulle aangesluit. En mens het sommer die lekker in die lug gevoel hang. So nou en dan ’n helikopter wat die fees vanuit die lug dop hou!

Dunay het kom hallo sê en sommer so vinnig ’n onderhoud met ons gehad. Baie aangenaam het ek toe met Mev. Darren gesels. Sy is ook altyd net vriendelik. Sy was ook in beheer van die model kompetisie en as ek reg gehoor het, was  Thys Die bosveldklong saam haar op die verhoog. Dis maar ’n afstand van waar ons was tot by die verhoog – maar ons het darem ook  genoeg skerms gehad om ook bo te sien wat onder gebeur.

Lianie May het kom hallo sê en ons het sommer so regstreeks op die lug met haar gesels. En was dit prêt gewees! Jay het toe ook by ons aangesluit en saamgepraat. Dit was natuurlik een van die lekkerste onderhoude vanaf die plaas. Ek het lekker met Jay gesels en so van die lug af het hy ook gesorg vir lekker sport. Hy is toe heeltemal die teenoorgestelde van wat ek verwag het – vriendelik, spontaan en een van daardie mense wat jy sommer dadelik van hou. Pieter Koen het so in die verbystap met sy vroutjie Lottie gewaai. Dis ook soos by elke fees en saamtrek lekker om hom te sien. Dis vanselfsprekend dat dit gewemel het van die bekendes en gewildes op die plaas. Ek het ook lekker met Liza Brönner gesels en die onderhoud saam met haar sal dan Maandag (21 – 02 – 2011 ) op die lug uitgaan. Arno Jordaan se Pa – ook alombekend in die musiekbedryf was nou ’n eerste vir my. Oom Paula soos ek hom leer ken het, het naderhand die manne nader gesleep vir die onderhoude – baie van hulle was onder by die losie besig om reg te maak vir hulle optredes. Baie dankie Oom. Hoe sou die jongmense van vandag sê – Jy rock!

Met so fees is daar soveel mense wat help bou aan die sukses en vir hulle wil ek sê  - geluk julle en dankie vir die harde werk. En ook vir die outjies wat ons bedien het, skoon gehou het – julle doen net so groot werk al sien ons dit nie altyd raak nie. Julle maak net so groot deel van die sukses uit hoor.

Die fees was ’n groot en ’n sukses. Baie geluk aan almal. Maak seker jy is volgende jaar deel van die sukses. Dis die moeitewerd om te gaan, glo my my tweede keer daar gewees. En dan wil ek ook net sê , Steve Hofmyer het uit sy hart gepraat vanaf daardie reuse verhoog. Hy het my nogal aan die dink gesit. En geluk ook aan die man met die insameling die vrydag insamewerking met OFM. Dankie, vir wat jy doen Steve.

Select Musiek is soos altyd net ons vriende en ook ’n woord van dank aan elke een van hulle. Kosie, Wendy en natuurlik Andrew James. Saterdag aand het ons sommer net so vinnig om die tafel gesit en gesels oor die fees, Select, die kunstenaars en natuurlik hoe hy sy werk geniet. Dankie, Andrew dat jy altyd reg is om hallo te sê  en om soms bietjie stil te staan om te gesels. Ons het waardering vir jou. Stuur liefde groete daar in die gange van Select. Die kunstenaars wat saam julle werk – is ongelooflik bevoorreg , dis al wat ek kan sê.

Ons hou die toekoms dop en sien of ons die volgende fees dek.  As alles in plek is maak ons so – en ons sal julle wel hier en op Facebook dan op hoogte hou.

Dit is vir my hartseer: Eers is daar “gegossip” oor hulle groot sukses – die vol sale, die mooi van die vermaak en dan ook oor die sukses nè . Nou word daar gegossip oor , die een sit daar, die ander een daar in dieselfde losie. Die “magic” wat nie meer teenwoordig is op die verhoog nie en die feit dat hulle niks meer vir mekaar te sê het voor hulle op die verhoog stap nie. Dis so sad vir my. Ons Lieflinge – Rudi Clase en Corlea Botha. Ek sit so bymyself en wonder oor die aand by Huisgenoot Tempo Toekenings 2010 voor hulle op die verhoog gestap het waar hulle mekaar omhels het agter die verhoog... ek onthou die een wees en wonder of daar nie maar dalk net ’n kans is dat dit kan reg kom nie. Of dalk is dit maar net wat ek vir die lieflinge in my hart voor wens, siende ek werklik waar dink, dit het vir Suid-Afrika gewerk! En dan dink ek, ek praat namens vele ander Suid-Afrikaners. As ek na die media kyk, weet ek nie wat om verder te sê nie en dalk wil ek ook niks verder sê nie. Dit is Ignaz nè . Maar ons kyk en hou die toekoms dop – dalk is dit die einde van die lieflinge maar hulle sal verseker vir baie jare nog die lieflinge van Suid-Afrika bly. Ek bid uit die diepte van my hart vir al twee van hulle. Hulle was net altyd vriendelik, gaaf en ordentlik met my en dit kan ek ook van hulle bestuur sê. Dit is nie my plek, werk of “being” om iets anders te doen nie. Sterkte vir almal betrokke!

Ons het dan ook met hartseer verneem van Lucas Maree se afsterwe – ek wil vra dat ons vir sy geliefdes sal Bid aan hulle sal dink en Lucas sal onthou vir die mens wat hy was. Dis ook tydens die Inniebosveldfees 2011 waar manne soos Mathys Roets en van die ander Kunstenaars ’n huldeblyk aan hom opgedra het  - en dit was een wat die hart geroer het. Rus in vrede Lucas. Jou musiek sal verseker dat jy voortleef in ons harte. Ek het net na een die Saterdag oggend bevestiging gekry van sy afsterwe en het sommer telefonies saam met Hannes daaroor gepraat oor die lug vanaf Naboomspruit waar ek toe nou was. Huldeblyke stroom steeds in. Sterkte aan sy familie en geliefdes.

Dinsdag (22 Februarie 2011) woon ek dan ook die  CD bekendstelling van Willie en Natasha Joubert in Pretoria by. Ek sal dan volgende week vir julle kom vertel daarvan. Ons is net so trots op hulle!. Ons het wel die kuier saam met familie en vriende bygewoon by hulle huis op Parys en het daaroor kom vertel – maar hierdie is die groot bekendstelling van hulle al twee se nuwe CD’s . By voorbaat geluk julle.  Hulle is nou maar net eens en vir altyd deel van die Overvaal Stereo familie.

Ek glo en vertrou julle sal ’n mooi week geniet, kyk na julle self en ons gesels dan weer volgende week, selfde tyd, selfde plek. En onthou jy kan na ons luister by www.overvaalstereo.co.za waar ookal jy is. Afrikaans en trots daarop.

Vir meer inligting oor die inniebos fees besoek hulle webtuiste by www.inniebos.co.za .  Al die info is daar en as jy ’n nommer soek vir die fees bestuur – stuur gerus vir my ’n mail dan stuur ek dit vir julle.

 Geniet die foto’s

Liefde die Laaitie. x
________________________________________________________

Viljoenskroon se gasvryheid

Hallo julle.   En so het nog ’n week by ons verby gegaan. Nou ja en so word dit vir my tyd om vir julle te kom vertel wat ek waargeneem het, ervaar het, opgesom het ensovoorts. Elke week is dit lekker om dit te kom doen. Die week gesels ek oor Viljoenskroon – want ek dink ek doen dit te min.

Die afgelope naweek was dit die groot rugby hier in ons dorp. VILJOENSKROON RUGBY KLUB bied aan Vrystaat Cheetahs teen die Griffons. Wel, die hele omgewing is genooi om in die dag te kom deel en soos dit is, het ek myself nie deel van die aksie gesien nie. Want  - ek gaan nie groot op rugby nie en moet ek eerlik se , sport, is nie vir my nie. Saterdagoggend het ek wakker geword en gewik en geweeg, sal ek of sal ek nie. Ek is immers ’n inwoner van die dorp en ek besluit eers hier teen 2uur die middag ek moet my steun gaan toe sê. Ek het klaargemaak en na die skool se rugby veld gery om te gaan kyk wat daar aangaan en hoe dinge verloop. Die beplaning was: “loer in en gaan huis toe”. Toe ek daar aankom, het ek die baie voertuie gesien en besef – sukses! Ek is by die hek in en maar uit die aard van my werk wou hulle glad nie my R10 toegang by die hek aanvaar nie. Ek is in en hier het ek vir die eerste keer in ses jaar lekker gekuier saam met die mense van Viljoenskroon. Ek het sommer daar by Hannes en Karien gesit waar hulle die musiek vir die dag verskaf het. En een na die ander het die inwoners kom hallo sê en sommer so lekker saam gesels oor die groot sukses van die dag.

Die son was warm en die mense baie! Reg rondom die baan was daar losies ingerig en die mense het gekuier en vir hulle spanne gegil! Ek het self naderhand nader gestaan toe die “Bulletjies” hulle staal op die veld wys net voor die hoofwedstryd. En ek moet sê ek het dit regtig geniet. So tussen die vriendelike hallo’s deur het ek ook so in my stilte vir ons eie dorp se bulletjies duim vas gehou wat toe ook gewen het.   En toe is die twee hoof spanne veld toe.

By die kos stalletjies het die mense saam gedrom vir die koop wat tekoop aangebied is. En ek het ook sommer lekker weg gelê aan ’n regte egte boerewors rol. Maar waaroor ek eintlik wil gesels is die gasvryheid van die klein dorpies. Almal het tyd vir almal en almal gesels graag saam met almal. Na die dag het ek wel verby die plaaslike kroeë gaan ry en gesien die “manne” kuier lekker. Alhoewel ek dit heeltemal gemis het. Dit was net een groot bymekaarkom en ek dink dit was ’n moet vir ons dorp. En as ek gekyk het na hoeveel mense daar was van die dorp het ek sommer geweet – hulle het ook na die dag uitgesien. So in die warm son is daar gekuier sonder ophou en toe is die spel tussen die groot kanonne geniet. Ek merk , die dorp se Landdros is daar, die twee Prokureurs van die dorp en hulle families het ek ook raak gesien en dan natuurlik al die inwoners. Baie lekker om die ondersteuning waar te neem.

Ek merk date en van ons dorp se Aptekers self agter die verkope tafel inskuif en hand bysit. So dit vertel weer dat elke een bereid was om sy/haar deel te bring vir so dag wat net goed vir ’n klein dorpie soos ons sin te bring. Sakemanne was orals te sien en vir elke een wat die dag mee gemaak het – dankie julle. So maak ons sulke dae , sukses dae. Ek sal regtig nie weer twee keer dink om so ’n “saamtrek” van my dorp by te woon nie. En ek wil diesefde gedagtes by julle kweek. Ondersteun jou dorp en dit wat hulle aanbied. Dit is eintlik baie lekker en gaan ook natuurlik oor hoe lekker jy dit vir jouself wil maak. Moet dit nie mis as so iets in jou dorp gebeur nie.

Aan almal wat by die reël van die dag betroke was – dankie ook aan julle. Dankie, aan Gielie Niewoudt wat die dag gereel het, so insamewerking met die res van jou span. Mag die Rugbydag net van krag tot krag gaan. Geluk met julle sukses hoor. En dankie dat ek ook hiervan deel kon wees.

Laas week het ons gepraat oor die jongman van die dorp wat aangerand is. ’n Hartseer storie nè ? Maar hieroor wil ek nie veel sê nie. Ek kan net sê van wat ek laaste verneem het dat hy steeds in ’n koma is en dat die familie Bid. En kom ons bid saam vir hulle. Gerugte het die afgelope week die ronte begin doen dat hy gesterf het, breindood is, erg verniel is ens. Die berigte is nie by my bevestig nie. Ek kan wel bevestig dat hy teen vanaand (Saterdag 12 Februarie 2011) steeds in ’n koma is. Laat my tog toe om te sê ek dink die gereg sal sy gang gaan en dat mens ook aan die ander familie kan dink. Ek het bevestiging gekry dat ’n jongman (Viljoenskroon inwoner) reeds voor die hof verskyn het op aanklag van poging tot moord. Maar as ek reg verstaan het hy borg gekry. Dis al inligting wat ek tot hier vir julle het. “En om beide families te beskerm word daar nie name genoem nie”. Ek dink hulle verdien dit op die stadium.Baie sterkte aan almal van hulle. Gee hulle kans om die hele ding te verwerk is waarvoor ek pleit. Dis ’n moeilike tyd in hulle almal se lewens.

Dan op ’n ligter noot – ek gaan die naweek Naboomspruit toe vir Kurt se fees. En ek is nogal opgewonde! Ek sal sodra moontlik die gedagtes kom tik as ek terug is en die foto’s met julle kom deel. Dis wel weer 812 kilometer van hier af maar ek dink dis die moeite werd. Baie dankie aan Santie van Africas Eden wat seker maak dat ons goeie slaap plek het en wat mooi na ons omsien. Ek sal my beste doen om lekker foto’s vir julle saam te bring. Meer oor sy fees by www.inniebosveld.co.za . As jy dit kan mee maak – doen dit. Dis net so lekker fees. Laas jaar was ongelooflik lekker. Dankie, aan Sandra Prinsloo wat seker maak ons kan die fees meemaak. Ons is reeds opgewonde oor die fees! Gaan loer gerus wie tree die jaar daar op – dis groot en lekker ! Ek hou julle in die week wat kom vêrder op hoogte via Facebook.

Almal wat so graag saam gesels op facebook – dankie julle. Ek kan nie altyd terug gesels nie, maar ek waardeer julle ouens baie.

Tot volgende week, selfde tyd , selfde plek groet ek eers.

Liefde

Die Laaitie. X

___________________________________________

Woede kan jou hele lewe verander in ’n  oogwink

Weer ’n goue kans om vir julle hallo te kom sê en so bietjie met julle te gesels. Ek hoop die week wat verby is was vir julle mooi en vol seën . Aan die “laaitie” sê kant gaan dit maar stil en dieselfde met Ignaz. Ek het verlede jaar September al gesê die jaar wil ek maar net stil, rustig en met myself tyd spandeer. En in die gedagtes van ’n week of drie terug het ek ook vertel – ek is gelukkig waar ek is. So vir eers doen ek die voorneme gestand. Nie baie nuwe dinge wat wag nie. Mens kom op ’n punt waar jy dit net besef en seker ook aanvaar nè ? Ek is wel saam met  die res van die span besig om aan die jaar se Roosfees te beplan wat in Mei maand sal plaasvind in Stilfontein. En sien nogal uit na die kuier daar. Dit val op dieselfde naweek as Overvaal Stereo se spog tee – hoe ek daardie naweek by alles sal uitkom weet ek ook nog nie. Maar ons sal daai brug oorsteek as ons daar kom. Ek sal julle via my webtuiste op hoogte hou inverband hiermee. Ek dink dit gaan lekker wees die jaar – die Legends kom saam ons kuier. Kom loer maar gerus in vir meer Info nader aan tyd nè .

Ek het soveel waardeering dat bykans vier maande na my Moeder se afsterwe dat daar nog mense is wat graag wil weet hoe dit gaan en hoe “ons vorder”. Ek kan net sê – een dag op ’n slag. Maar dit is die mooi van onthou wat my opval in die verband. Vandag nog mense wat via Facebook, SMS’e en e-pos wil hoor hoe dit gaan. Baie dankie julle. Ek is seker ons almal sal saam stem – mens kom nooit oor so iets nie – ons leer maar net om daarmee saam te leef.  Soveel mense wat graag foto’s van haar begrafnis wil sien – wat dit nie mee kon maak nie en hulle vra ook of ek dit nie op my site sal byvoeg nie. Wel, ek het lank daaroor gedink en toe besluit ek is reg om dit met julle te deel. So het ek agtergekom, van die foto’s het weg geraak in die pos en die ander moet ek eers kry wat wel geneem is maar in ’n DVD formaat is – so ek kan dit nie plaas nie. Sodra hulle dit vir my gestuur het  - sal ek van die begrafnis foto’s met julle kom deel. Ek weet my Ma sou ook gese het dis reg – daar is mense wat regtig nie daar kon wees nie. So julle – sodra ek dit het – kom deel ek dit met julle. Nogmaals dankie vir julle belangstelling in die verband hoor!

Wat die vermaak front betref is dinge maar stil. Ek dink ek woon te min funksies by deesdae. Gewoonlik het ek soveel om te kom vertel na die funksies. Ek sal tog werk hiervan maak. As ek wel reg verstaan gaan dit goed met al ons kunstenaars. En is hulle maar besig en aan die gang.

Ek kry gereeld oproepe van opkomende kunstenaars wat graag raad wil hê . En ek wil graag die week die raad met julle ouens via die gedagtes deel. Mens moet nooit ophou droom nie. Dis waar alles begin. En dan is daar soveel van die mense wat in slaggate trap. Hulle neem produkte op by mense wat nie te “duur” is nie. En dis juis waarvoor julle versigtig moet wees. Kyk waar en by wie jy opneem. Let op wat jy opneem. En kyk saam met wie jy werk. Vind bietjie uit – saam met wie het die persoon al gewerk wat jou produk gaan behartig. En maak seker jy volg alle prosedure – ook die registrasie en tantieme. Wie se werk jy opneem ens. Op net iets op te neem – sê nie jy gaan dit maak nie. Dit sê nie jy gaan lugtyd by radio stasies geniet nie. Alles moet in plek wees. En maak seker dis ook in jou geval die geval. So nie mors jy ’n klomp geld. Tree op, al is dit soms verniet – word gesien en maak seker die mense neem kennis van jou. Gaan kyk wat pas by JOU en werk daarvolgens. En leef jou droom! Sterkte aan elke een wat droom.

Ek het ook nogal baie gepraat van die nuwe tuin by Overvaal Stereo. Hy is klaar en ons tuin is nou mooi en die waterval maak mens sommer vanself rustig as jy saans daar deur loop. Baie dankie weereens aan Ben Stander van Irene Tuinsentrum Klerksdorp wat dit vir ons kom doen het. Ek dink teen volgende jaar die tyd as alles eers begin groei het – gaan dit ’n ander prentjie wees. Dis sommer lekker om net daar by die stasie te wees en na die tuin te kyk.

Dan ONS EIE VEILIGHEID: So verneem ek van ’n bejaarde oom hier van ons eie dorp wat aangeval is. Ek het nog nie die volle storie nie, maar dit het my net weer aan die wonder gesit. Ons moet onself beveilg. Ek self het die naweek wat verby is bietjie meer slotte aan gesit, sluit al die deure in die huis wanneer ek saans gaan slaap en maak maar seker die buite ligte is aan. Ek weet – as hulle wil in, sal hulle in. Maar deur jou in die huis te beveilg maak jy jou kans om hulp te ontbied net baie beter. Dis sleg – elke aand voor jy gaan slaap moet jy kyk dat alles binne-in die huis ook gesluit is – en dan in die bed klim en maar hoop jy sal hoor as daar wel iets aan die gebeur is. Maar beveilg julleself. Dis al raad wat ek het! Ons moet na onsself begin kyk en na ons eie veiligheid. Niemand anders gaan dit vir ons doen nie. Maak reëlings met die bure  en maak seker jy het ’n plan B. As iets wel by jou sal skeefloop. Ons hoor al hoe meer van die dinge nè? Wees asb. veilig!

Dan so wyse stukkie van my kant af voor ek julle groet die week – ons moet baie versigtig wees om gierig te wees nè ? Sien – ons moet gee om dan ook te ontvang. En ek het die afgelope week net weer met mense te doen gekry wat nie gee nie, hulle staan net reg om te  ontvang. En as ek sê gee – praat ek nie net van geld nie, tyd, liefde, omgee, daar wees, luister, ondersteun en so kan ek aangaan. Soms aanvaar ek en jy die dinge sommer vanselfsprekend en dis waar ons dan fout kry. Daar is ook ’n gesegde wat ons almal ken : Hoe meer ons het hoe meer wil ons hê. Ons moet passop hiervoor. Ek praat nou van die normale ou op die straat tot by die “bekendes” in ons midde. Kom ons gaan die week uit en kyk hoeveel kan ons gee vir ander. Ja, ons het nie almal geld om te gee nie – maar dat ons kyk hoeveel ons van die dinge kan gee wat nie met die blote oog gesien kan word nie. Selfs  Gebed kan hier van toepasing wees. Daar is seker niks so lelik soo mense wat net wil hê hê hê nie. Kom ons gee, gee, gee en kyk wat ontvang ons in die week wat voorlê. Ek en jy sal nogal verbaas wees hoor!

En net so voor ek die gedagtes reg gekry het om vir die webmeester te gee het ons verneem van ’n jongman van Viljoenskroon wat deur ander jongemense aangerand is. Sien – dit gaan nie hier vir my oor wie reg of verkeerd was, wie beter as die ander een was of wie se argument nou die sterkste was nie, dit gaan vir my  oor die “manier” van die beeld van God uit dra! Ek veronskuldig myself nie, glad nie. Ek het ook al self so kwaad geword het dat ek ’n klankman geduik het soos nie een van die Bloubulle kan duik nie (let wel tydens ’n fees en op die feesterein). En vandag staan ek en kyk terug na die ongevalle wat hom hier in ons eie dorp afspeel en en is maar dankbaar ek is nie in die sitsuasie waarin die jong mense en hulle families hullesef nou bevind nie! Sien – die ander jong man lê in ’n koma in die hospitaal en die ander een was vandag voor die hof. Ai – waarvoor sal ons pleit? Sal ons in die spieël kyk, sal ons leer ongeag van die groot hartseer wat die voorval kan saam bring... ek weet nie. Ek dink ek kan net sê ek wil waak teen so kwaad word. Ons is nie meer vandag so bewus van die selfbeheersing in onself nie, ons is nie meer bang dat ons voor die regter sal moet verskyn nie, want ons word nie meer hieroor geleer by die huis nie. Jammer, maar dis hoe sake staan in SA. Ek wil tog vir die gereelde “Het jy gehoor” lesers vra om vir beide die jongmanne te bid. Albei het dit nodig. Voor ons kwaad word vir ’n ander , kom ons probeer aan die nagevolge dink. Ek sal julle volgende week weer van die jongman in die kome se toestand kom verwittig. Slotsom hieroor is :Woede kan jou hele lewe in ’n oogwink verander, dit kan ’n nagmerie mee bring waarvoor jy nie gevra het nie en dit is hartseer dat daar sulke dinge onder ons eie mense gebeur en dan in ’n klein plekkie soos Viljoenskroon – waar ons eintlik net een “groot familie” moet wees. Ons moet meer by die huis oor die tipe van ding gesels en ons moet ons kinders hieroor inlig. Ek sê dit gereeld – ons is in hierdie werêld maar dit sê nie ons moet in hom wees nie. Die tyd toe my Ma my hieroor geleer het, het ek nie lekker verstaan nie – ja, dalk wou ek nie... namate mens ouer word, maak al die goed vir jou sin. Ek is tog nie hier om vir die besoekers te “preek” nie maar ek kan tog die saaidjie plant en dang lo die Here sal hom verder water gee. Vermy die duiwel en sy slimheid. “Praat van preek” – maar dis hoe ek oor die hele onsmaklike storie voel. En ek dink ook aan die ouers van hierdie kinders, jou kind in ’n koma – kan nie maklik wees nie. Jou kind staan tereg op poging tot moord, kan ook nie maklik wees nie. Ai !

(Baie sterkte aan beide die families wat hierdeur geraak word).

Lekker week vir julle almal en bly veilig – kyk na julle self en tot volgende week, selfde tyd, selfde plek.

Liefde.

Die laaitie. x

___________________________

FAMILIE EN DIE DORING IN DIE VLEES

Dit is Saterdag middag en ek sit reeds reg om die gedagtes vir “volgende” week met julle te deel. As Maandag eers op mens toesak is daar net nie tyd nie en julle ouens hoor nie veel  nie. So ek tik hom maar as ek tyd kry. Soms te vroeg maar dis maar beter so. Baie het in een week gebeur nè ? En die baie is eintlik net een woord – MADIBA! Ek klets later lekker oor die onderwerp.

Die opskrif die week sê ’n  ding soos hy is. Mens kan jou vriende kies maar nie jou familie nie. Wel, ek verskil van mening hiermee. Ek kan my familie kies en basta met die wereld en sy “wette”. En ook met die seining van Jan van Riebeeck... of so iets want dis waar die hele familie, nefie, niggie, oom en tannie vandaan kom! Ek is al jare van mening jou familie is jou Ma, Pa en as jy dan broers of susters het hulle ook. Hulle kinders (as hulle dit toelaat) kan ook dan seker deel van jou lewe wees – los die besluit vir hulle.

En dit het ook te doen met die Madiba ding – Genade! Vandaar die inspirasie om my siening oor die “familie en die doring in die vlees” met julle te kom deel. Ewe skielik is al wat ’n “relative” is reg om Milpark te besoek – ag nee werklik! Julle sal nou vandag vir my lag maar met Eugene se dood was dit PRESIES dieselfde. Ek kon my ore nie glo daar by die hof en selfs by die hek (waar jy na sy plaas ingaan) nie. Ek herroep een tante wat by die hof opdaag ten spyte van die vreeslike SAP teenwoordigheid en die media wat die plek toestaan. Sy skuif heel vriendelik tot heel voor en daar stop die blou muur haar in haar rooi tiekie hakke “sorry mam – No entry”... but I am family kom die spontane antwoord. En dan met die skud van sy kop word sy geweier om toegang tot die hof te kry. Sy gil vir ene Andries – wat nader staan net om vir haar te sê – niemand kan die hof ingaan behalwe nabye familie nie. Tog probeer sy nog. Maar sy is later daar weg met die mooi rooi tiekie hakke en bypassende rok en hoog gedoende hare. Ha, ha – ja, as jy darem nou familie is van so iets – is die kans mos maar goed dat jy die “kassie” kan haal. Die tannie heel voorberei hiervoor. Hoop tog maar so op pad terug kar toe het een van die kameras haar gevang... dink sy het baie vroeg opgestaan om die bolla so hoog geklits te kry!  (Glo my hier waar ek sit giggel ek lekker. Ai julle!)

So word my familie ook by die dag meer en meer! En hier diep in my hart het ek eintlik ’n suster. Maar nou ja – dis seker maar so nè . Ek maak nie die “familie” saamtrekke mee nie, ek kuier nie graag nie. Maar ek is ook nie onmenslik of lelik met hulle sou ons mekaar wel raakloop nie. Ek het vandag nog ’n dame wat my elke keer as sy my sien voorstel as: My nefie! Ek wil dood neerslaan! Sy glo vas Ignaz is haar bloed . Vra gereeld uit oor my suster die kinders en die lewe... hier is hoe sake eintlik staan:

My oorlede ouma is na my oupa se dood weer getroud. Ek het die “oom” nooit geken nie – dit het alles gebeur voor my geboorte. Ek het wel ’n Oupa in Oupa drie gevind – by name Oupa Dops du Plesis wat ook vooruit gegaan het. Maar oupa twee was die tannie se pa se broer – en my ouma haar “stief tannie dan as ek die “calculation” reg het nè . ? En so het sy nou my “tannie” geword. Nee,  man! En die “tannie” verstaan vandag nog nie mooi dat sy eintlik niks van my is nie. Ek hoor deesdae sê sy as sy van haar dogter praat by my – jou “klein niggie” stuur baie groete. Iets sê vir my dit gaan mos nooit ophou nie. Maar as Oupa een nou haar pa se broer was, was dit “dalk” ’n ander stroie – maar ook nie een wat sê kom kuier vir die naweek dat ons ’n vleisie op die kole gooi nie. Nou kan jy nou dink hoeveel “Oupa twees daar nou in die Madiba sage was die afgelope week”?

Milpark Hospitaal het hare op hulle tande gehad mense. Buiten die media het hulle hordes oupa dries gehad wat nooit ophou bel het en gestroom het nie. En toe die media begin bespiegel Mr. Madiba kan op sy laaste wees – toe kan jy nou dink hoe stroom die “tannies in die rooi rokkies” na daai hospitaal vir die laaste “groet”. Maar Presidensie en die Mandela Foundation het baie hieraan te danke. Ek het volle begrip na die media verklaring gelewer is – hy is 92 jaar oud. Dit vat dalk langer om toetse te doen ens. ens. maar hulle moes vroeër begin praat het. Juis om die simpele rede – die oupa drie se broers se kinders en die tannie in die rooi rokke sou dalk dan ook net tuis gebly het – maar toe moet die media maar aan wat hulle waarneem belsuit wat ons gaan sê. Nou gemeet aan dit wat ons waargeneem het – het dinge nie klop dissel boom verloop nie. En toe Me. Winnie opdaag toe gons die wêreld nou eers lekker. Ek verstaan dit ook tog. Wat op dees aarde sal die “ex” dan nou daar doen as dit net “normale” toetse is wat gedoen moet word. SA gaan mos nou ’n rot begin ruik of hoe ? En om alles te kroon lyk dit mos nou vir my of Ma Winnie ’n hewige verkoue ook opgedoen het want toe sy uitkom die “tuit” sy haar neus... Media toe! Winnie huil! Wat moes die media ook nou dink? Niemand kan tog ruik sy het dan “verkoue” nie en dis tot hier nie gesê nie hoor. Ek neem nou maar aan want hoekom blaas sy haar neus en vee haar oë af volgens die media?. Sien goed soos hierbo wat dinge totaal en al uit verband uit geruk het. Om nou nie te praat van die personeel wat kontrakte moes teken wat sê hulle mag nie ’n woord rep of roer nie, Milpark woordvoerders wat alle vrae antwoord met ’n eenvoudig – GEEN INLIGTING NIE en al die “who’s who’s “ wat met hulle spog motors na die hospitaal gestroom het. Naderhand – besluit die media en mense van S.A hulle gaan om te groet. Wat dan nou anders. Nou vra Mr. Zuma – respekteer die kultuur – goed, hoe moet ons weet die kultuur is – gaan vir toetse en al wat hoog geplaas is, gaan sê daar vir jou hallo ? Wat ’n kultuur dit dan nou ook al mag wees.

Ek was verheug toe die waarnemende President erken het – die hele ding moes anders benader gewees het. Madiba is geliefd soos dit is en daar is ’n hele wêreld daar buite wat reg staan om te hoor hoe dit met hom gaan en wat sy toestand is. Lig hulle in. Ek verstaan nou nog nie – hoekom almal in die donker hou nie. Wat was die doel nou gewees? En dan hiermee saam die “vrese” wat by ons ingeboender word van die dag as Madiba sou sterf.  Mens het werklik waar vir die twee dae “in vrees” deur die mens geleef. Wat gebeur – ek en jy hoor al die goed en voor ons ons kom kry, kom die “ek wonder spook” ook by ons spook. En dan word ons sommer so deel van die “ek dink ook hy sterf” groepie. En al wat iets kan sê bly dood stil en los al die verskillende groepies dat hulle maar wonder. Dit is nie reg hanteer nie. Punt! En wat sal gebeur die dag as Mr. Madiba moet sterf weet ek ook nie. Maar dit sal ons weet die dag as dit moet gebeur. Elke een moet maar vir onself ’n groepie kies om by aan te sluit. Ek het baie geleer met die twee dae wat nie een van ons werklik geweet het wat aan die gebeur is nie.

Ek het ’n paar keer die volgende stelling gemaak: Die wêreld het kennis geneem van hoe Mr. Madiba vir gelykheid geveg het – en ja, noem dit, dat hy dit reg gekry het. Nou word hy opgeneem en ek en jy en die 150 joernaliste is nie “hoog genoeg” om inligting te kry nie. Hoe gelyk is dit? Ja, die regter en daai regte en daai departments hoof en die departments hoof is toegelaat om hom te besoek maar die media en res van die mense wat belangstel is met ’n koue – Geen info gelaat nie. Dit klop nie vir my nie. En dit is ook nie hoe ek Mr. Madiba opgesom het nie. Nee, - ons weet en verstaan dat elke jan rap en sy maat nie kon gaan kuier het nie – ons weet mos wat dan sal saamkom, maar daar is iets soos TV, radio en koerante wat ALMAL op hoogte kon hou en dit by monde van een woordvoerder of is ek nou verkeerd? Daar was so magdom van hulle teenwoordig by die hospitaal – hoekom geeneen van hulle net stuur met die inligting nie. Ek dink dan het almal mos nou ’n “rustige” week agter die rug gehad. Maar met die stilswye wat S.A werklik nie toe kom nie – het alles hand uit geruk. Ek glo dat wat ook al die toekoms inhou – die “hoogeplaasdes” dalk iets hiermee saam geleer het. Die mense van S.A en ook die ander lande het die reg om met waardigheid kennis te neem wat met so ’n groot gees in ons land aan die gebeur is.

 Na Mr. Madiba se ontslag is daar een enkel foto geneem – waar hy die hospitaal verlaat... na die enkele foto weer baie wonders en stories. Wie sê dis hy (Sien foto), hulle lei ons om die bos en so het dit begin gons. Ek het besluit om my nie by een van “daai groepies” te skaar nie. Ek het nou kennis geneem van die media verklaring en gaan dit ter harte neem. Dalk kon hulle maar vir die media ’n ordenltike foto van die geliefde Oud. President van die land laat neem het maar as dit nie die wil was nie – so is dit. Ek wonder net hoeveel skade dit werklik sou gedoen het, as hulle so ’n besluit sou neem. Gee S.A volle gemoedsrus en dit met die neem van ’n foto. Dalk stem baie van julle nie saam my hiermee nie, maar as leek is dit maar hoe ek dit sien. En of dit nou uit vrees vir die toekoms was of nie ons het weer kennis geneem van hoe geliefd Mr. Madiba werklik is. En ja ons het gehoor van oor die 10 000 boodsakppe wat die Foundation ontvang het. Dit is werklikwaar amazing.

Aan al die joernaliste wat maar geduldig gewag het  - dankie julle.! Dis nie elke dag maklik om ’n joernalis te wees nie. Hulle het tawwe werke en word soms maar sleg behandel. Dankie, dat julle feitlik geveg het sodat S.A die nuus kon kry waarop ons eintlik geregtig is.

’n Ene Mr. Pieter Louw van Milpark – met wie ek ’n keer of wat gesels het (of probeer het) baie dankie vir jou geduld. Ek verstaan dat julle ouens ook net soveel kan sê en niks meer nie. Elke keer het hy die rympie van – Geen inligting is beskikbaar nie wag vir die Foundation herhaal met ’n vrolike , opgewekte stem. En die persoon wat die foon geantwoord het by skakelbord – hy het sy deel vir 2011 werklik gedoen dink ek. Hulle kan hom seker vir die res van die jaar afgee of ’n performance bonus aanbied.

Van my kant af – dankie vir die saam lees en deel wees van die elke week se skryf hier onder die skakel het jy gehoor. Net oor die tuin by die stasie – die waterval is nog nie klaar nie, maar sodra dit gedoen is, sal ek die ander foto’s met julle kom deel. Vir almal wat so lekker saam luister – dankie. Onthou die mannekamp wat kom nè . Bespreek jou plek.

Ek deel graag die foto’s wat so deur die week in die media verskyn het met julle – dalk niks nuut vir jou nie, want heel waarskynlik het jy dit die week iewers in ’n Koerant gesien tydens die wonder : Ek wonder wat gaan aan.

Oop kaarte groete tot volgende week, selfde tyd , selfde plek.

Ekke. X
__________________

Nuwe dinge vir die nuwe jaar....

Hallo julle. Nou ja soos ek vir myself gesê het, met die nuwe jaar sal dit tyd wees vir nuwe dinge. Dit word tyd om iets anders te doen en ja vir die afgelope Ses jaar is ek maar net hard besig gewees om vir die gemeenskap te werk en op my beskeie manier ’n verskil te probeer maak. Hier kyk ons na die Randlespark fees om een te noem. En so saam met 2011 het ek besluit ek wil bietjie fokus op ander dinge.

Só het die oormaak van Overvaal Stereo se tuin die jaar eerste aandag gekry. Ek het lankal hieraan begin beplan maar met die ander dinge wat my besig gehou het – het die tuin maar agtergebly. Nou is ons aan die werk in die tuin en is die eerste nuwe plante in en lyk dit sommer baie anders! Ek kan nie wag dat ons dit die week afhandel nie. Daar volg nog die tuin hoekie en natuurlik die fontein en dan ook die stepping stones... Ai, hoe lekker is dit nie. Ja, waarlik iets anders . En ook iets waarin ek elke dag kan deel as ek by die hek in ry om te gaan uitsaai. Baie dankie aan Ben stander van Irene Tuinsentrum Klerksdorp en sy span wat my hiermee help. Ons het groot waardeering vir jou en die hele span wat saam jou hier in ons tuin kom werk het.

Dan vir die res van die jaar wil ek ook op nog nuwe dinge fokus. So ja – as jy ’n projek het waar jy hulp kan nodig hê, maak gerus met my kontak. Ek sal steeds waar tyd dit toelaat by feeste en funksies betrokke wees en hou daarvan om Mc werk te doen. So gesels gerus met my daaroor. Dit is immers deel van ons bedryf.

Ek kan elke dag tussen 16:30 en 19:30 gevang word op die lug by 96.1fm en jy is welkom om so deel te wees van waarmee die “laaitie” hom besig hou. En ons hoor graag van ons luisteraars wat julle graag in die programme wil hoor – so stuur daai voorstelle.

Siende ons oor die stasie gesels die week en oor wat daar gebeur – sluit aan by die Klub. Dit kos R20 per maand per huis gesin en so bewys ons natuurlik gemeenskap betrokkenheid. Wees deel hiervan! Skakel met ons kantoor by  0563432076/7 , Riëtte sal jou hiermee help. Overvaal Stereo maak tog ’n groot verskil in soveel mense se lewens – ek besef dit elke dag net meer en meer. Ook dankie hiermee saam dat U ons toelaat om tuis in julle huise te wees. Dis vir ons net so groot voorreg. Die damestee is in Mei maand en dis mos elke jaar een groot moet bywoon. Tobi Jooste kuier dié jaar hier by ons tee. Jy kan ook nou al begin jou navrae rig by die kantoor. En wie weet  - dalk hou ons die jaar weer Overvaal Stereo Musiekfees? Sal ook weer lekker wees. Ons sal julle oor dit ook op hoogte hou natuurlik. Luister ook maar oor die lug as dit kom by die mannekamp wat aangebied word of besoek die webwerf www.overvaalstereo.co.za vir meer inligting. Daar is ook kompetisies – gaan kyk gerus!

Ek wil tog sê hoe bevoorreg is ek nie om ’n deel van die stasie te wees nie. Ek sê dit nie – ek bedoel dit. Soveel mense droom om te doen wat ons elke dag kan doen. Dis regtig een groot eer vir my. My TV droom sal altyd daar wees – maar vir eers, is ek waar ek wil wees. Alle eer aan my Hemelse Vader.

Ek hoop ons almal kan een lekker week vol goeie dinge ervaar. Sien as julle weer volgende week hier bymekaarkom vir die saam kuier sal dit ook al weer ’n nuwe maand in die nuwe jaar wees. Kan nie dink hoe vlieg tyd nie nè . Ek sal elke week probeer om die gedagtes vir julle op tyd te kom opsit. Dis lekker om te weet – ek tik nie net vir my gesondheid nie, dankie dat julle kom saam lees.

Kurt Verjaar volgende maand – en ja julle moet hom volg op FaceBook, baie info word daar gegee. Ek was laas jaar daar en dit was lekker. Ek besluit nog of ek die jaar weer die langpad gaan aandurf na sy plaas toe om weer in die fees te gaan deel. Ek sal julle ook maar hier op hoogte hou. Ek kan net noem dat dit een van 2010 se hoogtepunte vir my was. As dinge weer so uitwerk sal ek my beste doen om weer die onderhoude vir julle wat nie kan gaan nie te gaan haal en dan te kom uitsaai. Die terugvoer is altyd goed en mense geniet dit om te hoor wat alles daar gebeur het. Ek sal net weer met hulle moet kontak maak om te hoor hoe dit die jaar gaan werk. Maar kry die info op FaceBook. Sommer hiermee saam Geluk aan hom en Duane met die troue. Wat ’n sprokie was dit nie nè .? Glo hulle sal baie gelukkig wees. Laat my ook toe om vir Bobby hulle geluk te wens wat dieselfde naweek getroud is en ook Ronel Erasmus.

 Van my kant af groet ek julle met ’n paar tuin foto’s en sal die eindproduk weer met julle kom deel – want soos dit is maak ons eers die week klaar.

Dankie, vir die inloer die week.

Mooi bly en soos altyd , Liefde, Vrede  en Vreugde vir elke een van julle.

Ekke.x

Besonderhede oor Kurt se verjaarsdag...

Al die besonderhede oor die Innibosveldfees 18/19 Februarie 2011: http://www.innibosveld.co.za/
Besprekings vir kampering op die plaas word deur Darryn van Heerden en Julie hanteer.
Kontak nommer: 074 413 3611

vir ander akkomodasie kontak Selomie Maritz 0718647500

Innibosveld - Kurt se verjaarsdagfees

www.innibosveld.co.za
________________________________

Facebook en sy dinge...

Hallo julle. Dié week se gedagte gaan oor die geselsnetwerk – Facebook. Wel, ek is al “opgechat”, raak “gechat” en saam gechat op facebook. Ek staan soms verwonderd oor hoe ons die blad gebruik. Soms kan ek nie dink wat mense besiel om te skryf wat hulle skryf nie! En dit het my laat wonder – is ek nie deel van die mense wat ander verveel op die netwerk nie. Misbruik ek nie dalk ook maar die netwerk nie.

Ek let op mense wat soms goed sê wat hulle verseker na die tyd berou. Goed wat nie eintlik met die wêreld gedeel moet word nie. Ja, - van ons sê presies hoe ons voel en wat diep binne ons aangaan. En na die tyd as ons dit met die wêreld gedeel het dan wonder ons of ons dit werklik met ander wou deel? Sien die lyn wat ons moet trek is baie fyn. Facebook is wel daar om met ander wat wil lees te deel, soms die lekker in die lewe , soms die seer in die lewe en ook die lekker. Maar dan kyk ek na die ... “my kop is seer”, ek het my toon nou net gestamp, ek voel nie lekker nie, ek het nie lus vir werk nie en wonder wat het dit eintlik met die res van die wêreld te doen.? Kan hulle so via die netwerk werklik iets aan die elke dag se dinge in ons lewens verander?

Ek het geleer – as die lewe druk, druk hy my. En as ek nie kan terug druk nie, dan moet ek dit met myself uitsorteer. Want as ek my na Facebook wend – saal ek eintlik ander mense met my probleem op en dalk verveel ek hulle. Daar is die siele wat hulle op so manier oor ons wil ontferm – maar daar is ook die wat net lees en dalk soms in die vuis lag. Facebook kan werk om verskeie redes, Advertensie, Bemarking en dan die kontak met geliefdes maar soveel mense wat in die strik trap en dan sommer goed sê waaroor hulle na die tyd spyt is. En dis juis vir ons wat ek die week oor die onderwerp gesels. Dis lekker om foto’s met ander te deel – en om soms die wêreld op hoogte te hou met wat om ons gebeur – maar dis ook nodig om onself te beskerm. En nugter te dink voor ons na die blad wat geduldig luister haas.

Facebook sluit vir baie van ons ’n nuwe wêreld oop. Veral vir mense wat eensaam is en wat sommer net geselskap soek. Ja, van ons word soms “op gechat” en dan is dit GLAD nie wat ons eintlik op die netwerk soek nie. Ander, as ek vir Sunette Bridges kan gebruik as voorbeeld wend Facebook aan om ’n goeie saak te bevorder en dit werk. Geluk ook aan haar. Sy doen wonders!

As ek myself as voorbeeld kan gebruik: Die oomblik toe my ma sterf het ek vir ’n hele maand nie Facebook behartig nie. Ek was wel in ’n posissie dat daar mense was dat my Facebook vriende op hoogte gehou het – maar ek het myself beskerm deur niks self te pos nie. Soos dit is, was ek in ’n krissis tyd van my lewe en kan net dink wat ek op daardie stadium sou gepos het. So ek het ’n hele maand gewag voor ek weer begin Facebook het. En so het ek myself gespaar.  Ek het seker gemaak ek dra nie my hart op my mou nie. En glo my, vandag is ek dankbaar want ek kan net dink as ek my eie gevoelens daar moes neerpen. Na ’n maand na die seer – het die lewe weer anders gelyk en gesels ek lekker saam vandag weer.

Die Les: As dit nodig is om jousef te spaar – doen dit! Vir niemand anders as jouself nie. Môre skyn die son weer en dan kyk jy terug en wonder of dit nodig was. Ek gaan verseker kyk wat ek pos en ook kyk of die postings nie ander mense verveel nie. Dis in kort oor Facebook en wat ek daar waarneem. Ek wil tog sê – Baie dankie vir almal wat my volg op die netwerk en wat so lekker saam gesels. Geniet jou Facebook maar spaar jouself as dit nodig is.

Ek gaan ook April maand op ’n bootreis.  Daar is nog plek vir die mense wat wil saam gaan en as jy navrae oor dit het , kontak my via E-pos. Dit is twee dae en ons vertrek hier vanaf Viljoenskroon. Die koste beloop R2900 per persoon en dit sluit alles in (behalwe jou drankies op die skip). Alle ete’s is ook ingesluit . Die sluitings datum hiervoor is die 31 ste Januarie 2011.  Daar is nog ’n paar plekke beskikbaar. Die R 2900 Sluit ook die vervoer in na Durban. So maak kontak as jy graag sal wil saam gaan.

Dan gaan ek ook iewers in Mei na die TOD strand in KZN .  So die jaar begin lekker. Die reis gaan ongelooflik wees – kontak my dat julle kan saam gaan. Ons sal op die MSC Sinfonia wees. Vervoer terug by prys ingesluit! Mail my by ignaz@ignaz.co.za .

Mag julle ’n mooi week geniet en veilig wees. En weer  - dankie dat julle die site besoek. Dis lekker om te sien ek skryf nie net vir myself nie.

Wat Tina betref – sy is begrawe. Ons kan nou net vir haar kinders Bid en natuurlik toelaat dat sy voorleef in ons gedagtes. Mag sy in vrede Rus! Melanie von Steen het die begrafnis bygewoon – ek het nie regtig kans gesien nie. Maar in die gees was ek daar. Ek sal tog kyk of ek haar begrafnisbrief met julle kan deel. Melanie het een vir my saam gebring.

“Dan het ons die afgelope week weer in die nuus gelees oor Nadia Beukes en haar persoonlike lewe wat op die voorblad oopgegooi word. Ek wil nie veel oor die opskrif sê nie, ek kan net noem dat ek baie inspirasie by Nadia vind.  Sy is so ’n mooi mens – en nie net letterlik nie. Diep binne haar straal sy uit. Sy gee so graag raad, maak tyd om hallo te sê by feeste en so kan ek aangaan. Ek wil tog dit sê , sy is ’n ware inspirasie vir my as dromer.  Baie van ons kan by haar ’n ding of drie gaan leer. Wat NX betref – ek het ’n lekker onderhoud met die groep gehad en hulle was soos altyd teenoor my net vriendelik en hoflik. Dit sal uiters verkeerd wees om dit nie te noem nie.  Ons moet soms stil staan en besef – agter die “sterre” is daar mense.   Mense wat lewe,  mense wat vermaak,  mense wat seer kry en mense wat gevoelens het.  Soms kyk die media dit heeltemal mis. Maar NX sal ek ondersteun so vêr ek gaan en ek sal in hulle lekker musiek deel. Dink steeds hulle verpakking van die NX CD is die beste wat ek in al my tyd as omroeper gesien het.   Kyk uit vir hulle CD, koop hom en maak hom joune en geniet dit wat hulle as groep vir ons opdis. . . En ten slotte – dit wat hulle doen, doen hulle goed. Wat Nadia die aanbieder betref – dink ek sy is ongelooflik.  Kyk elke reeks na haar en bewonder elke episode haar skoonheid en glanshelder oë . Puik verby.  Maak seker jy vang Tuine en Tossels elke week op KYK NET en deel in die mooi van wat Nadia aanbied.”

Ek bring vir julle sommer ’n lekker foto beeld van Nadia – geniet haar Foto’s.

Liefde tot ons volgende week weer gesels.

Netwerk Groete

Ekke. x

____________________________________________________

Tina Kay

Hallo Julle. Wel, so het ek die tyding gekry van Tina – of Tientjies soos sy vir my bekend gestaan het  wat oorlede is. Tina het my ge SMS voor sy hospitaal toe is. Sy het gesê sy is siek en sy is bekommerd. Wel, twee weke later het Tracy, haar dogter vir my ge-SMS. Haar Ma is baie baie siek. Ek het gevra of ek haar Saterdag 8 Januarie 2011 kan gaan besoek en hulle het gesê dis reg. Ek was op die Lug vrydagaand toe hulle laat weet – Tina is weg! Ek het nooit die kans gehad om vir haar totsiens te sê nie. Ek het eintlik so baie om oor Tina te sê . Haar musiek is nie altyd waardeer nie. Mooi was die tyd het die lug golf van Overvaal Stereo gereeld bereik. En die mense was baie lief vir die liedjie. Dit was so asof hulle iets in die liedjie kon kry waaraan hulle kon vashou. Tina het ook twee jaar in ’n ry by die Randlespark fees kom optree. En die mense was gaande oor haar. En ek het die voorreg gehad om twee keer saam haar te werk by ’n oord aan die vaal Rivier. Sy was ’n mense,  mens. Ek sal haar altyd onthou vir hoe sy op die verhoog gestap het en gese het – Nou gooi ons hom. En dan die mooi blink bo stukke wat sy saam gebring het vir die optredes. Agter die verhoog het sy met almal gekuier, gelag en oor die bedryf gepraat. Ek onthou ook die eerste jaar by my fees toe Tina uitverkoop het. Al haar CD’s. Ons mense in die gebied het haar werklik ondersteun.  As ek reg verstaan het, het Tina swaar gehad hier na die einde se kant toe. Haar mooi ervarings wat sy met my gedeel het via SMS’e en die sommer net gou bel om te hoor hoe dit gaan was wonderlik. Ek het ’n lekker pad saam met haar gestap. Ons kan vandag stil staan en aan haar dink. En dan natuurlik die feit  - Tina was ’n mooi vrou. ’n Dame in eie reg nè . Dis hoe ek haar sal onthou. Ek sal tog probeer om Tina se begrafnis by tewoon as die kinders dit toelaat. Mag ons die mooi tyd saam met Tina Kay vir die res van die toekoms saam ons neem. Rus in Vrede  Tienkies.

(Tina word vrydag in Vanderbijl begrawe maar dit sal net vir Familie en kolegas toeganklik wees op versoek van haar kinders). 

Jessie Lang

o ken ek en Jessie mekaar al vir baie jare. Inteendeel was dit ek en sy wat so saam-saam begin werk het aan die Randlespark Projek. Sy was die eerste Kunstenaar wat ek gereel het om vir die seniors te gaan sing. Maar so het Overvaal Stereo oor my Pad gekom en so het Jessie ook die uitsaai betree. En ons het toe nie meer regtig saam gewerk nie. Dis Sondag 9 Januarie 2011 en ek sit in ’n Restaurant in Klersdorp – wonder wat ek sal sien as ek haar sien. Dis die eerste keer na die wrede aanval op haar twee dae voor my Ma se dood. Ook in Klerksdorp. Ek weet sy was lank in die waakeenheid in die hospitaal. Ek het haar nooit besoek nie en het gewag tot sy reg is om saam my koffie te gaan drink. En daar staan sy. Ek let op hoe maer sy geword het. Maar ek doen dit nie hard nie. Sy kom baie selfversekerd oor – soos al die jare. Die kuif in die oë wat die harde hou verbloem. Ek vra nie vrae oor wat gebeur het nie. Ek volg die gesprek en soos sy iets oor die aanval sê, so sal ek daarop reageer. Ek wil nie deel wees van die sensasie nie. Ek wil sommer net ’n vriend wees wat sonder detail kan klaarkom. Ek weet, met so iets wil almal vra vrae en soms het mens nie lus om die vrae te antwoord nie. Ons gesprek loop voort. So tussen al die koffie deur begin sy die sluier lig. Maar dit gaan nie vir my oor die sluier nie. Dit gaan oor een van my vriendinne wat deel van die statistiek geword het. Dis hoorbaar in haar stem sy is nie van plan om “net deel van die statistiek te bly nie. Sy gaan dit wat met haar gebeur het met ander deel. Sy gaan vertel – God het ’n plan. Ook met die onbeplande dinge in die lewe. Ons lag en klets soos ou vriende doen oor die verlede, dae op die pad, Egoli sê, stel en “shoot casting” agentskap. Skielik – “hy het my vir dood agtergelaat”... Ek reageer nie – ek vat die gesprek in ’n ander rigting in. En merk sy is verlig dat daar nie veel gesoek word na “detail” nie. Ons praat oor die Hospitaal onkoste en die doring in die vlees van ek het nie ’n mediese fonds nie. Weer ervaar ek die trauma wat hiermee saam gekom het. Na die Vyf en ’n half ure kuier en koffie drink weet ek net hy het haar in die gang beet gekry en dat sy bevestig het – luister na die wenke wat die Polisie gee. As hy vra lê dan vra jy hoe laag... as hy sê bly stil – doen dit! Iets sê sy wou nie of het dalk nie as ek na die reuse letsel op haar voorkop kyk en tog, watter vrou sal? Na die lang kuier soos ons die trappe af vat weet ek nie of sy besef hoe dapper sy eintlik is nie. Watse voorbeeld sy eintlik stel nie. Sy gaan aan. Soos ons kar toe loop en gesels wonder ek hoekom hy nie maar net gevat het wat hy wou hê nie. Hoekom moes hy die ysterpyp inspan. Sy’s fyn en klein. Sy kon hom tog nie veel aangedoen het nie. By die kar onthou sy, sy het na die aanval net die helfte van haar sig oor en kyk ietwat benoud rond toe sy besef dis donker en kan dalk sukkel om bestuur te kry, dan skop die Jessie wat ek ken in – ek moet maar net leer om daarmee saam te leef ek sal veilig wees. Dapper! Soos sy uit die parkering uit ry bewonder ek haar – tog bekommerd of sy veilig sal wees. Later die aand kom die SMS ”Ek is veilig en in een stuk by die huis”. En ek is verlig.! Dalk in een stuk maar van binne flenters (Al sê sy dit nie self nie). Ek besef Genade het reeds haar deel geword, anders sou sy nie twee maande na die aanval op gedaag het vir die koffie nie en sou sy ook nie, nie een keer gesê het sy dra ’n gevoel teen die booswig nie, inteendeel sê sy, God het ’n  doel hiermee gehad. En ek raak rustig oor Jessie – ek weet sy sal okay wees voor ek gaan slaap.

VLOED 2011

Ons het so baie oor die vloed in 2010 gesê en ek was een van die voorstanders wat gesê het – ons sal dit nie gou weer sien nie. En daar wys die  natuur my die teendeel nè . Ek was Vrydag daar na dat ek nie meer geweet het (soos baie ander) wie en wat om te glo nie. Die een gil die sluise gaan oop gemaak word, ander sê die water daal , ander sê dis erger as in 1996 en so het dit aan gehou. Ek is op my eie hier weg Vaal Rivier toe en was verbaas oor wat ek gesien het. Huise het toe reeds onder gegaan, mense het leeg begin maak maar die water was nie naby waar dit in 2010 was nie. Mense wat verlede jaar onder water was, het ook begin ontruim. Alhoewel ek skepties was of hulle wel sou onder gaan het ek foto’s geneem en na almal geluister. Ek het gemerk hoe die mense tog maar hoop dat die water hulle sal spaar. Ek is terug Vrystaat toe – nie veel oor die water gesê nie. Ek het wel ’n merkie gemaak met ’n stokkie en een van die inwoners gevra om die merkie vir my te monitor. Onthou ek bly in die Vrystaat! Ek kan nie self monitor nie. En so uit ’n “ander” man se mond het ek 5 ure later gehoor my stokkie het onder die water verdwyn. En dit sê : Die water styg! 

Ek het geweet hier kom weer moeilikheid. Ek het kontak gemaak met een van my vriede wat verlede jaar onder water was en R100 000 se skade gehad het en hy het my ook verseker – die water styg. Uit ander oorde en ingeligtes se inteligensie hoor jy, dinge lyk beter. WAT MAAK JY? Hoe hanteer jy dit? Jy kan tog nie deel word van die wat sê dit gaan beter word as jy self weet – dit gaan nie. Wel, soos ons seker maar moet – bly jy eerder ent stil. Vrydag nag (Saterdag oggend) lui my foon teen Een uur die oggend en die vriend sê – my huis het nou net onder gegaan. Die water kom in. Mens is magteloos – hy het gelukkig na ons geluister en sy meubels gelig en voorsorg getref. Maar dae lê ek en wonder oor al die ander wat nie gehoor gegee het nie. Ek gaan my gedagtes die week aflsuit met die volgende. As mense nie plek het om te slaap nie en nie skoon water het nie, is daar ’n krissis. En punt. Maak nou nie saak of ek en van die owerhede met mekaar hieroor verskil nie. Dis sleg dat die wat die “mag” het ook die “mag” het om dit te gebruik en te sê hoe dit gebruik moet word. Baie sterkte aan almal wat onder water is en wat skade hiermee saam het.

Ek glo en vertrou julle sal ’n mooi week geniet. Tot volgende week, mooi wense en lekker bly. Dankie, vir die saam lees.

Liefde tot dan. 

Ekke. X

__________________________________________________________________________________

 

Nuwe Jaar

  2011

Hallo julle ouens. As julle hier lees sal dit seker reeds 2011 wees. Ja, die nuwe jaar is dan met ons nè. Daar is net te min tyd om by al die dinge uit te kom wat ons graag wil doen. Om die gedagtes vir julle op my site te sit vat ’n proses. Eers tik ek dit, dan word dit geproef lees en dan word dit vir my webmeester gegee om op te sit. En soos dit is vat dit tyd en voor die volgende gebeur is die week om en het die gedagtes in die slag gebly. Ek hoop julle geniet die ene en lees sommer lekker saam.

Baie wil graag weet hoe dit met my en my suster gaan nou. Baie dankie vir julle wonder daaroor. Wel, ja – Kesfees 2010 was maar net nie dieselfde nie en  ons het maar vêr gedink. Soms onsself betrap waar ons maar diep in die hart gaan krap. Maar dit gaan seker van dag tot dag beter met ons.  Ons leer om met ons verlies saam te leef . Die verlies is maar baie baie groot  en daarvan sal ons nou nie kan weg skram nie.

Ons het op nommer 99 besluit ons gaan weer so op oukersdag 24 Desember vir van die oumsensies bietjie lekkergoed uitdeel en dit met die trekklavier en kersliedjies.  Ons het dit toe gedoen.  En weer het ons in die vreugde van gee ge deel die kerstyd.  Baie dankie aan almal wat deel was van die aksie. Ek dink ons het in die doel gelsaag en baie harte bly gemaak. En ja – ek hou nie regtig van die besoeke aan die tehuise nie. Mens se hart praat dan hard met jou en jy sien hoeveel ons werklik het om voor dankbaar te wees. Dit val my op, hoeveel oumas en Oupas die jaar agtergebly het en nie kom haal is nie. Maar dit was lekker om vir hulle te gaan sing en so ’n klein verskilletjie te maak in iemand wat eensaam en vergete is se lewe. Geniet die foto’s wat ek saam gebring het vir julle.

Wat die nuwe jaar vir my inhou is nog nie bekend nie. Ignaz moet verseker die lewe rustiger vat en sommer net lekker met julle kuier so tydens die gedagte sessies. Ek gaan die dagboek maar so rustig hou as moontlik. Hier en daar ’n funksie bywoon – nooi gerus, ons gaan deel graag daarin.

Overvaal Ster Resepte Boek 2 is toe ook gebore. Wat ’n moet hê boek! Vol lekker resepte en lekker foto’s van ons Kunstenaars. Jy kan joune bestel by ons kantoor. Die boek is regtig ’n moet hê . En hy is met soveel trots aanmekaar gesit. Kry hom gerus hoor!

Vir almal wat in die afgelope 2010 in my lewe ’n verskil gemaak het en glo my daar is baie. Dankie, julle. Ek hoop dat ons weer so kan maak in die jaar wat op ons wag.

Vir al die Kunstenaars in die bedryf – dankie dat julle ouens ons so gereeld ondersteun. En altyd reg is vir ’n hallo en soms sommer ’n lekker onderhoud.  En so gepraat van die kunstenaars – Kurt se verjaarsdag is al weer oppad en soos julle weet is ek ’n groot waaier van die man en alles wat hy doen. Verlede jaar het ek al die kilometers afgele na sy plaas om die onderhoude te gaan haal. Ek besluit nog of ek dit die jaar weer gaan doen. Dit was werklik baie lekker gewees om dit te kon doen. Al is die pad maar bitter vêr gewees. Ek sal julle kom vertel as die reëlings in plek is hiervoor. Ek sal ook graag die datums met julle kom deel. Die man trou ook mos nou hier in die nuwe jaar. So van Troues gepraat – Bobby staan ook kansel toe. En dan Wynand en Cheree se pienk voet wat op pad is. Ek wil vir hulle net mooi toewens met die klein ding wat kom. En natuurlik ook dankie sê vir hulle altyd stil staan om hallo te sê . Ons het die artikel in Huisgenoot sommer baie geniet oor die tweetjies.

George is toe getroud en ek wens hom en Brandon net ’n mooi toekoms toe. Mag hulle ook sommer baie gelukkig wees in die toekoms.

Liewe vriende as jy ’n datum het wat jy wil hê ons moet vir jou op die kalender sit – mail dit net na my mail toe. ignaz@ignaz.co.za ons plaas dit graag vir julle. En as ons kan – dan woon ons dit by.

Vir al my vriende in die musiek bedryf mag die nuwe jaar vir julle mooi inhou. Van Henri Alant tot by Yoland Barnard. Mag sukses julle deel wees. Ek dink ook Henri kan fyn dop gehou word in die toekoms – Cupid is amper op die rak. Ons glo dit sal net goed gaan.

Dan – Manie Jackson wat reeds goud behaal het met sy CD – Die hemel weet, baie geluk aan hom . Hy het hard gewerk en aangehou om aan te hou! Jy verdien elke stukkie sukses wat na jou kant toe kom. Ons is trots op jou nè. Dankie, vir die onderhoud met jou verjaarsdag 30 Desember. Glo jy het jou dag geniet.

Vir ons vriende by SELECT – Wendy van Niekerk, Andrew James en die wat ons nie altyd sien nie – mag julle jaar net mooi inhou. Altyd lekker om julle ouens te sien en sommer net hallo te sê . Kyk ook gerus uit vir die SELECT kunstenaars se CD’s op die rakke in die winkels. Altyd goeie produkte en die prys werd. En geluk met julle wenspan se harde werk. Jammer, ek moes in 2010 julle Verjaarsdag partytjie mis- maar dit was nou buite my beheer.  Dis altyd een van die lekkerste funksies van die jaar.

Lydia Winchester vir jou ook ’n dankie vir die kuiers en soms raad. Ons jaar saam jou en jou kunstenaars was lekker. Ons leer so baie van jou. Bly altyd die moeder wat ons almal in jou vind.

Dit kort is my gedagtes vir eers. Maar ek wil aflsluit om dankie te sê vir almal wat so gereeld saam gesels op FaceBook en so deel vorm van my lewe. Mag 2011 net mooi vir julle almal inhou.

Tot ’n volgende keer...

Voorspoed nè.

Liefde.

Ekke. X

__________________________

Dit was ’n Fees gewees

Dit is amper ’n maand ná die tyd. Dit is Sondag en ek besluit dit is tyd! Tyd om die fees vir julle uit my oogpunt te kom skilder. Hoekom ek so lank
gewag het, is eenvoudig. As jy so groot ding aanpak weet jy nie werklik hoe en wat jy voel nie. Veral nie na die tyd nie. En ek het besef ek gaan wag
tot ek seker is ek weet presies wat hier binne my aangaan. As ek dit die Sondag na die fees moes doen het ek waarlik hope mense gehad wat
vandag vir my kwaad sou wees. Die hele resensie sou anders gewees het.
Ha ha. Ek vertel graag. Dankie, vir die geduld met die gedagtes en resensie.

Woensdag is dit pak, Klerksdorp toe ry en aflaai. Twee woonstelle en die Johan de Wit saal is te klein vir alles wat gebruik moet word. Woensdag
aand saai ek uit vir Overvaal Stereo teen 19:30 is ek klaar en is daar weer
’n vrag met twee voertuie en ’n sleep wa wat moet Klerksdorp toe gevat
word.  Laat die nag is ons op pad huis toe en donderdag was geen uitsondering nie. Die verhoog het gekom, die tente is opgeslaan en die fees
se voorbereiding het begin. Voor ek sien is dit weer tyd vir die uitsaai – met ’n spoed is ek terug Vrystaat toe. Na die uitsaai het ek weer in die pad geval terug Klerksdorp toe. Dink amper dit was eers hier teen 2uur die oggend
wat ek en die res van die mense in die bed gekom het. Vrydag oggend het
die poppe al begin dans, stalletjies het in gestroom en die mese het begin opslaan. Die ure was lank en die wind waai ons weg. So word ek toe ook sommer kwaad vir ’n klankman en ag tog – ek dop die toets. Spaar jouself
nie - het ek by Yolanda Barnard geleer. En ja, ek moes maar twee keer
gedink het, maar na die “strydbyl” begrawe is, het elkeen sy werk gedoen
soos dit moet.

Laat die aand het Natalie en Eagen vanuit Johannesburg aangekom. Ek
baklei toe nie meer nie, toe bid ek dat dit nie reën nie en die wind moet
gaan lê . Die “meeste” werk is gedoen. En die dame by ’n restaurant
verstaan my verkeerd. Die kos is “ietwat” te min. Wel, almal het verstaan en ons het maar hier en daar iets geeët. Ons het ons gaste gastehuis toe
geneem. Die ander sewe kamers se sleutels sal die dametjie vir my in my kamer los. Dis net voor middernag... ek kry nie die sleutels nie. Ek staan
rooi van skaamte en wens die aarde moet my insluk.  Die dame het nie die sleutels gelos nie.   Gelukkig het ek een gehad en Eagen hoef nie te wag
nie, hy kon dadelik in sy kamer in gaan. Ek bel die vrou, haar foon is af.
Die verleentheid – maar Natalie en haar man verstaan. Ek het die nag van tevore  ook daar geslaap – ek sal in die kar slaap dink ek, ek maak my
kamer reg vir hulle... Pak al my goed terug in my kar en toe lui die foon... “...jammer, jammer, ek is op pad ek het vergeet...”. Goeie ouers! Ek is so verlig ek wil nie baklei nie. Deel al jare met die gastehuis, eerste keer dat
so iets gebeur en dit was immers ’n vakansiedag. Natalie hulle het hulle
sleutel gekry en ek is terug terein toe om verder te gaan help. Ek dink dit
was Twee uur die saterdag oggend wat ek weer terug gekom het by die Gastehuis. EN TOE MOET EK WEER DIE KAR UITPAK! Maar ja – almal wat
moes slaap kon slaap...

Ek kan nie slaap na ek deur die stort spring nie. Ek lê en luister na die wind wat waai asof dit die laaste waai sal wees. Ek wonder hoeveel tente staan en ek wonder sommer hoekom die wind juis nou moet waai. Ek het iewers
tussen wonder en vieruur toe die selfoon afgaan aan die slaap geraak. Half
vyf het ek pos geneem by die hek en het ek gehelp met die plasing van die stalletjies – die fees het begin. Ek onthou die Stem van Suid-Afrika wat weergalm en daarna was daar nie keer aan die grootste gratis musiekfees in Noord-Wes nie. Ek het my jaarlikse oefening in gekry, glo my ek het gehardloop!. Soos die Kunstenaas aangekom het, het ek probeer om vir
almal hallo te sê. Maar dit was net nie moontlik om deel te wees van die
kuier agter in die BBP tent nie. Soos die ure verby geflits het en die mense gekom en gegaan het en die blasé meer op die voete geword het hoe meer
het ek gewonder. Sunette het opgedaag en ek het die kans gehad om vir
twee liedjies stil te sit en na haar te luister. Dankie, vir jou dankie Netta.
 Agter die verhoog het die mense meer geword, van hulle wat ek glad nie
ken nie. Almal kuier, almal is deel. Op ’n stadium het die noodroep oor die radio gekom, ek moet van die “mense” agter die verhoog gaan uitjaag wat
nie daar hoort nie. En die beste is ALMAL het BBP bandjies aan gehad. My antwoord op die versoek – ONS VIER FEES, laat hulle dit geniet. (Die
persoon wat die versoek gerig het, was nie baie gelukkig met my nie).

Die uitdunne van Mej. Randlespark Sprankel het intussen ook plaasgevind in die saal. Ek kon dit nie bywoon nie. Al het ek hard saam die res van die
span aan dit beplan. Ek het wel stil gestaan toe die opvolger die kroon by Simoné Minnie oorgeneem het. Ek is dankbaar ek het die hele ding vooraf opgeneem – anders sou dit ook nie so uitgewerk het nie. Ek onthou hoe
mooi Simoné gedraai het terwyl my stem aankondig ”... dit het tyd geword
vir die kroning van die nuwe Mej. Randlespark Sprankel...” Ek wou bewoë
raak maar toe roep iemand op die radio. Met die aanbied van die tipe ding
“is elkeen se krisis die grootste een” en dit verg onmiddelik aandag.! Waar
jy op die terein is en wat jy doen maak nie saak nie – Nou!

Ek kan nie genoeg dankie sê vir elke kunstenaar wat met hulle talent kom
help het om die dag WEER so groot sukses te kom maak nie. Reinier wat naderhand ingesring het en nie net sy sang talent gebruik het om te help nie maar sommer die radio en selfoon namens my hanteer het en saam gedraf
het – dankie, jy. Natalie wat bont moes staan as verhoogsbestuurder  - vir
jou ook ’n spesiale dankie. Jy het werklik vir my baie gehelp. Soms ook die “houe” agter die verhoog gevat en dan nie eers geroep oor die radio nie. Dankie, Natz!. Eagen – wat sal ek nou vir jou sê ,dit was super lekkerrrr om jou as Mc by die fees te hê . Ons het dit geniet. George was siek en kon nie die fees maak nie, ons het hom gemis en dan Tobi – kon dit ook nie maak
nie. Volgende keer is hy daar en kuier ons soos in die verlede lekker saam
met hom. Ons wil ook net weer dankie sê vir elke kunstenaar wat dit verniet doen, nooit daaroor praat nie. Henri Alant was waarlik nou ‘n haan onder
die henne gewees en ek kan met trots sê die fees het hom behoorlik aan die KOSH-area se mense kom bekendstel. Die mense was mal oor hom en kon
net nie genoeg van hom kry nie.

Lee Scott het net so lekker afgegaan en ek onthou die laaaang ry mense wat na sy optrede vir hom hallo wou kom se. Dit is lekker om te sien hoe die mense met die kunstenaars kennis wil kom maak. Sunette was soos altyd pragtig op en en ook af van die verhoog af. Sy het ook die nuwe Mej. Randlespark se kroning behartig. Pieter Naudé was gewild en het die mense aan die brand gesing en Robbie Klay het soos elke jaar  - Alles gegee. Leroi het ook naam gemaak en die mense op hulle voete gehad. Die Sondag toe
ons skoon maak het ’n tannie kom vra wie was die “mannetjie” wat tweede gesing het – dit was Leroi. Hulle het hom en die energie baie geniet. Willem het die girls lam gemaak! En sy mooi boodskap na die tyd sal ek lank
onthou. Ek het natuurlik so tussen die hardloop na Steven Sterling se mooi musiek geluister. Dankie, Steven dat jy daar was al was die dag vir jou rof. Riaan Grobler – ai wat kan ek van hom sê?  Hy het uit die Kaap gekom en
sy staal kom wys. Hy was tussen die mense en hier en daar het ’n tannie se hart ’n slag of drie gemis. Baie dankie dat jy die dag so mooi kom maak het Riaan. 

En dan my “Uncle” Charles Rudd en sy vroutjie – Bokkie. Julle is nou maar
net die beste. Dis al van jaar een af wat hulle getrou aanmeld vir die fees dankie dat julle end uit gebly het. Charles en die fees is al soos familie. Ek
kan my nie ’n fees indink sonder hom nie. Juan Enslin was ook deel van die dag. Hy is van Klerksdorp en ek is bly ons kon die KOSH area wys watter talent het hulle eintlik in hulle midde het. Alex het seker gemaak ons doen
die Boereboogie, dié jaar het ek die boogie voor die verhoog gemis maar dankie dat jy daar was , altyd lekker om saam met jou te werk. Johan van
der Merwe het nie net deel as Kunstenaar in die hele fees nie. Ek wil vir hom en sy hele span baie dankie sê vir hulle bydrae tot die sukses van die fees. Woorde kan nie my dankbaarheid oordra nie. Stef wat hom met ons deel – dankie vir jou ook.

Oom Charles en tannie Alta wat elke jaar van Pretoria kom om te kom deel
in die fees – julle is nou ere lede. Dankie, vir julle hulp en bydrae nè!.
Carien wat ook saam my werk – baie dankie vir al jou hulp agter die
verhoog. Elkeen van ons het ’n unieke werk daar agter. Dankie, vir jou deel
en ure. Ook Hannes – glo my die man laat nie met hom speel nie – as daar gesê word geen toegang sal jy luister. Dankie, Hannes. Jy het ons baie
gehelp hiermee.

Klerksdorp Rekord - Danie, Salomé en die hele span. Dankie, vir julle ondersteuning en ook vir elke berig wat julle plaas. Sonder julle wat skryf is ons verlore. Baie dankie dat julle ook sover elke jaar die fees bywoon.
Dankie, ook aan Nicolize wat die Beeld verteenwoordig wat elke jaar kom inloer. Maggie wat ook deel is van die Rekord span – ek kan jou verseker uitsonder dankie. Jy het so hard gewerk saam met Amanda. Saam met jou
kan enige organiseerder berge versit. Jy, jou man en Kinders was regtig staatmakers. Baie dankie.

Oom Gert en Tannie Elaine van Niekerk – baie dankie dat julle so hard saam ons kom werk het. Dankie, vir julle hulp en insette.

En dan al die ander Kunstenaars – Joeye Lane, Bobby Louw, Devon Row so kan ek aangaan, dankie dat julle kom saam kuier het. Sonder julle ouens is daar net nie ’n fees nie. Ek waardeer elke kunstenaar wat hulle weg oop
gesien het om vir ons te kom sing. Ek wil ook vir elke uitstaller dankie sê
wat kom uitstal het. Baie van julle het ek gemis, maar dankie dat julle hier was en deel was van die dag. Elke een wat gehelp het – dankie. Ook an
almal wat gekom het om die foto’s te neem. Julle het die mooi herrinneringe vas gevang. Bertie van pixbert fotografie -  dankie jy het ook ongelooflike foto’s geneem. 

Frikkie het nie net vir ons gesing nie, hy het die aand voor die fees tot 1uur die stalletjies uitgemerk en nadat hy van die verhoog af geklim het kom
Jaffels verkoop – dankie vir al jou harde werk. Ek glo nie daar is werklik iemand wat werklik verstaan nie. Ek weet jy doen. Dankie, ook vir al die
mooi ontwerpe wat jy gemaak het vir die fees.

Weereens elke een se werk met so iets is Uniek. Ons sê ook dankie vir die Wow tydskrif en Your City wat die voorblad na die fees gevul het met Randlespark Foto’s.

Elkeen wat gehelp het, bygewoon het en deel was. Dankie. As ek jou naam
nie in die Resensie genoem het nie – dankie vir jou ook. Die fees was so
groot die jaar dat ek ure sal sit en skryf. Dankie, ook aan Cobus Cooper Gomes en sy span wat die kamera toetse kom doen het. Was lekker om
julle by die fees te hê. En John Dory’s wat hulle gemaklik gehou het –
dankie. Van die karwagte af tot by die ouens wat my gehelp het om die asblikke skoon te hou. Dankie.

As ons wel op ’n volgende keer besluit – sal ek julle almal weer by die fees
wil sien. Op die stadium is daar so klein stemmetjie wat sê  - daardie
volgende keer is verseker nie 2011 nie. Dalk moet ek net vastrap en vir daardie stemmetjie luister. En ek dink amper na die fees is dit wat ek gaan doen.

Vir Twins gastehuis en St. Andrews in Klerksdorp waar ek en die gaste tuis gegaan het – dankie julle. Ek kan dié twee gastehuise beslis aanbeveel.

http://www.twinsguesthouse.co.za

http://www.st.andrews.co.za

 Na die tyd is daar lekker gekuier by die gastehuis...en die “afterparty” sê storietjies hou ek verseker eers vir myself. Maar glo my – daar was gekuier. Veral onder die klomp wat oor gebly het en die volgende oggend terug is Johannesburg toe. Ek was uit op my voete maar julle ouens het dit lekker gemaak.

Dirk van der Westhuizen en sy ouers het ook lekker saam gekuier. Hulle beplan ook aan ’n fees – volg die fees op Facebook. Ek is genooi om die
“fees” te gaan vier. Ek maak so – siende ek myne heeltemal moes mis.
Dewald – jy was ’n  regte yster daar agter die verhoog en soos altyd vriendelik. Was lekker om jou daar te hê . Ok, Ok – ek sal nie verel van die vuurmaak proses by die gastehuis met die after party nie, maar wonder
steeds of jy toe wel die hitte van die vuur gekry het – ek het toe weg
gesluip en gaan oë toe maak. Ha ha, ja glo my die staaltjies is baie – maar soos ek sê dit bêre ek vir ’n volgende keer.

Ek hoop julle het die fees geniet. Baie dankie aan elke een wat saam my in
my droom kom deel het nie. Dit is werklik was die fees was  - ’n droom wat waar geword het. En alle eer aan die Heer.

 

Melanie – dankie dat jy die fees soos elke jaar vir ons kom open het. Op die regte manier het ons die fees oop gemaak. Dankie, ook dat jy verstaan as
dit by die fees kom.   

Tot dan – kom kuier ek eerder by julle feeste vir julle en help ek graag want na so fees soos die weet ons – dit vat baie mense om so ’n verskil te maak.

Liefde en wense.

Ekke

Laat my toe om bae dankie te sê vir die mense van Afsaal wat gehelp werk
het en ook KLOPP wat ons ondersteun het. Rietvlei Slaghuis in Viljoenskroon en Oasis water Klerksdop en @tlantic wat ons hempies geborg het. Tradelander vir die veilig hou en DEAL events vir die beste klank nog,
Dankie!.

John Dory’s Klerksdorp en Parke Raad wat die park so mooi in stand gehou het.

 (Druk hier vir foto's van die fees)

 

Die grootste Geskenk…

(Die gedagtes was so agter dat ek sommer twee weke sin met julle kom deel het).

So het dit vir Ignaz tyd geword om nog ‘n jaar ouer te word en ja… hy is
nou ouer. So word ek die 15 de Oktober drie uur die oggend wakker met die lui van die telefoon en ek besef… Wow – dis die grootste geskenk waarvoor
ek seker in my lewe kan kom vra. Mense wat my onthou. Ek besef ek word regtig ouer en wyser want dit is die tipe ding wat vir my in die lewe begin saak maak. Wel ek het geweet dat dit die “Minister van middernagtelike sake” by die stasie van die nasie is wat my op die lug gaan sit  - deur die slap en al… ek het maar nie geantwoord nie. Veiligste né!.

Die oggend toe ek waarlik wakker is het ek net verder deel gehad aan die groot geskenk. Mense , vriende, kollegas en facebook vriende wat geluk
wens. Dankie julle! So kom ook die 7 de oproep van Nancy af. Die eerste geluk wens het gekom toe ek maar net 19 jaar oud was en ek besef hoe
mooi is omgee vir mekaar werklik. Lorita se sms is instelling en ook my
neef, Lenny wat net na 12 elke oggend van 15 Oktober die herrinnering
stuur dat hy sy klein neef onthou. So het ek op my verjaarsdag geleer – omgee is the name of the game. Yolanda se oproep en elkeen se welwense. Dankie julle. My dag was so so so volmaak. En my hartjie was vervul. Al
weet ek vandag (vrydag) is ‘n werkende verjaarsdag is ek so dankbaar vir
die “les” wat ek kon leer.

Ek sal seker nooit die afwagting wat ek as kind gekoester het vergeet nie. Daardie mooi koeke en die lekkergoed pakkies skool toe. Ma wat reg maak
vir die oorkom van die maaitjies en die kleurvolle springkastele. Haai julle – die lewe gaan so gou by ons verby. Ten spyte van wat met ons gebeur het gister en die dag voor dit he tons soveel om voor dankie te sê. Ek het
werklik die lekker van verjaar geniet en dankie vir jou deel daaraan. Elkeen van julle het my dag besonders gemaak. Nou ja van ‘n wyser Ignaz – dit
was lekker. En net vir die Rekord – die Laaitie word nie een dag ouer nie, wonder net so nou en dan of Ignaz gaan byhou.

Mooi loop en as jy verjaar, sien die lekker van verjaar raak en die mooi van Onthou. x

 

 

_______________________________________________________

Feestelik!

 

Hallo aan die gereelde HET JY GEHOOR besoekers. Dié week vertel ek oor
die lekker van feesvier en natuurlik oor my ervarings by die feeste - Glo my
– ek het die afgelope naweek gefees!

Klerksdrop Rekord Straatfees is in dié 20 jaar , elke jaar deel van die datum
op die kalender. As klein seuntjie het ek dit nooit gemis nie, ook nie die jare
wat dit in Klerksdorp se strate aan gebied is nie. Dié jaar het ek die
uitnodiging gekry om saam te gaan fees by die Rekreasie gronde waar die
fees elke jaar aangebied word met groot sukses. Dankie, Elize Kruger van die SAPD wat my dié jaar genooi het en alles mooi gereel het, dankie ook dat jy
ons so vriendelik ontvang het. Van die hek af reg deur! En ek het sommer al lekker vroeg saam begin kuier en saam met van die organiseerders en feesgangers gekuier.

In die gaste se tent is daar stoom afgeblaas, kos gegee, program aangepas en sommer geskerts. En ek wat self een keer ’n jaar in diesefde skoene staan , verstaan 100%. Maar ek dink elkeen wat daar deel was verdien ’n pluimpie.
En sommer hiermee saam ook ’n Geluk julle!. Dis harde werk – en julle doen
dit lag, lag. Baie geluk met 2010 se sukses. Pieter Naudé was die aand daar
en ek het gewag hom vir hom en Rene hallo te sê en sommer bietjie te ondersteun. Was lekker om hulle te sien en vir Pieter in aksie te sien. Kan nie wag vir die man se kuier by ons fees nie. 

Saterdag was ek die omroeper aan diens by die Lentefees in Potchefstroom en ook sommer so saam die MC vir die dag. Ons het vroeg al begin en lekker
vroeg in die pad geval Potchefstroom toe. Hier was die reëlings ook perfek. By die hek is ek maklik in, tot by die hoofarena en het die sports begin.

Ek het natuurlik sommer dadelik weg geval met die MC werk en op die uur
met die borge regstreeks gesels vanuit die uitsaai eenheid. Glo my, uitsaai en die verhoog aan die gang hou – kom nie maklik nie. Maar met die wa deur die drif was dit lekker. Suzette, baie geluk met die fees en ook aan elkeen wat betrokke was. My waardering vir MEGA SAVE Potch is groot. Hulle het vir my
’n hele klomp pryse gegee om weg te gee so van die verhoog af en het die feegangers dit geniet. Ag en ek ook sommer.

Ek moes seker maak die feesgangers is reg en in die regte gees vir die
optrede van Gerhard Styen.  SOUNDTECH het vir my klank gedoen en met die WAKA WAKA as “tema” lied het ons die ding gedoen. ’n See van mense voor
jou en gees wat oorloop – is vir die oudag mooi herinerringe. Ek het dit
gewaag om van die verhoog af te spring en binne die gehoor te gaan –
RISIKO. Mense raak so meegevoer dat hulle jou sal dood trap sonder dat
hulle dit werklik agterkom. Wel, terug verhoog toe het ek net elke oomblik geniet. Die gees was in oorvloed. Dankie, Potchefstroom vir julle “nice” wees. En ek neem 2011 se uitnodiging verseker aan! Dit was lekker om met julle te
werk en die voorreg is verseker myne.

 

Gerhard en sy span was so gaaf (soos altyd). Hy was net die ou self. Lekker gesels waar ons die kans gehad het en dit gaan goed met die man! Hy is reeds baie groot – maar ek dink daar wag nog groter dinge vir hom in die toekoms.
Ek sal elke dag saam hom en sy mense werk – GEMAKLIK.  Die mense was
mal oor hom. En het woord vir woord saam gesing. Wat Gerhard so laat
uitstaan – Tyd vir almal en altyd reg om met die ondersteuner te gesels. En
dis die tipe ding wat ons raak sien. Hy is super. Sy span – julle mag maar.

Dis nie altyd maklik om so “groot verhoog” te hardloop nie. Maar die ene het ons gewen. En dankie aan Isabel Kruger wat later kom help het om hand by
tesit met die weg gee van die pryse van die verhoog af. Dit was ’n groot
sukses.

So het ek ook sommer uitgehelp met die MC werk vir die kroning van Mr. &
Mej. Lentefees 2010. En dit was lekker. Soos die ouens teen die tyd weet, is
ek kwaai agter die verhoog – maar alles moet net reg verloop. Dankie, dat die deelnemers so mooi saam gewerk het en die aand onder my leiding mooi
begin en afgesluit het. Ek het dit saam met julle geniet. En so ook die beoordelaars. Dankie, aan Veronica wat my ge assisteer het van agter af. Sy
was net so ster en is ook nou ingespan vir die RANDLESPARK FEES 2010 – ’n Dame wat weet wat sy doen. Ons het mekaar sommer dadelik gevind en
lekker saam gewerk. Nogmaals dankie dat ek genooi was en dankie dat ek in julle fees se sukses kon deel.

Vir van die “studente” wat gekuier was voor die verhoog toe die kompetisie
aan die gang was- oor hulle wil ek niks sê nie. Dalk net, kom loop jy daar...
Elke deelneemer het guts! Dis nie maklik nie, maar hulle het dit gedoen. En ja – sulke outjies soos julle wat GEEN MANIERE het, is die oorsaak dat outjies
soos ek – nie die tipe ding sal bywoon nie – want julle gooi eintlik die
Afrikaner se naam weg. Jou rasistiese aanmerking maak die lewe ’n slegte
plek – besef jy dit? Weer waar was jou “guts” boetman? En ja die dametjie
wat jy so uitgekruit het, was toe die wenner. Wonder wat sê jy nou nè. Sies
vat jou maniere saam jou na sulke pleke en maak seker mense soos ek skaam ons nie vir iemand onbekends soos jy nie. “Cool dude”...tot jou pelle om jou
het hulle mors dood geskaam. Ons jongmense se maniere vergeet hulle nie
tuis nie – Hulle HET NIE MEER MANIER NIE. Bly by die biertuin en los die
funksie – jy hoort dalk eerder in die biertuin en nie by ’n kroning nie. My punt vir jou is 0 uit 10. Jy is nie die naam Afrikaner werd nie. – Sorry!

Dankie, aan elke een wat vriendelik kom groet het, MEGA SAVE se eienaars en span wat so gaaf was om pryse (buiten die wat hulle reeds geborg het) vir die hoof arena te gaan haal en sommer vir die lekker gesels en saam kuier agter
die verhoog. Julle is een groot wen span. Dankie, aan PEPSI wat seker
gemaak het ons het genoeg om te drink. Ek het hulle onderhoud ook baie
geniet. En die vloer bestuurder – “tannie” jy was super!. Jy het so mooi na
ons gekyk. Dit was lekker om saam met “Tannie” te werk. Skuus ek “tannie” maar ek en name is nie goed nie. Sy het haar mooi oor die laaitie ontferm. En seker gemaak ek het alles wat nodig is.

Na die 14 ure skof , op pad terug Viljoenskroon toe was ek net stil. Net
dankbaar dat ek die voorreg het om te doen wat ek doen dit. So in my kar my “me time”. En het ek lekker met myself en my hart gesels. 11:40 die aand
toe ek by my hek inry, seer lyf, af knieg, stamp teen die kop weg en flou en
uit op die voete was ek vervul. En dankbaar vir my werk. Ek geniet elke
oomblik hiervan. Dis eke – dis my droom...ek leef hom. Dankie, vir elkeen
wat my toelaat om dit te doen. Julle ouens maak die ure en stywe spiere die moeite werd. 

Vrydag is ek MC by die uitdinne vir Mej. Stilfontein by City Mall Klerksdorp.
Kom loer in en kom deel in die dag. Die gala geleentheid vind plaas 18 September by die Strathvaal Club in Stilfontein. Ek MC ook daar. 

Saterdag – 4 September kuier ek by die DANKFEES in Klerksdorp.
Schoonspruit Hoërskool , gratis toegang en lekker baie vermaak. Kom kuier gerus saam. Ek dink dit gaan ’n lekker basaar wees en baie om te doen. Ons
het kunstenaars wat optree en ek sal julle MC vir die dag wees. Moet nie die
een mis loop nie. Dis vir die hele gemeenskap. Kom ondersteun die
kunstenaars en die kerk. Navrae van 0184693801. Dankie, ook dat ek hier betrokke kan wees. Ek sien uit na bogenoemde. 

Dankie, vir elke organiseerder wat bel en nooi – julle help my om my droom
te leef. Nogmaals dankie. Sonder julle nooi, wel kan ek nie. Dis lekker om
saam julle in die suksesse te deel. En julle doen ’n wonderlike werk.

Laastens laat my tog toe om ’n paar name te noem

·        Tanya Roos     – Klerskdorp Rekord

·        Salomé Kotze  - Klerksdorp Rekord

·        Maggie           - Klerksdorp Rekord

·        Elize Kruger    - SAPD

·        Suzette          - Ferdies Hoërskool

·        Mr. Lappies     - Skoolhoof

·        Mega Save      - Borg

·        Overvaal Stereo- Die geleentheid

En as ek nie jou naam hier genoem het nie – dankie vir die gasvryheid en vriendelik wees tydens julle feeste. Julle het dit aangenaam gemaak. Net die beste vir elke een van julle. 

Tot volgende week waar ek oor die uitdinne kom gesels en foto’s bring ook oor die dankfees groet ek eers. Ek is beskikbaar om jou MC werk te doen, maak gebruik van die kontak nommers op die webtuiste – ek kuier graag.

Rus voete Groete.

Die laaitie.xxx

__________________________

Twee Weke se nuus...

Hallo julle. ’n Hele twee Weke is by ons verby. Laas week kon ek nie by die gedagtes uitkom nie en dis nie asof ek nie iets gehad het om te sê nie. Tyd ,Tyd,Tyd. Ek dink onwillekeurig aan die liedjie van Andre Swiegers – sirkels van tyd. Ek gaan dié week een goot lang gedagte met julle deel. Ek gaan stukkies uithaal en net kol-kol kan vertel siende ek nie alles hier gaan kan inprop nie.

Ek was by die Checkers Hyper boerewors Kompetisie. Ons het vandaar uitgesaai en in die braai prêt gedeel dankie, aan al die getroue luisteraars wat kom hallo sê en altyd seker maak die mense van 96.1fm voel tuis in julle dorpe. Saans – as ons huis toe gaan na so dag neem ons baie saam ons, die baie wat geld nie kan koop en wat ons nie op die rak kan uitstal nie. Dankie, vir elke vriendelike gesiggie en elke handruk. Ons waardeer!

Ná die kuier by Checkers is ek Randlespark toe vir die Somers braai wat ek vir die inwoners van
afsaal tehuis gereel het. Dankie, aan my borg vir die vleis. Die ander drie tehuise is ook genooi . Maar almal was teen die tyd wat ons moes begin nog nie daar nie. En ek het besluit ek gaan uitvind hoekom nie. Dit was met hartseer wat ek verneem het baie van daai mensies het nie ’n eie stukkie vleis om te
kom braai nie. Julle, my ou hartjie was eintlik flenters. Ek het met my mede organiseerders vergader en ons het besluit ons gaan ons vleis wat daar is ,deel. En het die ander wat nie het nie genooi om saam te kom kuier. Ons vleis was genoeg en daar waar ons gekort het, het ander uit gaan haal. Dankie, aan Overvaal Stereo wat die slaai vir die geleentheid geborg het.

Die Seniors moes bietjie “sing” in die hoop dat hulle na die liedjie ’n ballon stukkend sal steek wat dan sal sê – GELUK. Dan kry die persoon een lekker duur geskenk. As die ballon se – JAMMER, dan moes hulle maar weer die mikrofoon nader trek. Dit was prêt . O en die note wat daar uitgekom het. Ons het elke oomblik geniet. Dankie, ook aan diegene wat sommer saam kom kuier het en gehelp het om hulle dag spesiaal te maak. Groot waardeering vir Simoné Minnie en haar Ma.

Dis ook hier waar die besluit ontstaan het om vir Simoné ’n opvolger te kroon,ek staan self in beheer van die pryse en die wenner stap weg met bykans R10 000 se pryse. Die kroning vind plaas by die fees self. Skryf by die fees in en wees deel hiervan. Navrae:083 329 3006

Ek het toe ook die naweek wat verby is net in die kar geklim en gery. So eindig ons toe op in Sandton. Ons het gedraai van  Santon City tot by die Nelson Mendela Square. Ek het my verkyk aan die belangstelling wat die beeld na al die jare – (opgerig en onthul in 2004) vandag nog soveel lok. Mense stroom na die beeld en dit is een foto na die volgende. Vol belangstelling staan hulle nader om kennis te maak met die reuse beeld. Ek wil ’n besoek aan die Sentrums bo genoem weer voorstel. Gaan loop daar deur en wees deel van die lekker van Suid-Afrika. Ander kom 1000de Kilometers vêr om dit te kom bewonder, ons hoef net ’n paar kilometer te ry om deel hiervan te wees. En winkels – “TO DIE FOR” sou my vriendin Lyd’s mos gese het.

Overvaal Stereo se Talent Kompetisie is die naweek, kom deel daarin. Potchefstroom Lentefees 2010. Ek gaan my beste doen om die Vrydag daar te wees om die deelnemers te ondersteun. Maar as ek nie kan nie – sal ek wel die saterdag daar wees as Mc. Ek weet dan kuier Gerhard Steyn en Snotkop ook saam. Kom loer gerus in. Potchefstroom Lentefees gaan kook.

Die 4de September 2010 is ons in Klerksdorp by die DANKFEES en daar gaan lekker gekuier word die Saterdag. Leroi, Rhinestone Girls,Frikkie en vele meer wat gaan optree en die toegang na die fees is gratis. Stalletjie: 018 469 3801.

Onthou ook om jou stalletjie te bespreek vir Randlespark Karnaval ,25 September. Sarie sal jou help by bogenoemde nommer. Kort is dit wat ek die week vir julle kan kom vertel. Dankie, vir die geduld met laas week se gedagte. Volgende week is ek terug met ’n lekker vertel oor die Talent Kompetisie en Lentefees.

So sê ek eers Groetnis van Huis tot Huis.

Ekke.

_______________________________

DIE WEEK IS VOL EN BESIG

Hallo julle. Ag, liewe genade die week is verby en geen gedagtes nie. Julle ouens sal nie weet hoe hardloop ek rond nie.Jammr dat ek so min by julle uitkom. Dankie,

dat jy weer kom inloer het en vir al die geduld met die laat wees. Daar is soveel dinge wat net nou moet
gebeur. Ek sal volgende week lekker kom skryf en
vertel. Ek moet en wil nog kom vertel van die
Floatingfeet feet Kompetisie waar ek was. En Ek sal. 

Ek is Saterdag by Checkers Hyper in Klerksdorp en gaan kuier saam met die manne van die Luiperds span.
Kom se asb. hallo. Dan die lekker somers braai wat Saterdag vir die oumensies gehou word in Randlespark en dan ook die musiek maak – julle is welkom om ook na 3 daar saam te kom kuier hoor. Dis by afsaal. Groot is my dankbaarheid vir die borg wat my hande hiermee geneem het. Mag ons lekker kuier saterdag en ek waardeer mense soos jy wat net in spring en help.

Kom se  asb. hallo by een van die kuiers die naweek en kom deel in die prêt. Volgende week kom vertel ek oor al die ander dinge en bring lekker baie foto’s saam om vir die week sin op te maak. Belowe – julle gaan lekker kom lees. Volg my gerus ook op FaceBook of stuur gerus jou Epos. 

Mooi bly my maters – skryf in vir ons (Overvaal Stereo) se talent Kompetisie dis om die draai. Ek sal julle gaan ondersteun die dag in Potch. Ek sal daar wees en sal saam julle duim vas hou. Skakel ons kantoor by 056 343 2076/7. Dalk is jy net-net ons volgende super Ster. Sal jou graag wil onmoet. 

Onthou ook van die Dankfees  - 4 September by Schoonspruit Hoërskool en natuurlik die Randlespark Karaval 25 September. Navrae  -018 469 3801.

Stalletjies is nog beskikbaar. 

Liefde.

Ekke. x

_______________________________

DAAR IS MONSTERS DAAR BUITE...

Hallo julle. Ek wil weg trek met ’n dankie. Dankie, dat julle die “HET JY GEHOOR” week vir week volg en sommer net kom kyk wat ek tesê gehad, het. Ek waardeer dit so! 

Wel, ek plaas die opskrif as ’n status update op my Profile status op FaceBook en hy tref.! Die mense  - ons mense – maak dit hulle eie en lewe komentaar, hulle deel my mee van hulle monsters, hulle seer, hulle bang wees, hulle angs... En ek waardeer dit so! 

Ek besef toe ook dis nie net Ignaz wat die monster
buite het nie. Daar is soveel ander wat dit ook ervaar. Sien elke gedagtes kom uit my hart uit. Ek leer die week so bitter baie na die opdatering van my facebook status. Ons staan nie alleen nie, baie ervaar die dinge in die lewe wat net die lewe ons kan kom leer . Ek Leer ook die week, alles wat met ons gebeur laat onsself toe dat dit met ons gebeur. En ons moet ophou die fout by ander soek. Ons moet by onself begin. Diep binne ons.
En daai ‘Monster” kom maak sy draai sonder dat ons soms daarvoor gaan vra of self daarna gaan soek!. 

Die lewe bring saam, die skool met die blou dak – daar waar ons leer wat ons nie altyd will leer nie, soms maak dit seer, soms word ons wyser. Soms sukkel ons om op te staan! Maar as ons om ons kyk dan sien ons ons het mense om ons wat werklik om gee. En vir daai handjie vol in my lewe kan ek net voor dankie kom se. Julle ouens is ongelooflik. 

Ignaz het die laaste week soveel gehad om oor te
besluit en laas week het ek geskryf oor “DAAI STEMMETJIE” wat ons so graag nie na wil luister nie. Wel, daar is ’n lyn wat getrek word en die stemmetjie sê vir my, dis nou tyd om daai lyn te trek. En ek glo as dit die wil van die Here is, sal ek teen volgende maand daardie lyn kan trek. Dit is tyd. Ek kan nie teveel verklap nie, maar Ignaz het ander planne. Planne wat my lewe wel so bietjie gaan verander en wat baie veranderings sal meebring. 

Vandat ek kan onthou was die liefde vir baie sake in my lewe oorweldigind. Ek het geleef vir mense se nood.

Maar ek het ook weer kennis gemaak dat dit baie dinge kan inhou warvoor ek nie kans sien nie. En hier kom my besluit. Wat gaan ek doen. Ek sal wel teen Augustus presies weet wat, waar en natuurlik hoe. Ek sal julle op hoogte hou in die verband. 

Randlespark wil ek tog so iets oor kom sê die week. Dit is ’n droom wat sommer vanself koers gevat het. En wat net groot gegaan het. En ja – Baie groot! Maar as dinge teen volgende maand in plek val sal ek die projek en vele ander moet groet. Ek is reg daarvoor. Ek het ook reeds die besluit geneem dat 2010 nie nog ’n Mej. Randlespark sal saam bring nie. Ons gaan saam werk met Simoné om die jaar die fees af te sluit op ’n hoë noot. Die Karnaval sal wel, indien doe nodige gebeur - tot niet gaan. Maar dit sal wel in die gedrukte media met u gedeel  word. Ons kan ook net stil staan en se soveel van die seniors is oorlede in die tyd na laas jaar se  Karnaval. Die een as ons groet  - sal ons aan hulle opdra. Ses jaar was die projek my alles. Iemand anders kan oorvat – as dit so moet wees. Die geskiedenis van
die projek sal ek wel met julle deel as die besluit dit toelaat. Daar is ’n tyd om te kom en ook ’n tyd om te gaan... Dalk is Ignaz nou daar. Ek hou julle op hoogte.

Dankie, aan elke een wat in die bewusmaking in die jare gedeel het. Ons het saam, saam ’n verskil gemaak. Dankie, julle.

Wat die monster’s betref – mag ons hulle buite hou, weg van ons af. Mag ons waak! Ek kan net sê , Bid asb. saam dat die nuwe dinge wat dalk gou op pad is vir my sal werk. Die geleentheid is groot!. 

Ek nooi julle om aan te sluit by die Facebook blad vir RANDLESPARK sluit gerus aan. Alle info is daar en so vertel ek gereeld wat ons beplan. Geniet die foto’s wat ons die week opsit van van die kunstenaars wat daar gaan optree. 

Dis in kort die gedagte van die week. Systap daardie monsters. Hulle is nie die seer dinge in die lewe die moeitewerd nie. En die wat kwaad soek – vermy hulle my vriende. Ons kan dit doen. 

Volgende Dinsdag is ek terug met die volgende
gedagte. Volg hom gerus! 

Mooi kyk na julle self en soos altyd Dankie, dat jy hier was. Mooi wense vir die onbekende week. 

Liefde en wense.

Ekke. x

____________________________________________________________________________   TEMPO TOEKENNINGS

Soos elke jaar is die toekennings op die agenda en is al wat leef en beef reg vir dié geleentheid van  die jaar. Hulle praat al vroeg in die jaar oor die klere, die kuier na die tyd en wie gaan met die toeknnings weg stap. Elke jaar… mis ek dit!. Sien ek dink nie die kunstenaars, publiek of instansies weet presies hoeveel gaan ons deur om die funksies by tewoon nie.  Kom ek vertel hoe werk dit.  So staan ek Dinsdag oggend net na 5 die oggend op en maak dat ek by die ateljee kom vir die saam stel van die nuusbulletins, dan werk ek 09:00 tot 11:00 druk vir die nuus om 13:00, gaan maak gou klaar en vat dan die pad Johannesburg toe. Met die toekennings was dit soos ons almal weet Emperors Palace toe. Oppad beland ons in ‘n klein ongelukkie – niemand het seer gekry nie en die skade is nou maar jou “warry vir na die tyd”. Moed hou en aanhou, ry ons verder. Die verkeer is rof, ons ry juis vroeër om dit dalk te mis so dan is ons nou nog baie vroeër
by die bestemming. Ons wag.

Die gaste daag op en dit is tyd vir die funksie. Die kunstenaars kom aan, almal lag, gesels is vriendelik en opgewonde en staan graag onderhoude toe. Radio is anders so nou en dan moet jy oorskakel en verslag doen wat daar gebeur en daar kan nie teveel geraas in die agter grond wees nie – soms soek ons die stille agtergrond in die kleedkamers op om die luisteraars te kan inlig wat waar en hoe. Dan moet jy maar vertel wat jy gesien het.

Met Tempo Toekennings het ons in die ry geval vir die “koevertjie” wat nie almal kry nie (en waarvoor ons natuurlik dankbaar is, dis nou vir jou toegang en die toegangs bandjie vir die “after party” ) en dan beweeg ons in. Die room van die Afrikaanse musiek- bedryf is daar. Waar jy kyk staan almal en kuier en is reg vir die groot geleentheid. Die wat mekaar nog nie ken nie maak kennis en die wat nie kennis maak nie – verdra my as ek sê skinder oor die ander een se rok, se maat aan die sy en so kan ek aan gaan. (Onthou nou ons is in die bondel en mens hoor maar die goed). 

Dan kom Lianie May en Barry by die deur in en sy lyk ongelooflik mooi, die Boeremeisie lyk soos ‘n prinses dink ek, en toe die warm hello van haar en Barry se kant af. Hulle klets sommer so vinnig en is sommer soos altyd net dieselfde. Martin Lane stel iemand aan ons voor en verdwyn tussen die bekende gaste in.  Dis tyd vir vars lug. Ek gaan staan buite, loop met die uitgaan slag vir Cheree en Wynand Strydom raak by die ingang en Cheree steek op die plek vas om met ‘n Country drukkie hallo te sê. Wynand glimlag breed en skud blad. Buite staan JayCee en ‘n paar vriende. Hulle groet vriendelik en ons maak kennis met dié wat ons nog nie ken nie. 

Lydia Winchester daag op en ek kry die kans om haar sommer in die parkeerterein te sien, WOW! kyk “moeder” se “outfit” merk ek sommer so hardop! Sy lyk super Sexy! Sy , Heleen en Amanda van RSG groet en maak vir binne.

 Ons beweeg weer in, dis tyd vir die funksie om te begin. Soos ons inbeweeg staan die room van die Afrikanse musiekbedryf rond en kuier. Oppad in merk ek hoe mooi Esmaré Weideman lyk en kyk ek na die mooi rokke , spesiaal vir die geleentheid. Binne is die saal amper vol en almal wag met afwagting op die bekendstelling van wie die toekennings gaan vat. Die stem  ...” DAMES EN HERE HUISENOOT TEMPO TOEKENNINGS SAL BINNE 5 MINUTE BEGIN...” en almal skuif reg vir die geleentheid. Alvin Bruinders en Elana Afrika is Mc’s vir die aand. Soos die kunstenaars die nominasies aankondig, voorspel ons wie die toekenning gaan vat en die mense om ons voorspel ook luidkeels saam. 

Bobby van Jaarsveld op die verhoog wat gemerk bewoë raak, Juanita du Plessis wat die gehoor verseker dit is nie al ‘n gewoonte om daar te staan as gewildste Vroulike Kunstenaar vir die afgelope 6 jaar in ’n  ry nie en Carike Keuzenkamp wat dankbaar is sy kan nog die trappe opkom. Lianie May wat vir Jay oproep en Romanz se mooi vooraf opgeneemde boodskap. Rudi en Corlea wat meer as een keer soos voorspel op die verhoog gaan draai en wat As ek sing uit die hart uit sing. Die toejuiging vir Jack Parrow, al het hy nie die beeldjie gewen nie. En dan die laaste Liedjie Baby,Baby, Baby deur Nicholis toe die gaste verdaag. 

Buite staan die kunstenaars graag vir foto’s en kuiers saam met die ondersteuners en die ouens wat die groot oorsaak is dat hulle wel benoem is. Die ander wat onmidelik pad gee na die privaat kuier in ‘n ander saal. Hier en daar was van die kunstenaars wat nog onderhoude toegestaan het en met die Media gesels het. Ek kon met Lianie , Bobby, Gerhard en Nedine Blom gesels en later met Amore en Lydia oor hoe hulle HUISGENOOT TEMPO TOEKENNINGS 20’10 opgesom het. Amore – ongelooflik gewild! En wat natuurlik ongelooflik mooi gelyk het. 

By die privaat funksie het ek met die intrap slag met Quentin Prinsloo begin gesels oor die groot sukses van “Reën oor my en Maskers”, ek merk dat hy waarlik die ondersteuning waardeer. Binne dwaal almal rond, kuier, lag gesels en by die kroeg staan ons geduldig en wag om iets te drinke te kry na die lang sit van drie ure. Wickus van der Merwe was soos altyd reg vir die grapslag en Ray het heel geduldig in die ry geval. Ons het die Kaptein en Duané ook daar gesien. George Meiring het behoorlik oor geloop van vriendelikhied en dis altyd lekker om hom by die funksies te sien. Riaan Grobler was daar en het soos altyd sommer net gou hallo gesê en seker gemaak almal geniet
die funksie. Riaan Ungerer het gesig kom wys en dit is seker al bekend dat ons altyd lekker klaar kom. Wendy van
SELECT het saam gekuier en n mens kan duidelik sien dat SELECT se kunstenaars vir haar spesiaal is. Sy kyk mooi na hulle.  

Die MarNet sussies was daar en ek het lekker met Joanette gesels. So tussen die kuier deur het Esmaré ook ‘n draai op die vloer gegooi saam met van die kunstenaars wat betjie gedans het na die vloer oop gegooi is vir die sokkie, sokkie deel. Amoré Vittone en Gerhard Steyn het behoorlik lyf geskud en die beste deel was die van Emo Adams en Ramey Short wat jy soen my nie meer nie met ‘n danspassie vertolk het. Die gaste het hulle geniet. Talent in oorvloed. Ek het gelet op die sterk teenwoordigheid van die karakters van Binnelanders. Dit het my laat wonder hoekom ons so min van die ander akteurs by die groot geleentheid gesien het. As ek reg gekyk het was daar nou
nie eers een van die Laan se bekende gesigte wat hulle steun kom toe sê het aan die
genomineerdes nie.

 In kort was dit die Huisgenoot Tempo Toekennings vir 2010. En teen 04:10 toe ek by die agter deur stop na die 389 kilometers op my klok kyk en besef die meeste toekenings het lankal al hulle ere plekkies in die nuwe tuistes gekry en pootuit in die bed klim het ek saggies gesê – dit was die moeite werd. Al kom ons soms klaar met flou Milo en ‘n Koue hamburger oppad terug… Die deel waarvan min eintlik weet ne.?

 Wel geluk aan elke organiseerder, Huisgenoot, Esmaré, die benoemdes en elke een wat ‘n rol gespeel het in die aanbied van die HUISGENOOT TEMPO TOEKENINGS. Dit was ‘n reuse sukses en voorreg om op my manier daarin te kon deel. En elke vriendelikke gesig..Julle maak die “nie- lekker- deel” vir ons die moeitewerd. Dankie julle. Bly so vriendelik, straal en wees wenners in eie reg.

 Tot volgende keer – mooi bly en ek is Saterdag ‘n beoordeelaar by die Floating Feet
Danskompetisie in Potchefsroom, sterkte aan die wat deel gaan neem.

 Liefde

Ekke
__________________________________________

Select Musiek se Daisy is hier!

Dit is net nie altyd moontklik om al die funksies en feeste by te woon nie. Op ‘n daaglikse basis kom die uitnodigings vanuit alle oorde. Kom woon ons funksie asb by, kom kuier saam , kom deel in die prêt… Ons kan net nie altyd gaan nie – al is die begeerte ook hoe groot.

 Maar só ontvang ek die uitnodiging van Natasha en Willie Joubert , Daisy het geland en ek moet asb saam kom “Sop en Sherry”. Wel, dis net hier anderkant in Parys en ek kan seker plan maak.  Ek besef ek sal laat wees siende ek nog op die lug is tot 18:30  maar neem die uitnodiging aan. Ek gaan verseker saam kuier. Hulle is só deel van ons dat ek dit net nie kan mis nie!. En ek het die pad aangedurf Parys toe – om Daisy te ontmoet. 

 In Parys het die gaste al aangekom. Almal is daar maar Tasha en Willie se gaste wag heel geduldig op die laaste gas – ekke!. Dit was so mooi van hulle om te wag dat ek ook daar is al het ek dit glad nie verwag nie. Met die intrapslag het ek welkom en tuis gevoel. Die bekende gesiggies het dadelik kom hallo sê en Tasha het met ‘n klap soen verwelkom.  Voor ek vir Willie kon hallo sê het die vinnige dankies begin, sommer die vertel oor Daisy.

 Met afwagting het ons vir die “ voorskou” gewag. En Tasha het spontaan haar man bedank vir sy Liefde, vir ma wat mooi na alles omsien as hulle op die pad is en vir ouma vir die voorbeeld wat sy stel. Skoonma is ook voor dankie gesê en die dankie aan haar is afgesluit met ‘n lief vir ma – dis so mooi dink ek terwyl ek daar staan en aandagtig luister.

  Die media is bedank vir die ondersteuning met die loopbaan en waardeering is uitgespreek teenoor die mense van SELECT. Voor ons op DAISY ‘n glasie klink, bedank Tasha almal  wat by die geleentheid opgedaag het en die gaste (hoofsaaklik familie en vriende) is bedank vir die teenwoordigheid, ook Werner Dey vir die maak van die mooi klere (ek noem hulle sommer skeppings, want dit is in eie reg, wat elke uitrusting is) en ander borge wat ook teenwoordig was.

 Die oomblik het aangebreek en ons maak kennis met Daisy… En dit was lekker!. Tasha het sommer daar in hulle eie huis ‘n draai of twee oor die vloer gegooi voor die ander gaste wat wou by haar aangesluit het. So lekker en boere manier. Ek het gestaan en luister en het dadelik my besluit gemaak dat nommer 4 die treffer vir die album is. Maar so tussen die lag, gesels en kuier deur is dit nie werklik moontlik om die treffer’s uit tewys nie. Maar die vierde snit op die CD  het in my kop vas gesteek.

  Ouma, ma en natuurlik Daisy Joubert het heerlike sop voor berei vir die geleentheid en ons is genooi om elkeen vir ons  sop te kry – en ons het weggelê aan die Sop en lekker vars potbrood! Ek eet nie graag sop nie maar hier diep in die winter was dit liplek lekker. Ek dink amper ek het by Tasha se ouma se pot ‘n draai gemaak. En daar was brood maar nie die brood wat ek en jy elke dag eet nie. Die was met iets wat soet was gemaak – amper geproe soos karamel. Ek het sommer so hele stuk geeët. Daarna is die kuier voortgesit. Ek en Christelle Fouche wat alombekend is onder ons luisteraars het oor dit wat ons gehoor het gesels, en steeds staan ek by snit vier op die  album. Ek en Willie het ook kans gehad om oor die CD te gesels en ek kon nie anders as om te sien hoe hy kort kort met trots na sy Daisy kyk nie.

Die perfekte paartjie. Mense, mense. En die mense wat vir hulle saak maak, hulle ondersteun en bystaan almal onder een dak. Hulle huis oop gegooi vir die kuier en vir die verwelkoming. Dit op sy eie wys jou waar hulle harte lê want dit gebeur nie sommer nie. Die vuur wat warm brand en die Gasverwarmers het gesorg vir die regte snoetsige atmosfeer binne in die huis.

 Die kombuis – Tasha sing op die album van haar eie kombuis, lekker omgekrap maar dis die omkrap wat hulle verkies, deur mense na aan hulle harte. Dit was so mooi van hulle om die funksie by hulle eie huis aan tebied het ek gedink.

Na ons lekker gekuier het, foto’s geneem het en gegroet het, het ek met my “eie” Daisy in die hand weer die pad terug gevat huis toe. En so in die stilte van die nag en die donker pad het ek na Daisy begin luister -  So kon ek net meer en meer Liedjies raak luister wat die luister werd is. Ek het hulle nommers sommer so hier in my kop begin stoor. Ek besef Tasha deel met Daisy van die dinge wat ek en jy elke dag ervaar. Dinge wat met ons gebeur, dinge wat sin maak, dinge wat bestaan en ook hier en daar diep dinge!

 Ek besef weer oppad, ek was reg, die vierdie snit  gaan verseker werk maar ook baie ander. Ek weet klaar wat ek vir die luisteraars wil vertel, hoe ek die aand sal onthou en hoe dit weer baie nuwe dinge en groot dinge vir die sangpaar saam gebring het. Ek dink die Album gaan net weer vir baie ander mense iets saam bring, en elke een van ons ervaar dit anders. Kry joune en gaan op reis saam met Daisy. Leer haar kombuis ken, die sagte handoeke en die honde…

 Dankie Willie en Tasha vir die voorreg om as deel van die Vriende en Familie in Daisy se vreugde te kon gaan deel. Julle ouens doen wat ander dalk vergeet om te doen. Dalk moet die ander ouens ook eers begin by die begin en dit is by die mense wat waarlik omgee en wat in hulle lewens ‘n verskil maak. Dis net weer een groot voorreg gewees. Dankie julle en dankie dat ek ook deel kon wees. Hou aan om die vreugde uit te straal soos julle twee dit nou doen.

 Melanie en Henriette – dankie vir julle altyd vriendelik wees in die kantoor waar julle die Jouberts se sake namens hulle behartig. Julle is net so AMAZING!. Dankie vir die lekker kuier saam met julle.

 So het ek ook nou die liedjie BOEREMEISIE van Ananda raak geluister in my program op 96.1fm en dit is met groot blydskap dat ek kan sê ek dink die ene is reeds besig om vir haar te werk. Soms vat dit net fyn luister om so ‘n treffer raak te luister. Ek hoor hom al hoe meer op die lug en die mense vra die liedjie aan – wat ‘n lekker gevoel, ek het op gedis, en julle het aanvaar. Geniet ook dié liedjie. Hy kan groot gaan met U ondersteuning.

 Die Karnival het nou 21 kunstenaars wat vasgemaak het. Ja, hy bars behoorlik uit sy nate. Maar ons is ongelooflik opgewonde oor die dag wat 25 September 2010 in Klerksdorp gaan wees. En jy moet nie die afspraak mis nie. Die ene gaan baie groot wees. Ons sal die toekoms van die bewusmakings veldtog na 13 Augustus 2010 kan bepaal. As dit die einde daarvan is, sal ons dit natuurlik op die skouspelagtige manier afsluit. Navrae by Sarie de Bruin : 018 469 3801. Stalletjies is nog beskikbaar teen R100 elk. Toegang na die fees is soos die afgelope vier jaar gratis.

  Ek sal wel die onbekende hier met julle kom deel en alle besluite met julle bespreek. Hou net die datum oop. 21 Kunstenaars – Gratis op die verhoog, ons kan dit nie mis nie!

 Ek kom gesels weer oor al die ander dinge wat plaasvind, die DANKFEES, CHECKERS HYPER se fees en vele ander wat ek met julle kan kom deel. So kom loer gerus in.

 Dankie vir die inloer. Jammer die ene is “ietwat” laat maar ek moes net eers wag om oor Daisy te kom vertel. Onthou ook Overvaal stereo se Talentkompetisie. Jy kan nou inskryf en dalk is jy die volgende Ster van Overvaal Stereo! Julle moet nie wag nie skakel die kantoor by 056 343 2076/7 vir die navrae of besoek ons webtuiste by www.overvaalstereo.co.za , die eerste been is reeds einde van volgende maand in Potchefstroom en al wat ek hier kan sê, glo in jouself, droom maar droom groot en wie weet wat kan vir jou gebeur? Skryf in né!. Rig daai navrae en volg gerus vir my op Facebook vir Info oor die talent kompetsie.

 Net die mooiste week vir elkeen van julle. Hou kontak en kyk mooi na julleself. Volgende week maak ons weer so en dan het ek en jy weer ‘n afspraak hier op HET JY GEHOOR!

 Voor ek groet – laat my tog toe om vir Frikkie ook dankie te sê wat saam my ry, funksies doen en seker maak ek kom weer veilig by die huis as ek die langpad moet vat na die funksies en feeste. Dit is altyd lekker om te weet ek is nie alleen op die pad nie. Dankie Frikkie. Geen ure is ooit vir jou te veel nie. Ek waardeer dit baie.

 Kyk vir Daisy en maak hom jou eie – ek waarborg jy gaan hom geniet.!

 Dessie Daisy Groete tot Volgende week…

 Die Laaitie!
_____________________________________

Daai stemmetjie praat – Luister!

Hallo Julle. Wow, die weke vlieg soos ’n sneltrein by ons verby! Of sal ons nou sê – eg Suid-Afrikaans, soos die gautrein by ons verby. Sien, ek het nog nie my draai op die
trein gevat nie maar ek het net gewag vir die besoekers om bietjie minder te raak dan
sal ek ’n draai gaan ry. Ek sien daar is nogals baie mense wat dit doen. Ek dink ons kan maar almal so ’n draai gaan ry en ondersteun. Dis eintlik WOW vir ons eie land!. Ek wonder net, wanneer kry ons so trein hier in ons plaasdorpie nie – kan jy nou dink hoe vinnig sal ons om die dorp wees? Sjoe, ek dink hulle skeep ons bietjie af nè of hoe?

 Maar dan terug by die week se opskrif: Ons hoor daai stemmetjie wat sê Nee,
Moenie, maar dan luister ons nie en gaan staan en doen en  wonder ons ná die tyd,
Here waar was U dan gewees toe die dinge in my lewe gebeur het. Soms dink ek sit
die Vader vir ons en kyk en se Hoor tog! Maak oop julle ore en Luister. Hou op soek
 vir die groot “Bang” ek praat met julle in die allerdaagse dinge. Hou op doof wees. Verhard nie julle harte nie. Kyk ek staan voor die deur en klop... Ons moet ons net
instel om te luister, dan sal ons nie seer kry nie en sal ons nie ander mense toelaat
om ons seer te kom maak nie. Hulle sal nie die kans kry om ons lewens deurmekaar te kom krap nie – want ons sal hulle nie toelaat nie, want ons sal hoor.

 En glo my daar is soveel mense wat oor die stemmetjie gesels het die afgelope week
dat ek gevoel het ek moet dit die week ons “HET JY GEHOOR” maak. Só skryf ’n bekende sangeres op Facebook, die stemmetjie het vir haar nee, gesê. Sy het nie
geluister nie en  kort daarna ontstaan ongelukkigheid. Luister sê ons weer vir mekaar.

 So gesels ek met ’n ander dame oor ’n voorval waar sy die stemmetjie kry wat sê Help, hier is nood. Sy doen dit en ek is nie hier om haar hele storie te vertel nie, maar so
doen sy dit en daar tref dit. Die stem was in die kol!. Sy het geluister – en dit het vir
haar gewerk. Sien dit bewys net weer vir ons daar is die stemmetjie, ONS MOET
NET LUISTER.
Ek hoop jy sal die week, die res van 2010 en in die res van die
tydelike bewoning mooi oplet vir daardie stemmetjie - hetsy dit is om nie toe te laat
nie of om dalk ’n verskil te maak .Ek het die volgende by Yolanda Barnard geleer:..
.”Moet jouself nie spaar nie”, daarom kan ek ook sê ek het die afgelope week die stemmetjie geignoreer en ja,  amper het dit ook vir my groot hartseer saam gebring!.

 Die Randlespark Karnival is natuurlik op die agenda. Ons beplan hard. Jy kan meer
gaan lees by PROJEKTE en  klik dan op die Randlespark-skakel. Volg ook gerus die Randlespark Facebook blad. Ons fees gaan dié jaar weer een van dié wees wat ons
sal onthou. Dankie vir die ouens wat dit jaar vir jaar ondersteun, kom sing en saam
kom kuier. Ons werk hard aan die fees. Dit is immers in die gemeenskap vir die gemeenskap!. Dit kos jou niks om in die pret te kom deel nie, maak jou merkie in die dagboek

 Ons sien haar Wen dameskap skop ook af 20-22 Aug. Die kamp is nodig vir elke dame. Maak jou afspraak en woon dit by. Skakel met 056 343 206/7. Die kamp word deur Melanie von Steen gelei,  en soos ons ons almal weet , haar boodskap kom hard en duidelik. Maak seker jou plekkie saam met haar is vasgemaak. Skakel sommer vandag.

 Overvaal Stereo bied dié jaar ook weer ’n talentkompetisie aan. Is jy die volgende
ster? Ons wil hê jy moet dan aan die kompetisie kom deelneem en vir ons wys wat jy
kan doen!. Die prysgeld is nie te versmaaie nie en dan het jy natuurlik die radio agter jou...Skryf in! Skakel ook met die kantoor. Of besoek ons webwerf by www.overvaalstereo.co.za . Ek kan net weer se skryf in!

 Baie dankie vir die inloer by die laaitie se site, dis lekker om te sien hoe julle kom
inloer en saam lees en die nuus volg. Dankie, daarvoor. Ons kan maar skryf, vertel, verslag doen , maar as julle nie kom lees nie – wat is die nut? Elke week gesels ons oor iets anders. Volgende week is ek terug  met ’n ietsie anders. Kyk mooi na jouself en
ja – luister vir daai stemmetjie, niemand wil in die lewe seer kry nie...en my raad altyd
is, soms is dit beter om seer te kry as om seer te maak. As ons dit so sien, kan die
wêreld net ’n beter plek wees.

 Horende Groete...

Die Laaitie x

________________________________

Wawielpark se Gasvryheid is lekker

Hallo julle. Soos die foto getuig was die Ons sing vir jou Marco
konsert die afgelope naweek. Ek wens ek kon baie meer oor die konsert sê. Ek wil tog sê ,Dankie, aan elke kunstenaar wat so
lekker kuier en net vriendelik is. Julle ouens is ongelooflik en dit
is lekker elke fees, skou en funksie... julle maak dit lekker!

Nogmaals Dankie.

Dan het ek na vyf jaar weer ’n draai by Wawielpark gaan maak dié afgelope naweek en sommer net daar deurgery. Die vriendelikheid by die hek het my sommer dadelik opgewonde gemaak. Die man wat die hek beman was op sy pos en dadelik by om ons as gaste te ontvang. So het ons deur die oord gery en hier en daar gemerk dis vaal – maar dan, die swart ryp het die jaar net mooi niks gespaar nie.

Onder by die nuwe eenhede het ek tot bo geklim en na die Vaal Rivier gestaan en kyk. Dit is eintlik so ’n mooi plek. En, die natuur se wonderskoon tog so in die winter nmiskenbaar. Ek het somer net daar gestaan, gekyk en gewonder. Sien ons nie soms net die mooiste goed nie raak omdat ons dit nie wil raak sien nie? Ek meen – die Vaal Rivier, visse wat prysloos uit die water bons en die sirkel wat getrou uitsirkel na die groot sprong. Die rivier wat net geduldig afkom en soms mis ons dit.! Dalk moet ons net bietjie meer om ons begin kyk. 

Wel, so op my eie stasie en met die bewondering van die natuur het ons weer op gery. En het toe die voorreg gehad om die Klein tier welpie melk te gee saam met George van Zyl. ’n jongman met ’n passie vir diere en ek dink ’n passie vir sy werk. Hy het ons deur die oord gevat en na die groot tiere se hokke geneem. Heel geduldig het hy almal wat saam was se vrae geantwoord en verduidelik. Wat ’n ervaring om die “kleinding” melk te kon gee.

Ek hoop julle geniet die foto’s!  George met ’n sterk bermarkings strategie het ons toe sommer gaan wys hoe netjies is die wittebrood suite wat ook in die Vyf jaar gekom het. Ek was verbaas! Dis netjies, stylvol en Natuurlik Elegant. Ek kon nie anders as om te dink ek sal sonder ’n trou ring daar gemaklik kon wees nie. So, gaan en bespreek daai “Honeymoon Suite”, oud of getroud ek dink dit kan werk. 

George het ons ook na ander wooneenhede geneem wat net so gerieflik en netjies is. Regtig skoon en mooi. En dis nou ook nie so vrek duur nie, siende dit in die winter is. Maar ek dink winter of de nie, Wawielpark se mense sal seker maak ons bly warm met hulle gasvryheid. En dit is mos nou so in die natuur dat ek seker is ’n kamp vuur (op die voorgeskrewe plek natuurlik) kan net die regte ding wees. 

Daar is baie om te sien, te doen en sommer net te geniet. En, as ons mense is wat hou van die warm Suid-Afrikanse son, dink ek sal Wawielpark net die plek vir ons wees in die somer. Ek wou eintlik nog so baie vra oor die oord, maar die gaste wat saam was, het so baie vrae gehaad en George moes net bont staan met die antwoorde dat ek dit maar gelos het vir die volgende kuier.


Toegang in die winter het ek wel gehoor is nou net R20. Per
persoon.

 Ons is vertroud met Wawielpark, ons het immers al daar
Musiekfees gehou. Maar nee, tyd vir die baljaar in die “See” was daar nie die betrokke dag nie. Daarom sal ek maar die somer verseker my kostuum moet uitpak en daar gaan kuier.

 So op pad terug wonder ek hoe mooi dit in die seisoen tyd sal
wees as mens dan op let soos ek Saterdag dit gedoen het. Want as dit so mooi is in die hartjie van die winter kan die somer net soveel beter wees. Ek hoop jy gaan kuier daar en gaan wys die kinders (Of sommer vir jouself) die “klein kat”, maar moet nou nie maande wag nie – hulle word groot soos die ander. Dalk loop jy net vir George daar raak en gee die jongman vir jou ook die kans om bietjie melk te gee. Maak die naweek wat kom jou Wawielpark naweek – vat ’n vleisie saam en los vir Ma af in die kombuis.

Die kinders kan dalk nie swem nie, maar daar is soveel ander wat hulle onder jou voete sal uithou! Terwyl hulle so besig gaan wees en ma en skoonma na die perfekte foto van die Tier welpie gaan soek kan jy lyne nat maak in die Vaal Rivier...Klink sooooo reg vir iemand wat niks van vis vang weet nie, nè .

 Tot volgende week, lekker bly en e-pos gerus vir my jou perfekte foto van die tierwelpie. En met jou toestemming sit ek hom hier op. Dankie, vir die saam lees. Skuus ons is ietwat laat die week maar die internet opvangs is ietwat swak die afgelope week in Viljoenskroon. 

Grootkat Groete

Ekke.

 Die Tier welpie...

 

_________________________________________

GROOT,  GROTER, ... GROOTSTE!

Hallo julle!. Só het nog ’n naweek verby geflits en dié een was  ’n beter naweek as verlede week. Ek het eintlik soveel om oor te gesels. Ek begin by die begin. 

Dick B Morton het vir Overvaal Stereo kom hallo sê en oor sy musiek kom gesels en oor sy loopbaan en alles wat vir hom belangrik is. Hy was in gesprek met Jannie Minaar wat ons Sport program op ’n Saterdag middae hanteer. Dick B het lekker gesels. Dis toe Jannie die luisteraars nooi om in te skakel dat ek net weer besef het hoe gewild dié man nog onder ons luisteraars is. Hulle het gebel, vra gevra en sommer net gesels. Dick B het vanuit Durban vir die luisteraars kom hallo se . Hy gesels so oor sy loopbaan na die onderhoud en vertel hoe belangrik dit is om nie te vergeet van mense wat ’n deel bygedra het tot jou loopbaan en sukses nie en ek besef  - “old school” maar dis hoe dit behoort te wees! 

As ons “groot” begin word, is dit tog so maklik om te vergeet wie vir ons in ons “klein” dae daar was. En bogenoemde is aan die orde van die dag. Ek sien dit dag vir dag, jaar vir jaar. Dit is deel van die bedryf daardie. En baie mense, ek self noem hierdie bedryf van ons sommer reguit op die naam...FAKE!. Maar dan kom kuier iemand soos Dick B Morton by jou en jy kry weer ’n ander prentjie van die sport en sy besering. Baie dankie vir die onthou Dick en sommer vir die gawe mens wat jy is. Hy is baie diep en ongelooflik vriendelik. Mag baie van ons toekomstige sterre by jou leer. Hulle sal op ’n wenpad wees. Dankie, ook namens Ma Rika vir die verjaarsdag geskenk. Mag jou musiek voortleef in ons huise en mag jy nog vir baie jare ’n verskil in baie van ons se lewens maak, nie net met jou musiek nie, maar ook met die voorbeeld wat jy is.

Jannie het toe ook soos verlede week vir julle vertel vir my die EET en wees
dankbaar gereël wat op die lug uitgesaai is. Maar ek was nie seker oor die datum nie. Wat ’n storie! Toe ek by die stasie kom, toe sien ek hoe groot my ete eintlik is. Vetkoekpaleis en Kerrie huis van Parys het die “ete” geborg. Daar was omtrent vir jou prêt en gelag in die Ateljee en toe moet ek begin eet. Wel, soos die foto’s hieronder vertel, kon ek nie alles in kry nie en dan laat dit die vraag ontstaan , WIE SAL? Op die lug het ons lekker gelag veral as die Laaitie so tussen die hap deur vir die luisteraars moet vertel hoe proe die gedoente. Dit was heerlik, maar net te groot en natuurlik te veel vir een slag. En dan boonop – Onregverdig dat hulle nou van my kan verwag om dié Grote te eet in die plek van ’n “dagwood”. 

Dankie, aan elke luisteraar wat ingebel het en vertel het hulle ondersteun my my uit die ding probeer red, deur te sê ek kan maar ’n brakkie sakkie neem en van hulle het sommer Ma se verjaarsdag voor geskuif om nou vir my te help om nie brassery te pleeg nie. Kom ons gee dié ene vir Jannie en sê maar, die man het gewen. Maar ons was naderhand drie op die vetkoek en niemand kon hom op geeët kry nie. Dankie, Johann Malan wat ook daar kom inloer het en sommer gehelp het om te eet. Ons kon net nie van alles ontslae raak nie. Dankie, Jannie vir die prêt in jou program. 

So het uitsaai ook maar sy lekker tye, inteendeel is die hele uitsaai een prêt aksie. Ons het soveel om voor te leef. Ons kan net dankbaar wees. Daar is mense daar buite wat alles sal gee om te doen wat ons doen. Dis waarlik ’n lekker deel van my lewe. Die lewe agter die mikrofoon. Dankie, ook dat Ignaz so deel van julle huise kan wees. Dat ek my droom elke dag, soms naweke ook as dit van ou Jannie afhang met julle kan deel. Soms is ure lank en ongewoon, maar so ’n voorreg! Ons het ook wel ’n lewe na die mikrofoon en dis altyd nie so maklik om by die mense tuis te bring nie. Maar watter kant toe ook al, ons is daar om ’n diens te doen. Dankie, dat ons dit vir jou mag doen. Geniet die foto’s vreeslik, soos ek dit geniet het om die “halwe” vetkoek weg te slaan...

Ons kuier komende Vrydag (2 Julie 2010) in Klerksdorp met die “ONS SING
VIR JOU MARCO” konsert.  Kom kuier saam en kom ondersteun die projek. Ons kan ook vir die organiseerders bid en natuurlik die seën van God op die projek toe Bid.  Dankie, ook aan die borg wat my borg om vir Marco vir die groot aand klere te koop. Ek weet hy gaan dit baie waardeer! Die vertoning is in die Klerksdorp Ouditorium en begin 19:00. Mej. Klerksdorp gaan ook daar wees en ek sien nogal uit om saam met Sunette Bridges,Heinz Winckler, Charles Rudd en Jody Wayne te werk. Dink hier wag een lekker kuier. Sien jou daar hoor!. 

So weet ons almal Randlespark Karnival is op pad en ons staan maar bont om
alles agter mekaar te kry.  Só saam met die fees kom ook die kroning van Mej. Randlespark Sprankel 2010. Ek het die afgelope jaar saam met Simoné Minnie en haar Ma gewerk. Ek is so opgewonde om saam hulle te werk tot en met September. Ek  weet nie werklik wat die toekoms vir my inhou sonder haar nie. Sy was so ’n gemaklike mens om mee saam te werk en ek kon haar vertrou. Simoné se hart was van dag een af op die regte plek en dit het haar uiters spesiaal gemaak vir my en natuurlik vir die senior Burgers van Randlespark. Ons moet haar opvolg en ek weet nie hoe maklik dit gaan wees nie. Maar ek sal September vir haar kom sê wat ek behoort te sê. Ek kan net sê vandag Dankie, Simoné vir alles wat jy gedoen het tot hier. Ons sal julle kom vertel waar en wanneer gaan die kroning plaasvind. Dit gaan dié jaar baie elegant wees en die beoordeelaars gaan weer hulle hande vol hê . Ek sit ’n foto van Simoné by. Sy werk tans ook hard om die Randlespark fees se dinge agter mekaar te kry. Kyk uit vir haar, sy werk hard.

Grootste groete nog... 

Ekke. 
 xxx
_______________________

NIKS NUUT NIE

Ek het myself voorgeneem om seker te maak ek los julle nie een week sonder ’n het jy gehoor nie. Die week se opskrif sê dit al.
NIKS NUUTS NIE. Wat wel  vir my “nuut” is, is die feit dat ek dit reg
gekry het om vir ’n hele naweek by die huis te bly sonder om te gaan rondloop. En dit is nou vir my nuus!. Sien ons ken nie meer die gemaak van ons eie huise nie, ons is te gewoond om te gaan rod rits. Of dit
nou vir werk of plesier is. So besef ek ook net weer, ek moet gaan rits anders sit ek sonder niks hier nie. Die voordeel van my werk.!

Die Randlespark Karnival kom soos ’n stoomtrein op my afgejaag en die toue moet bymekaarkom en vinnig ook. Daar het al heelwat kunstenaars vasgemaak, die biertuin is bevestig en die stalletjies kom nader. Ek dink ons gaan dalk die jaar van die Karnival moet groet vir eers. Maar voor
ons by sulke besluite kom, kom ons trek eers dié een deur. Dit is en was ’n reuse voorreg om die Karnival op die been te bring en sonder die Kunstenaars en Overvaal Stereo was dit net nie moontlik nie. Hier het ek geleer wat is die woord Bid! Ek het daarmee kennis gemaak elke liewe
jaar. Dankie, aan die Gemeenskap wat seker gemaak het dat ons nie een jaar terug moes staan nie. En ek weet die jaar sal dit weer gebeur.

Ek is betrokke by die ons sing vir jou Marco konsert wat volgende
Vrydag Aand in Klerksdorp gaan afskop. Ek doen weer ’n beroep op ons getroue ondersteuners om die konsert te ondersteun. Só kan ek en jy ’n verskil in die jongman se lewe maak. Deur ’n kaartjie te koop en die konsert by te woon. Vir die van julle wat reeds het – dankie daarvoor.
Al die info is onder die dagboek skakel. Marco kom self die aand bywoon en sal self sien hoeveel mense waarlik vir hom omgee.

Nou ja, soos ek sê , nie baie die week om te sê nie. Net ook van my
kant af Geluk aan Gavin Prins wat nou verloof is. Ek wens hulle net die mooiste toekoms toe.

Ek hoor my kollega Jannie Minaar het so tipe van Kompetisie wat hy met “die laaitie” loots, ek is nog nie lekker seker wat op my wag nie, weet
net ek sal baie moet eet. Hulle het my uitgedaag om ’n DAGWOOD weg
te slaan...EK STEM IN, nou ja so sal ons seker die foto’s met julle kom deel. Ek weet daar is ’n straf as ek dit nie kan reg kry nie – weet nog nie wat die straf is nie. Ja, hoe dom kan ek wees. Ek verneem die
Kompetisie gaan ook regstreeks uitgesaai word. Ek sal maar net so
Twee dae voor dit gebeur nie veel eet nie dat ek plek maak vir so baie
kos.

Dankie, vir die inloer. Hoop volgende week het ek baie meer om met
julle te deel. Sal maar die naweek moet gaan rondloop. Stuur gerus ’n
e-pos dat ek hoor hoe gaan dit met julle.

Lekker bly

Kortliks – Groetnis

Ekke
_____________________________________

SOKKER KOORS TREF MY TUSSEN DIE OË

Hallo julle. Dis Saterdag en ek kom tik al my gedagtes van die week. Sokker is aan die orde van
 die dag. En ek het hom ook gevang! Of hy vir my? Maak nie saak nie, ek dink ons wil te tegnies
 wees. Wat het Sokker reg gekry? Ek dink dat duisende -  soos ek en jy vasgenaal sit voor on Televisies. Veral met die afskop. Dit is ook bevestig op ’n betaal kanaal toe ’n tannie van 75
 vertel op die lug sy het ook na die Opening gekyk. En ek besef, dit was nie net ek wat wou
sien wat gebeur nie. 

Dis Vrydag 11 Junie 2010 en ek is by die werk. Een van my Kollegas daag op met ’n sokker hemp
en ek is spyt ek het nie my eie aan nie. Die volgende oomblik is daar ’n gejuig in die straat dis
vroeg die oggend en ek wonder wat sal gebeur teen 4 uur as Bafana-Bafana afskop! Iewers kla iemand hulle het met die Vuvuzela in hulle ore wakker geword en ek besef – Ses weke. Aanvaar
dit. Tog kyk ek kort-kort of daar nie dalk iewers op die net iets is wat nuuswaardig is oor die
groot gedoente nie. Ek bel selfs ’n paar bronne en vra..IS JULLE BY SOCCER CITY? 

Vier uur is ek voor die televisie in die ateljee, ek kyk en vra watter kant toe ons nou die bal
moet skop  (ek is eerlik ek weet niks van die
sport af nie), ek vra is ek reg ons is die met Geel
en Groen en die in die Swart (Mexiko) is die teen wie se doele ons moet waak
? Ek volg die spel , hand in die lug as die “swart span” net lyk of hulle dalk ’n doel kan kry! En ek was eerste om te
gil toe Bafana Bafana die eerste punt aanteken. En dalk ook eerste toe Mexiko hier op die dood snikke van die spel hulle 0  na  1  verander om te sê ag, neeee!  

Ek ondersteun nie Sokker nie, want ek het nie ’n idee wat daar aangaan nie, maar sien ek
ondersteun Suid-Afrika.Ons land. Ek gaan nie met ’n suur gesig rondloop oor die Vuvuzela wat
my mal maak nie, ek gaan nie een saam blaas nie maar ek gaan ook nie die groot gebeurtenis mis
nie. Punt! Ek luister Saterdag na ’n program en die omroeper braak gal oor die “85 0000’’
mense wat opgedaag het en wonder toe sommer ook hardop waar die res was om dit toe nou “90 0000” te maak. Ek vervies myself – hoor ons dan nie? 85 0000 mense het opgedaag. Besef ons hoeveel is 85 0000 mense bymekaar. En dit vir een “game”? Ek dink dis ONGELOOFLIK! Dit wil gedoen wees. Ek is nog nat agter die ore – so in my lewe is dit die eerste keer waarvan ek weet
waar daar 85 0000 betaal het om na ’n spel te kyk. Dalk is daar iets anders waarvan ek nie
weet nie maar ek dink dis  WOW. Ek is skielik trots om ’n Suid-Afrikaner te
wees. En ek dink
in die volgende tyd wat voorle sal ek maar so in my onkunde die toernooi volg.

 Ek dink hulle het presies hulle doel bereik. Almal en alles se oë was op die sokker gerig. TV,
Radio, Koerante, Wit, Swart en ook ek en jy ONS ALMAL. Kom ons kyk wat gebeur in die
volgende Vyf weke.

 

Connie van DEAL events is Vrydag begrawe en die ander manne is tot hier Okay. Ons kan net aan hou om vir hulle te Bid en aan hulle en hulle geliefde te dink. Die slag was hard vir die hele span.
Ons het lekker gewerk. Connie – Rus in vrede.

Ek is ook op ’n ligter noot betrokke by die “ONS SING VIR JOU MARCO” konsert in
Klerksdorp 2 Julie 2010. Meer info onder die dagboek skakel. Onde
rsteun asb. die projek.
Hier kan ek en jy en elk
e Kunstenaar wat kom optree ‘’n verskil in die Vyf jarige se lewe maak. Kaartjies is nou beskikbaar. Ek glo en vertrou ons gaan saamtrek om in die mannetjie se lewe ’n verskil te maak. Wat ’n voorreg om ook hierby betrokke te wees. Ek weet ons gaan dit saam kan doen, ek weet ons gaan saam hiervan ’n verskil maak. Dankie, vir elke een wat reeds hierby
betrokke is. Waardeer julle.

Die Randlespark Karnival is soos almal weet 25 September 2010. Stalletjies is R100 elk en
ons bied weer die dag Gratis aan. Omkring die Datum op die kalender. Ons is in die gemeenskap
vir die Gemeenskap maar sonder julle ondersteuning is dit ook nie moontlik nie. Hoop ons gaan
julle almal daar sien. Dit sal die Vierde Jaar wees wat ons dit aanbied. En ek is eintlik so
opgewonde oor die droom wat waar geword het.(018 469 3801)

Dankie, dat julle kom inloer het en weer – soos elke week saam kom lees het. Ek waardeer dit so baie. Julle kan my ook volg op Facebook en stuur gerus ’n mail na ignaz@ignaz.co.za . En as jy
meer navrae het oor Radio Advertensie stuur daai mail dat ons daaroor kan gesels.  Elke Dinsdag kom kuier ek hier saam met julle en kom ons maak elke Dinsdag hier op het jy gehoor ’n afspraak.

Ten slotte: Kyk mooi na julle self en ook na die geliefdes in julle lewe.Die lewe is kort en ons
weet nie wat wag om die draai nie. Almal wat die week langs ’n oop graf sal staan – mag God
wat oor Lewe en Dood beskik julle vertroos. Onthou net “EK HET GEGAAN OM VIR JULLE
PLEK VOOR TE BEREI”  hulle wat ons verlaat het daai plek wat vir ons afgemeet is te gaan vul.

Saterdag is ek in Pretoria en ondersteun ’n dag ten bate van Cansa. Ek bring volgende week die foto’s saam en ja, ek kom vertel natuurlik wat alles gebeur het daar. Dankie, ook vir die nooi
van die Organiseerders af – dis lekker om saam julle te gaan kuier.

Net die mooiste week vir elke een van julle. En baie Liefde

Tot volgende Dinsdag.

 Ekke.

____________________________

 

Waar is die Afrikaners dan...

H

allo julle.Die woord Rolercoaster ride kan nie beskryf wat in een week gebeur het nie. Van verlede week se gedagte tot by dié ene het daar soos ons sê baie water in die see geloop. Daar was die Môrester Bazaar,Wildsfees,die ongeluk, kuier, uitsaai en nuus samestelling om net ’n paar te noem. Kom ek vertel...

Vrydag oggend kom die oproep...  “Ek moet BothaVille toe – daar was ’n reuse ongeluk en dis die DEAL Span”... Ek werk al lank saam met die manne, baie funksies, feeste en so kan ek dit opnoem. Eers die wonder wat daar sal wag en wie het seer gekry. Oppad het ek so baie wonders in die kar gewonder tot ek op die ongelukstoneel aangekom het... Skok en afgryse het my gevul. Dit is die mense waarmee ek so gereeld en lekker saam werk wat om hulle lewens veg. Kobus wat verslae teen die draad sit, Riaan wat bebloed langs die bussie lê en die skuif deur wat die Polisieman dadelik toe skuif toe ek om die bussie gestap kom – ek het geweet,  hy het my versigtig gevra of ek kans sien om agter in te kyk en die “persoon” te identifiseer wat reeds dood verklaar is. Wel, Johan is nog oppad, ek sal dit moét doen. Dit was Connie – “Shrek” vir my soos ek hom genoem het. Sweis oftewel Duimpie en Christo is reeds weg hospitaal toe en mense wat hulle voor my gesien het, het nie baie hoop nie (Maar God is groot en is waarlik in beheer). Ek weet nie regtig wat om te sê nie veral nie as Johan elke vyf minute bel en vra is iemand dood nie?.  Toe Johan op die toeneel opdaag – wel toe moet ek vir hom sê Connie is nie meer met ons nie. Ons Bid vir Connie se mense en elkeen wat tans nog in Intensiewe Sorg Eenheid om hulle lewens veg. Kom ons bid saam. Dis my “pelle”, die ouens wat gewoontlik die harde werk doen.! Dankie, aan elkeen wat gebel het, steeds SMS om te hoor hoe dit met die ouens van die DEAL Span gaan en boodskappe op Facebook stuur. Dankie, ook vir die voorreg wat ek tot hier in die drie jaar gehad het om saam met julle ouens te werk. Ons het eintlik na aan mekaar begin leef op ons eie manier.

                                      

R

ian Ungerer en Frikkie het by Môrester bazaar in Klerksdorp opgetree. Dankie, dat ek saam kon gaan kuier het en saam kon luister. Dankie, ook aan Christiaan wat die klank daar gedoen het. Ons werk altyd lekker saam met julle. En die kuiers na die tyd is altyd die lekkerste!. Veral as dit so onbepland is , sommer onder die boom voor die Kerk en so kan ek aangaan... Rian doen die ding op sy manier en die mense waardeer hom vir die kunstenaar wat hy is. Ek weer,  waardeer hom vir die vriend wat hy is. Dankie, Rian! Ek dink ons gaan in die toekoms net so lekker saam werk. Nogmaals dankie vir die lekker tye.

Die lekker deel van die bedryf  van ons -  is die feit dat die mense saam met wie ons werk ons waarlik vertrou. Dit is ook ’n deel van die lekkerste deel. Min mense verstaan die bedryf en daarom staan die handjievol van ons wat hom so op ons manier ken lekker saam.

W

ildsfees 2010 is in Klerksdorp gehou en hier sou ek die MC vir die aand wees. Wel, opgewonde is ons na die skool waar die fees gehou word. Daar was Ruan de Waal, Dirkie, Leroi, Natalie, Leandrie, Jade Storm en só kan ek aangaan. Maar waar was die Afrikaners wat die fees moes bywoon? Sien,  ons kla altyd “daar is niks vir ons om te doen nie”, dan reël ons die tipe dinge en dan daag daar niemand op nie. Dis eintlik hartseer. Die organiseerders sit alles in en dan laat die mense wat moet ondersteun die fees in die steek. Was dit die koue? Die toegang? Die wild op die spit? Waar het die fout gekom.? Ek is waarlik onseker. Maar ek vra dit weer – WAAR WAS DIE AFRIKANERS? Ek dink regtig ons het die KOSH-gebied se naam nie te goed gedoen nie.

Dié wat opgetree het, julle ouens het my waarlik verbaas. Dit was snerpend koud – maar julle almal het end uit gesing, al was dit dan vir die leë gehoor. Ruan het net gegooi, Dirkie het gekook en Leandrie het alles gegee. Natz het my hart snare geroer met die spesiale liedjie wat sy aan die DEAL span opgedra het en so kan ek aanhou. Julle was waarlik net ongelooflik. Dankie, vir julle en dankie vir die altyd vriendelik wees...Soms in alle omstandighede. Blink toekoms vir julle. Voete plat op die aarde nè!

Nou ja die week se gedagtes staan na ’n einde se kant toe. Dankie, vir die saam lees en die kuier hier op die site. Ons probeer byhou en ons probeer vertel. Ons hoor graag van julle en hou daarvan om van julle te hoor. Tot volgende week. Mooi bly en kyk mooi na julle self. Hoor volgende Dinsdag weer van mekaar tot dan.

Kyk, dink en bly leef Groete

Die Laaitie x

______________________________________________________

WOW!

Ek het weereens een van die einaardigste weke agter die rug! En het weereens die voorreg om dit met julle almal te kom deel. Sien so deurmekaar soos my stelling hier bo, so deurmekaar was die afgelope week in Overvaal Stereo se Laaitie sowel as Ignaz se lewe. Soos julle laas week gesien het, was ons op pad Oranjeville toe vir die OppiPlaas Fees 2010 wat ons toe ook gaan doen het. Maar daar was ’n kinkel in die kabel....Ek vertel –

Dinsdag aand kry ek die SMS... “ my Ma is op Sterwe ek wil jou net laat weet...”. Ek verstaan nie die SMS mooi nie siende die “Ma” nog Sondag met my gesels het na ek die kerkdiens behartig het by die werk. Op een van die algemeenste vrae wat ons seker die meeste in ons lewens vra -  Hoe gaan dit met tannie het sy immers geantwoord goed dankie. Vandaar die verwarring. Hoe kan mens dit skielik met die woord sterwe verbind? Ek bel eintlik verskrik terug om seker te maak dat dit nie werklik die geval kan wees nie, maar die onstelde stem aan die anderkant het my verseker dit is. Inderhaas het ons gepak en gery...ICU toe. Die Nag was koud en ure lank. Later die Woensdag het die oproep gekom,Tannie Griet Coetzee het die tydelike met die ewige verruil. Dit krap my so om, dit krap alles weer van voor af oop en ek besef, wat is die mens. Ek besef die beloofde kuier later die week oor die foon daai Sondag sal net ’n belofte bly.

Hier kom die volgende besluit – gaan ek nou Oranjeville toe of gaan ek doen wat Brümilda my geleer het. Die laasgenoemde het die oorhand gekry en Donderdag aand nadat ek van die Lug af gekom het, heeldag op nuus was en die tasse gaan pak het en vir  “Pollie” verblyf gereel het, is ek op pad.

En, ek het verdwaal, ompaaie gery, die Minister van Paaie geseën na elke slaggat wat ek tref en het eers 12:30 die nag die donker afrit na Oranjeville gevat. So in die stik donker deel ek die gedagtes met Frikkie dat “ek wonder hoeveel mense gaan die plek kry” en vergeet almal is nie rigtingloos soos die uwe nie!

Die Vrydag is ons na die Biermanslandgoed en hier het die groot dinge begin. Eers het die wind ons uit mekaar gewaai en toe het die fees begin. Dit was snerpend koud maar dit was ongelooflik lekker. Die mense wat daar was, het alles die moeitewerd gemaak. En Leanie en Barry was ook daar. Haar  “MY VRIENDJIE” sal ek nie gou vergeet nie. Sy is so oulik. Boeremeisie! Die mense van Oranjeville was so vriendelik gewees. Almal knoop  ’’n geselsie aan en ja ja – hier en daar ’n boer wat een te veel gehad het maar nie iets wat ons waarlik kan kom oorvertel nie. Elke Kunstenaar, behalwe EEN was ongelooflik vriendelik, gaaf, tyd afgestaan, gesels, gekom vir ’n onderhoud, gestaan vir ’n foto, ’n sherrie gedrink of sommer net gesig agter die verhoog kom wys. Dit was ongelooflik lekker.

Wynand en Cheree Strydom was Amazing – Dis ’n land,  is met soveel gevoel gesing. Heng daai girl het darem maar vir jou  ’’n stem! Ek dink persoonlik sy is SA se eie Dolly Parton. En dit wil gedoen wees!. Sy en manlief gee mekaar die pas so mooi aan op die verhoog. En, kyk hulle mag maar. Dewald Steyn was ook ’n eerste vir my maar was lekker om hom te ontmoet en het sommer gou lekker gesels en saam gelag. Ek dink, hou die jongman dop. Fredi Nest – ai, oor hom kan ek niks sê nie. Hy is nou maar net een van ons gunstelinge en die voete plat op die aarde. Fredi,  baie kan by jou gaan leer. Gövonni was daar en ek hou vir die jongman stuif duim vas dat hy SUPERSTERRE gaan wen. Hy het sy staal op die verhoog gewys. Vrydag oggend toe ons 02:30 in die bed klim het ek besef, ek is eintlik ietwat moeg.

Saterdag is ons vroeg-vroeg terug Landgoed toe. En hier het dag 2 op ons gewag. Giiam Winckler was Mc vir die dag van Glitterati faam. En ek weet nie presies wat dit van hom was nie maar ek het net dadelik van hom gehou. Sy manier van die ding doen. Ons het sommer daar in die gras, in die koue gesit en gesels en Giliam het sommer net gesels – en ek besef, ek kan soooo baie van die man leer! Ja ja, hy is immers ’n onderwyser. Het julle geweet dié man sing ook, hou hom gerus ook maar dop! David Fourie was daar en Andrew wat Select verteenwoordig het. Soos altyd was David die stoutste en Andrew die dierbaarste. Pieter Koen , ek weet nou hoekom dit vir hom werk in die bedryf. Hy probeer nie snaaks wees nie...hy is snaak en dit natuurlik, daarom vrek ons oor hom. Kobus Müller was daar, NX het ook kom hallo sê en Nadia en Xander het sommer vinning onder my vel ingekruip. Nadia natuurlik van die Tuine en Tossels Faam op kykNET. Sy is mooier as mooi.

Lizza Bronner en Ma Belinda was van die Vrydag af daar. En hulle twee was ook wonderlik. Liza op sowel as af van die verhoog. Belinda – wel sy het haar oor my ontferm, toe ek op my koudste kry toe red sy my met ’n kombersie. En ek weet sy het vir my sweets ook gegee wat ek weer op my beurt met Yolanda Barnard en Giliam gedeel het. (Dankie, Belinda ek het jou nou maar die moeder van die feeste gedoop.) Sê nou net ek is nie te oulik vir woorde nie?

My gedagtes kan net so lank wees en ek kan net soveel sê, maar daar is eintlik soveel meer om tese. Elke kunstenaar wat net altyd vriendelik is en tyd het vir ons  - ons sien julle raak. Veral die wat nie spesiaal tyd maak nie, maar tyd wil maak”. Julle ouens inspireer ons eintlik. Soos ek die naweek weer gese het ons vra die vraag so gereeld...Hoekom doen ons dit aan onself en dan kom die antwoord vanself: Ons kan nie daarsonder nie. Dis deel van ons lewe , van ons bestaan.! Ek kan darem nie groet sonder om iets oor Karen K te sê nie. Sy is so-so-so ongelooflik, ek kan dit nie beskryf nie. Dankie vir die lekker gesels en die feit dat ek jou “baby” kon dra. Sonja Herholdt was daar en genade in daai snerpende koue het sy haar pêrels met ons gedeel. Elke draai en swaai op die verhoog het vertel van ’n dame wat elke oomblik geniet en dit na al die jare. Dankie, ook vir jou mooi voorbeeld Sonja.

Ek moet groet maar ek moet net gou-gou vertel van George Meiring. Hy probeer lankal nie meer nie, hy doen dit. Hy was kookwater en sjoe, het ek elke oomblik voor die verhoog geniet!. Die man het ’n stem waarvoor baie van ons kan wens. TALENTVOL!

Lianie – dankie vir jou. Jy is ook nou een van die baie wat hier onder my vel is en ek dink jy is super. dankie, dat ek deel van jou fees kon wees. En dankie ook aan REËNPRODUKSIES.! Die “HET JY GEHOOR” skakel op my site is nie hier om oor mense en hulle lelik wees te skryf nie – Gelukkig nie anders het ek die wat nie die steun van die mense van Suid-Afrika verdien nie by name genoem nie. Maar dalk het dit tyd geword dat ek so skakel hier iewers inwerk. Want glo my daar is van hulle ook, maar dan weer, die Laaitie hou nie regtig van Negatiewe dinge nie en daarom stel ek ook nie eintlik belang om oor hulle te gesels nie. Dalk maar beter so nè . Luister gerus na die onderhoude van Woensdag (02 Junie 2010) op Overvaal Stereo wat ons by die fees opgeneem het, daar is baie. Ons gaan vêr om die lekker geselsies so van die feeste af vir julle te bring so luister gerus. Onthou jy kan ook aanlyn luister by www.overvaalstereo.co.za . Die onderhoude sal in my program OP PAD HUIS TOE DRAAI, net na 16:30.

Ek kuier ook die naweek wat kom by MôreSter bazaar in Klerksdorp die Oggend so van 9 uur af en sal die aand MC wees by die Wildsfees by Wesvalia Skool. Kom se Hallo vir ons, deel in die prêt dis so lekker om julle te sien en sommer net te gesels. Dis deel van die moeitewerd deel. En, dat jy weer hier kom inloer het, tyd in beslag geneem het om saam te kom lees. Ek waardeer. Elke Dinsdag maak ons so, kom loer gereeld in.

Ek werk ook reeds hard aan die Randlespark Karnival wat ek 25 September in Klerksdorp aanbied en dankie aan elke kunstenaar wat reeds hierby betrokke is. Ek waardeer julle baie. Stalletjies by Sarie de Bruin – 018 469 3801.

Nou ja toe – ’n mooi week vir julle en volgende week gesels ons weer. Stuur gerus ’n  E-pos na ignaz@ignaz.co.za en laat hoor hoe dit met julle gaan en as daai fees of saamtrek naby is ons kom kuier graag saam.

Oranje Groete

Ekke.
_____________________________

OppiPlaas Fees is oppad

Dankie dat julle elke week hier kom inloer. Ek gaan self by die fees wees en gaan sommer lekker kuier.  Hier is al die nodige inligting vir die fees.Ek bring die foto’s volgende week saam. Mooi week en lekker bly julle.

KAARTJIES NOU BESKIKBAAR BY COMPUTICKET OF KONTAK JANINE BY 072 686 8065- janinesnyders@hotmail.com

Musiek liefling Lianie May en Reën Produksies span kragte saam om ‘n lekker makietie aan te bied in Oranjeville en als vir ‘n goeie doel. Die 28-29ste Mei gaan daar behoorlik pret en plesier wees in die klein dorpie van Oranjeville. Vir die eerste keer word die OppiPlaas fees aangebied om fondse in te samel vir die gemeenskap.

Die hele konsep van die fees is om iets anders vorendag te bring, iets anders as die normale fees konsep en daar word beoog om die egte plaas gevoel te behou reg deur die hele proses. Die geleentheid moet geskep word dat die stadsjapies na die plaas wêreld reis en die twee wêrelde kombineer en sodoende ‘n onvergeetlike fees op die been te bring.

Pret plaasaktiwiteite soos 4x4 ritte, Kwadfietse , potjiekos kompetisie, plaasdiere, kindervermaak, plaasmark, visvang, bootritte op die Vaaldam, helikopter ritte, lug vertoning, braaivleisvure, kampeer terrein vir die wat ‘n naweek wil weg breek, mnr. en mej. OppiPlaas, model vliegtuig vertoning, Super 14-Finaal op groot skerms,stalletjies te kies en keur en interessante uitstallers is maar net paar van die pret aktiwiteite wat ervaar kan word by die fees.

Dis nie al nie, daar is ook meer as 25 top kunstenaars wat die gehore gaan vermaak oor die loop van die 2 dae, onder andere gaan Bok van Blerk, Lianie May, Pieter Koen, David Fourie, Fredi Nest, Liza Bronner, Sonja Herholdt, Wynand en Cheree, Marula Boom, Adam Tas en Kobus Muller daar te sien wees.

Die fees word aangebied op die Biermans Landgoed, bekende boere in die omgewing.

Met die Vaaldam wat op Oranjeville se voorstoep is, bied dit die regte infrastruktuur om al die aktiwiteite aan te bied. OppiPlaas fees is per lug, water en per land.

Moenie die ervaring misloop nie, die 28-29ste Mei 2010 in Oranjeville op die Biermans Landgoed. Sien julle daar!!!

_____________________________________________________

CSJ365RoseRev.jpgRoosfees 2010

Een week is letterlik net te kort om alles by te hou. Hallo julle. 

Dié week was ongelooflik kort, maar so kort soos wat hy was, so besig was hy. Donderdag het ek ‘n buiteuitsending by City Mall in Klerksdorp gehad. Lance James het in die sentrum kom sing en ons het hom baie geniet. Dankie aan die Sentrum bestuur wat ons genooi het om die dag daar saam te spandeer. 

Stilfontein was aan die brand die afgelope naweek.  Dankie aan elke Kunstenaar wat daar kom optree het en baie van hulle vir die Liefde van die saak. Soveel mense wat ‘n verskil maak met so ‘n fees.  Groot waardeering aan Kobus en Zybrand wat sommer net ingespring en gehelp het. Die Sateradag het hulle vir ons kom vleis braai. En was dit nie welkom nie!. Vir Zybrandt het ek so tussen die hardloop deur net lekker gelag - dankie vir al die lekker grappies so met die feeste.

Daar is dinge wat ons net nie voor kan help nie – krag, tyd, reën – so kan ek opnoem. Soms verstaan mense dit, soms nie. Maar vir elke een wat dit wel verstaan het. DANKIE! Die Rhinestone Girls het my ook verbaas met hulle optrede die Saterdag en dankie vir hulle geduld. Rian Ungerer was weer op sy stukke op die verhoog, dankie dat jy ook kom saam kuier het. Hy en Christiaan wat aan stuur van sake is ,is waarlik ongelooflik profesioneel en ken die bedryf. Sy musiek?  - daaroor hoef ek niks te sê nie. Ons het hom geniet!.

Phillip en Chrissie was ook by die fees, dankie dat julle daar was –. Lekker om te weet mens het vriende in die bedryf wat jy kan nader om te kom uithelp. Leroi en Jaco het saam gekuier en dankie ook vir die optrede. Ons kan hom maar dop hou. Frikkie was daar en op sowel as af van die verhoog het die man sy ding gedoen. Dankie ook vir al die dinge wat jy doen sonder dat dit van jou verwag word!. Dié man begin ook nou ernstig raak oor die opneem van sy eie Album en ek dink met die span wat ingewillig het om hom op te neem – kan ons solank sê, gee pad hier kom Frikkie.

Ek kan nie oor elke een iets skryf nie, dan sal die gedagte net te lank wees, maar dankie aan elke een wat saam kom kuier het, uitgestal het, kom hallo sê het en deel was van die fees. Saam Saam maak ons van dié goed ‘n sukses.

Voor ek verder tik – DANKIE Bertie van der Waldt wat vir ons die ONGELOOFLIKSTE foto’s kom neem het. Bertie het ook toe sommer hier en daar begin help waar ons nie meer kon byhou nie. Ek beveel hom aan vir jou funksie.  Maak gerus van die jongman gebruik. Die Roosfees komitee, Magriet Brown en haar span, dankie vir alles wat julle gedoen het en dat julle ons almal genooi het. Julle fees was ‘n sukses.

Voor ek groet die week wil ek tog gesels oor die boodskap van ons, my en jou!

Die boodskap wat ons die wêreld instuur. Sien,  so lees ons oor moord en doodslag en veroordeel ander “mense” se optredes en hulle dade en dan kyk ek na my eie mense en wonder wat bly oor... Maak nie saak waar ons is nie, maak nie saak wat ons doen nie, ek en jy het ‘n boodskap wat ons die wêreld instuur. En maak ook nie saak wie of wat ek en jy is nie! Só moes ons in spring by die fees toe twee jong seuns mekaar met die vuiste takel!. En as ek sê inspring bedoel ek nie met die vuiste nie – ons moes keer. Ek staan verstom oor die boodskap wat ons stuur. Net nadat ons die “kinders” onder beheer het en uiteindelik uit mekaar het, daag die Ma op. Sonder skoene, sonder iets warms en sy wil nou weet hoekom haar kind ‘n paar klappe gehad het. Ek staan en luister na die fiasko en wil vir haar vra – dink sy nie haar kind is verkeerd groot gemaak nie?, maar ek bly eerder stil. Ek kon wel net stil bly tot op die punt waar ek vir die “tannie” gesê het, ons almal is doodmoeg, dis koud en ons moet weer net na 7 uur op die terein wees, wil sy en die “kwaai” seuns nie nou maar huis toe gaan nie?. Die “tannie” het vir my geluister. Ek het haar nie die Saterdag by die fees gesien nie – dink sy het verkoue en is in die bed met griep na die kaalvoet aksie!

Die Campbells se vertoning was na wat ek verneem ‘n groot sukses in die Saal. Die res van dié is natuurlik ‘n storie vir ‘n ander keer – daai storie om die kampvuur wat ek eerder nie hier sal uitlap nie. Ek kon wel nie vir die vertoning bly nie, siende ek gasheer was vir die res van die kunstenaars.

OppiPlaas Fees is volgende naweek (28 & 29 Mei 2010) en sover gaan ek daar in Oranjeville kuier vir die naweek.  Lianie May bied die fees aan en ek doen ‘n  beroep op elkeen van u en ek hoop ons ondersteun haar goed hiermee.

Nou ja! Tot volgende week. Onthou – ons, ek en jy is die beeld van die Suid Afrikaners!!! Trek jou skoene aan, bly warm (op ‘n natuurlikke manier) en neem jou maniere en opvoeding saam met jou waar ookal jy gaan.

Liefde. Die Laaitie*

     x  x 

 

"Mail my gerus as julle voorstelle het vir die gedagte van die week skakel"

ignaz@ignaz.co.za - ek hoor graag van julle!!! 

 


 

KOPIEREG VOORBEHOU © 2009  IGNAZ  |  WEB ONTWERP DEUR INFO DATA